AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9686,4
86,40
CORN
03 Feb
-
4500
-52,00
SOYA
03 Feb
-
8630
-17,00
SUNS
03 Feb
-
11093
-268,00
WEAT
03 Feb
-
6700
-28,00
WMAZ
03 Feb
-
4260
-27,00
YMAZ
03 Feb
-
4394
-27,00

Meer geld vir volstruisvel met minder skade

Hoewel volstruisvelle sonder letsels ’n boer tot tien keer meer in die sak kan bring as ’n swak vel, gee baie boere steeds nie aandag daaraan nie.

Die grootte en gehalte van ’n volstruis se vel – met ander woorde hoeveel skade dit het en die mate waarin knoppie-ontwikkeling plaasgevind het – kan bepaal of jy R360 of R5 500 vir die vel verdien.

Boonop verteenwoordig volstruisvelle deesdae gemiddeld tussen 60% en 65% van die boer se inkomste, sê mnr. Charl du Plessis, hoof van leerbemarking by Klein Karoo Internasionaal (KKI) op Oudtshoorn. “Dit is maar ’n uitvloeisel van die wisselkoers. Die gemiddelde prys het in die laaste drie jaar van R600 tot R2 300 gestyg. Die beste prys wat velle van die hoogste gradering al gehaal het, is R6 000.”

Volstruisvelle lewer beslis die belangrikste bydrae van die verskillende bemarkingsvertakkings (die ander is vere en vleis). Dr. Anel Engelbrecht, navorser by die Oudtshoorn-navorsingplaas, sê die vlak van die bydrae van velle wissel egter dramaties en is regstreeks aan die vel se gehalte gekoppel.

Om die beste pryse vir volstruisvelle te kry, moet die boer sorg dat die velle in geen stadium seerkry of littekens opdoen nie. “Skade wat op so jonk as ’n maand opgedoen word, kan permanente letsels veroorsaak wat steeds teen slagouderdom sigbaar is. Velskade is nadelig vir pryse wat behaal word,” sê Anel.

Die verwydering van doppe by kuikens, infrastruktuur, die knip van toonnaels, behandeling teen parasiete en verevreet is alles faktore waarop boere moet let.

Hoewel velskade nie 100% voorkom kan word nie, kan dit deur goeie bestuur beperk. Verwyder eierdoppe dadelik nadat ’n kuiken uitgebroei het. Die gebreekte eierdoppe het skerp punte wat die jong kuikens se velle kan skraap en beskadig.

Krap- en skopmerke word dikwels veroorsaak deur infrastruktuur op die plaas, soos drade, doringbome en swak geplaaste voer- en drinkbakke – wanneer mededinging soms om vreet- en drinkspasie ontstaan. Verwyder doringbome en los drade of skerp voorwerpe in kampe en loopgange. Heinings moet vir volstruise sigbaar gemaak word sodat hulle nie daarin vashardloop wanneer hulle vir iets skrik nie. Merk dit met wit merkers en oorweeg beligting snags. Veral wanneer volstruise verskuif word en hul omgewing verander, is dit belangrik.

Probeer om groot veranderinge in die omgewing (kampgrootte, tipe kampe, groepsamestelling, ens.) te beperk. In kampe en hanteringsgeriewe moet geen skerp voorwerpe of hoeke wees nie. Die gebruik van breë stroke waaierband by hanteringsgeriewe help om te voorkom dat volstruise beseer word.

Wanneer ’n boer volstruise vervoer, moet hy uiterste sorg dra dat hulle mekaar nie beseer of in die op- en aflaaiproses kneusings aan die vel opdoen nie. “Gebruik mense wat ondervinding het van werk met volstruise, maak seker dat daar genoeg mense op die voertuig is om beserings te voorkom. Hulle moet volstruise wat gaan sit, kan ophelp of afskort van die ander volstruise sodat hulle nie vertrap word nie. Verder moet die vloeroppervlak nie glad wees nie om te voorkom dat die volstruise gly en val. Kyk ook vir skerp voorwerpe op die vragmotor.”

Die dikwels aggresiewe gedrag van voëls, veral mannetjies, veroorsaak skade, veral wanneer jong voëls baklei tydens veranderinge in hul groepsdinamika. Verseker dat die voëls genoeg ruimte het, veral by vreet- en drinkplekke. Plaas dus voerbakke ver genoeg uitmekaar om onnodige gedruk te vermy. Die hoeveelheid bakke per hoeveelheid voëls sal afhang van die tipe en grootte van die bakke. Daar moet genoeg voerbakke wees sodat al die volstruise kan vreet sonder om om ruimte mee te ding. Wanneer kuikens koud kry, klim hulle bo-op mekaar om te probeer warm bly. Dit is dan dat hul toonnaels hul velle beskadig. Beperk dus stres, koue, hantering en die onnodige vervoer van kuikens. “Toonnaels is dié belangrikste beskadiger van velle. Die belangrike rol van die toonnaels is reeds bepaal tydens ’n vroeëre ondersoek op die navorsingsplaas, waarin bevind is dat die aantal eerstegraadse velle van 38% tot 89% verhoog is, en skop- en skraapmerke met 50% verminder is by volstruise waarvan die toonnaels permanent verwyder is.”

Putjieskade (pitting) is nóg ’n ernstige probleem wat velgehalte kan benadeel. Dit word vermoedelik veroorsaak deur parasiete of insekte wat nie gasheer-gebonde is nie. Meer navorsing word tans daaroor gedoen. Die skade kan beskryf word as klein (1 mm tot 3 mm), vlak merkies, gaatjies of kolletjies op die volstruisvel en kan vergelyk word met skade aan beesvelle wat aan bytende stalvlieë toegeskryf word. Dit kom gewoonlik op die vel bo-op die rug van die voël, tussen die veerfollikels, voor. Die skade word by die lewende volstruis opgedoen en gaan gepaard met ’n inflammatoriese reaksie. Behandel gereeld teen uitwendige parasiete – en begin reeds daarmee so vroeg as op drie maande oud.

Verskillende tipe middels kan vir hierdie probleem gebruik word. Opgietmiddels het ’n oliebasis en ’n nawerking van 7 tot 14 dae. Spuitmiddels is wateroplosbaar en het ’n nawerking van 1 tot 3 dae. “Dit is belangrik dat sulke middels korrek aangemaak word en reeds vanaf ’n jong ouderdom gereeld aangewend word. Die frekwensie hang af van watter parasiete voorkom. Sekere tye van die jaar moet gereelder behandel word omdat parasiete ook seisoenaal voorkom. As nie-gasheergebonde parasiete, soos muggies, ’n probleem is, moet die nawerking van die middels in ag geneem word en die voëls dus selfs meer gereeld as maandeliks behandel word (veral tydens muggieplae). Party parasiete (dié wat ’n gasheer vir hul voortbestaan nodig het) word makliker bestry en ’n eenmalige behandeling is dan doeltreffender.”

Nóg iets wat skade aan die vel kan veroorsaak, is verevreet. Die voëls pik aan die vere van ander volstruise en die kaal kolle doen dan sonskade op. Dit kom veral voor wanneer voëls teen te hoë digthede of in te klein kampies is. Die algemene riglyn is 70 tot 100 volstruise per hektaar. As laaste uitweg kan snawelringe aan die voëls se snawels gesit word – dit voorkom dat die volstruise die vere stewig beetkry en uitpluk.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.13
-0.3%
Rand - Pond
21.00
-0.5%
Rand - Euro
18.73
-0.4%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Platinum
1,020.54
-0.5%
Palladium
1,670.94
+0.1%
Goud
1,909.90
-0.1%
Silwer
23.44
-0.1%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,737
+0.2%
Alle aandele
79,910
+0.1%
Hulpbronne 10
74,755
+0.1%
Industriële 25
102,895
+0.3%
Finansiële 15
16,556
+0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
🎶 All we need is love
Onafhanklik, goeie waardes, sin vir humor, diere liefhebber, sagte hart. Geniet Park runs op Saterdae, beoefen skyf skiet as ook Karate. Mal oor musiek en geniet n rit op my...
Kom ons sien wat gebeur
Wel eks nie iemand wat oordeel nie. Wees jouself. Ek luister graag. Eerlik en opreg en hou nie van jok nie. [removed]
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot