
Promosie-artikel:
Beleggers kan dit oorweeg om ’n deel van hulle aandele portefeuljes bloot te stel aan Transaction Capital (TCP). TCP is ’n gelysde maatskappy op die JSE wat die minibus- en taxi-bedrywe op twee maniere bedien:
• SA Taxi is ’n verskaffer van finansiering en versekering aan die taxi-industrie. Aktiwiteite sluit ook in voertuigverkope, die verskaffing van onderdele, en opknappingsdienste.
• Transaction Capital Risk Services is ’n tegnologie-maatskappy wat die bestuur van kliënte vergemaklik.
Die twee bostaande afdelings se inkomste (“headline earnings”) het gegroei met onderskeidelik 20.00% en 25.00% vir die 2016 finansiële jaar.
Die onderstaande tabel wys die syfers in meer detail:
Die volgende punte neem die 2016 jaar in oënskou:
• Rente-inkomste het teen 11.00% gegroei tot R 74.4m.
• Koste van finansiering het toegeneem van 10.00% na 10.60%.
• Verskaffing van Toyota voertuie het tydelik afgeneem omdat daar verbouings aan die aanleg plaasgevind het. Nadat toevoer herstel is, het die Toyota lenings met 9.20% vir die jaar toegeneem.
• Totale lenings vir die jaar het toegeneem met 15.00% tot R 7.15bn.
• TCP het pro-aktief opgetree met die oog op ’n moontlike afgradering van Suid-Afrika se staatskuld. R 3.5bn se skuld is aangegaan wat sal voorsien in die 2017 jaar se behoeftes.
• Die krediet verlies verhouding (“credit loss ratio”) van skuld het afgeneem van 3.90% (2015) na 3.10% in 2016.
• Nie-presterende lenings het afgeneem van 18.20% (2015) tot 17.40% vir 2016. Dit was deels te danke aan sterk invorderings, en beter krediet kwaliteit op nuwe lenings as gevolg van konserwatiewe kriteria vir die toekenning van nuwe lenings.
• Die koste tot inkomste verhouding het toegeneem van 48.70% (2015) na 51.00%. Dit word toegeskryf aan beleggings in Zebra Cabs, verdere beleggings in SA Taxi se kleinhandelsarm en versekeringsbesigheid. Laastens is daar ook ’n belegging in ’n paneelklopper gedoen.
• Alle nuut verkoopte minibus-taxis deur die groep moet verseker word, en in 2016 was 84.50% direk verseker deur SA Taxi.
• TCP beoog om die gemeterde taxi-industrie te formaliseer deur ’n vloot 17 000 tot 20 000 Zeba Cabs taxis. Dit sluit in 4 000 taxis wat verskaf gaan word vir die Uber-stelsel.
• Transaction Capital Risk Services se ekstensiewe databasis is gebruik om skuldboeke ter waarde van R 184m aan te koop, en daar word verwag dat dit ’n positiewe bydrae tot toekomstige inkomstes gaan lewer.
• ’n 100.00% aandeelhouding in Recoveries Corporation, ’n Australiaanse maatskappy, is aangekoop. Die maatskappy verskaf kliënte bestuursdienste vir top gehalte kliënte in die Australiaanse staat-, versekering-, finansies- en telekommunikasie sektore. Dienste gelewer sluit in skuldinvordering en litigasie deur ’n binneshuise regsfirma.
• TCO het ’n 75.00% aandeel gekoop van Value Added Services. Dié maatskappy lewer regsdienste aan die massa verbruikersmark. Dienste sluit in hoë kwaliteit regs- en administratiewe dienste. Meer spesifiek, hierdie dienste sluit in eise teen staatsbestuurde publieke skemas en versekeringsmaatskappye, sowel as eise teen munisipaliteite vir swak padtoestande. Hierdie dienste gaan ook aangebied word aan TCP se bestaande ekstensiewe bank-, kleinhandel-, versekering- en telekommunikasie kliënte.
• Daar gaan ook ’n beherende aandeel bekom word in Bean Counter Services wat uitgekontrakteerde rekenkundige dienste, salarisbetalings en belastingdienste verskaf. Hierdie dienste gaan ook aan bestaande kliënte verskaf word.
Die onderstaande grafiek illustreer dat die mark die maatskappy tans gunstig beoordeel.
TCP is ’n klein tot middelslag maatskappy met ’n mark kapitalisasie van R 8.7bn, en is dus meer riskant as die top 100 maatskappy op die beurs. Die maatskappy kan egter deel uitmaak van ’n gediversifiseerde aandele portefeulje, en kan bogemiddelde opbrengste verskaf op die medium tot lang termyn.
- Edwin Smit is ’n portefeuljebestuurder by BVG Financial Solutions, ’n gemagtigde finansiële diensteverskaffer van die FSB (FSP 39 889), en ook ’n geregistreerde JSE-handelaar van BVG Commodities (Lid van die JSE). Sy kontakbesonderhede is: 012 484 4013 of edwin.smit@bvg.net. Lesers is welkom om hom te kontak om in te teken vir BVG se daaglikse valuta- en aandelemark-oggendverslae. BVG werk, onder meer, in assosiasie met Momentum SP Reid Securities. BVG werk ook saam met een van die top 5 banke om vir kliënte rekeninge met hoër rentekoerse oop te maak.