
Die CX-5 is ’n belangrike modelreeks vir Mazda want dit verteenwoordig omtrent 25% van dié vervaardiger se wêreldwye verkope. In Suid-Afrika is dit verreweg Mazda se beste verkoper en word kry sowat 350 nuwe CX-5’e elke maand nuwe base.
Benewens die meer sportiewe voorkoms, spog die CX-5 nou met ’n klompie nuwighede, asook ’n outomatiese ratkas vir die twee topmodelle waaronder die 2.2 l Akera-viertrek met 129 kW en 420 Nm.
Die nuwe CX-5 het outomatiese hoogteverstellende LED-hoofligte en misligte, ’n nuwe ontwerp vir die 17 duim allooiwielvellings, lugversorging agter, ’n UBS-poort in die agterste armleuning en deurslotte wat vanself sluit - vanaf die Active petrol-model. Dan is daar ook ’n nuwe ontwerp vir die 19 duim allooivellings, leersitplekke, elektries-verstelbare lendedsteun vir die bestuurdersitplek en invou-truspieëls vanaf die die Dynamic-model af aan.
Iets na almal se smaak
Die Individual-weergawe spog boonop met ’n 10 luidspreker BOSE-klankstelsel, ’n elektries-beheerde bagasiedeksel asook slim remhulp in stadsverkeer èn ’n bestuurder-waarskuwingstelsel as veiligheidseienskappe. Die nuwe bakontwerp bied ’n effe laer daklyn, “skoner” sykantpanele en ‘n meer minimalistiese stilering.
Die modelreeks bied drie verskillende enjinkeuses, naamlik die SKYACTIV-G 2.0 l- and 2.5 l-petrolenjins asook die SKYACTIV-D 2.2 l dieselenjin. Alle 2.0 l-weergawes is beskikbaar met ’n handratkas of ’n outomatiese ratkas met die Dynamic-model wat kopers nou ook die keuse van ’n outomatiese ratkas bied. Vir die 2.5 l petrol- en 2.2 l diesel-modelle word die outomatiese ratkas ingespan.
Die nuwe CX-5-reeks sal vanaf 1 Junie in plaaslike vertoonlokale wees en die pryse strek van R379 900 vir die intreevlak 2.0 l Active (handratkas) met voorwielaandrywing tot R557 500 vir die topmodel 2.2 l DE Akera viertrek met ’n outomatiese ratkas.