AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
8703
-87,00
CORN
31 Mrt
-
4445,8
-72,20
SOYA
31 Mrt
-
8071,2
-127,80
SUNS
31 Mrt
-
8700
-102,00
WEAT
31 Mrt
-
6605
-90,00
WMAZ
31 Mrt
-
3798
-55,00
YMAZ
31 Mrt
-
4012,8
-51,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Meeste verloor op Forex-verhandelingsplatforms

Uit die perd se bek: 82% van kliënte op Forex-platforms verloor geld. Edwin Smit van BVG brei uit oor dié kwessie.

Die Britse finansiële reguleerder die “Financial Conduct Authority (FCA)” het op 6 Desember 2016 bekend gemaak dat daar nuwe, strenger, reëls gaan wees vir kliënte wat verhandel in “contracts for difference (CFD’s)”. CFD’s word gebruik deur verskeie Forex-platforms reg oor die wêreld.

Die FCA se navorsing wys dat 82% van CFD kliënte geld verloor. Dit is natuurlik in sterk kontras met die illusies van fabelagtige welvaart wat deur die forex en binêre platforms voorgehou word. Deel van die illusies wat voorgehou word deur die is die moontlikheid van ’n tweede inkomstestroom, duur motors of selfs ’n seiljag of twee. Dit kan blykbaar gedoen word deur slegs ’n paar minute per dag op ’n platform te bestee.

Daar was al in ’n vorige artikel verwys na die A- en B-boeke vir kliënte wat van hierdie platforms gebruik maak. Lesers kan ’n Google-soektog doen na hierdie A- en B-boeke. Terug na die FSA se navorsing. Om kliënte te beskerm, gaan die reguleerder toesien dat CFD platforms wat deur die FSA gereguleer word, die volgende veranderinge aanbring:

• Gestandaardiseerde risiko-waarskuwings gaan aan kliënte gegee word. Dit sluit in syfers wat die historiese opbrengs (lees verliese deur 82% van aktiewe kliënte) aan nuwe kliënte weergee.

• Die hefboomwerkingfaktor gaan tot 25 beperk word vir nuwe kliënte met ervaring van minder as 12 maande. Dit beteken dat daar vir ’n belegging van R 10 000.00 ’n maksimum blootstelling van R 250 000.00 geneem kan word.

• Maksimum blootstelling vir ervare kliënte word verlaag na ’n hefboomwerkingfaktor van 50. Die faktor is tans 200 keer, en selfs 500 keer by sekere platforms.

• Geen verwelkomingsbonusse kan aan kliënte gegee word nie.

Wanneer binêre opsies onder die FCA se toesig gaan begin resorteer, kan die liggaam toesien dat soortgelyke veranderinge deur die platforms aangebring word. Die navorsing gedoen deur die FCA die laaste ses jaar wys dat daar gevalle was van swak optrede regdeur die CFD-sektor. Die navorsing wys ook dat die binêre opsie-produk kenmerke het wat impliseer dit moet dalk eerder as dobbelary instede van as beleggings beskou word.

Die FCA se aksies kom ’n week na soortgelyke optrede deur die finansiële reguleerder van Ciprus, die “Cyprus Securities and Exchange Commission (SySEC)”. Baie verhandelingsplatforms is in Ciprus geregistreer vir belasting-voordele.

Die volgende addisionele punte kan ook gemaak word:

• Daar is nie ’n kort manier om geld te maak op finansiële markte nie. Dit is verseker nie ’n oplossing vir persone wat hulself finansieël in die knyp bevind nie.

• Die groot wenners is die verhandelingsplatforms self. Op Forex kliënte B boeke neem platforms die teenoorgestelde kant van ‘n transaksies in as kliënte, dit staan bekend as “principle to principle” transaksies. Dit gebeur juis omdat 82% van kliënte geld verloor, en die geld wat kliënte verloor word deur die platform gewin.

• ’n Verlaagde hefboomwerkingfaktor van 50 keer soos genoem deur die FCA, is steeds te hoog. Die faktor behoort nie groter as vyf te wees nie.

In slotsom: beleggings neem tyd om goeie opbrengste te lewer. ’n Gediversifiseerde aandeleportefeulje bied ’n baie beter kans om ‘n wesentlike opbrengs oor tyd te maak as ’n rekening op ’n Forex-verhandelingsplatform. Beleggers wat meer riskant is en op soek is na opwinding, kan net sowel na ’n casino toe gaan en hulle geld daar verloor. Ten minste bly die geld dan in Suid Afrika.

Die hoop kan net uitgespreek word dat die bostaande inligting kan voorkom, al is dit net in ’n klein mate, dat beleggers geld verloor op hierdie platforms. Dit sal raadsaam wees as lesers hierdie informasie met hulle bekendes deel.

• Edwin Smit is ’n portefeuljebestuurder by BVG Financial Solutions, ’n gemagtigde finansiële dienste verskaffer van die FSB (FSP 39 889), en ook ’n geregistreerde JSE-handelaar van BVG Commodities (Lid van die JSE). Sy kontakbesonderhede is: 012 484 4013 of edwin.smit@bvg.net. Lesers is welkom om hom te kontak om in te teken vir BVG se daaglikse valuta- en aandelemark-oggendverslae. BVG werk, onder meer, in assosiasie met Momentum SP Reid Securities. BVG werk ook saam met een van die top vyf banke om vir kliënte rekeninge met hoër rentekoerse oop te maak.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.78
+0.1%
Rand - Pond
22.03
+0.2%
Rand - Euro
19.34
+0.4%
Rand - Aus dollar
11.90
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Platinum
982.89
+0.2%
Palladium
1,494.96
+1.2%
Goud
1,981.19
+0.0%
Silwer
23.95
+0.2%
Brent-ruolie
79.27
+1.3%
Top-40
70,575
-0.7%
Alle aandele
76,177
-0.7%
Hulpbronne 10
66,578
-1.4%
Industriële 25
102,914
-0.3%
Finansiële 15
15,495
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek weet wat ek uit die lewe wil he
Om my te leer ken vat soms langer omdat ek n redelike groot introvert is. Ek is n stil mens, maar saam met die regte persoon kan ek ure lank n intelligente gesprek voer. Ek is...
Wees net jou selfEks
Eks n mense men's hou van gesels lag. Wil dinge deel wat saak maak vir Ander omgee. Ek wil nie net elke keer verander om in te pas nie aanvaar my soos ek is.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot