AFGRI
BEAN
28 Jan
-
9479
0,00
CORN
28 Jan
-
4568
0,00
SOYA
28 Jan
-
9642
0,00
SUNS
28 Jan
-
12400
0,00
WEAT
28 Jan
-
6515
0,00
WMAZ
28 Jan
-
4619
0,00
YMAZ
28 Jan
-
4643
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
13 Jan
-
165,67
-5,22
Ave Wool - RWS
13 Jan
-
175,15
-6,74
Beeste A2/3
13 Jan
-
64,12
5,40
Beeste AB2/3
13 Jan
-
59,8
1,44
Beeste B2/3
13 Jan
-
57,21
0,35
Beeste C2/3
13 Jan
-
52,71
0,17
Bevrore Hoender
13 Jan
-
33,17
1,42
Bokkies (onder 30 kg)
13 Jan
-
75,67
12,02
Bokooie
13 Jan
-
40,83
0,59
Groot (meer as 40 kg)
13 Jan
-
42,36
1,26
Hoender (IQF)
13 Jan
-
32,28
-0,54
Medium (30-40kg)
13 Jan
-
55,83
-0,83
Pork Average
13 Jan
-
37,48
0,43
Poultry Average
13 Jan
-
33,08
0,70
Skaap A2/3
13 Jan
-
91,6
4,46
Skaap AB2/3
13 Jan
-
86,27
5,49
Skaap B2/3
13 Jan
-
72,61
2,48
Skaap C2/3
13 Jan
-
67,45
1,67
Speenkalf
13 Jan
-
37,35
0,51
Spekvarke
13 Jan
-
38,76
0,27
Stoorlammers
13 Jan
-
38
-0,71
Varkwors
13 Jan
-
30,29
0,52
Vars Hoender
13 Jan
-
33,79
1,22
Vleisvarke
13 Jan
-
37,37
0,47

Melk-saak 'sal stadig vorder'

Dit kan maande duur voordat melkkopers voor die Mededingingstribunaal moet verskyn oor beweerde onmededingende praktyke.

Dit kan tot ses maande duur voordat melkkopers voor die Mededingingstribunaal sal moet verskyn om hul saak oor beweerde onmededingende praktyke te verdedig, sê mnr. Tembi Nkosi, waarnemende afdelingsbestuurder by die Mededingingskommissie.

Nkosi het gereageer op die kommissie se bevinding dat van die land se voorste melkmaatskappye saamspan en hulle aan onmededingende praktyke skuldig maak.

Die kommissie het verlede maand ná 'n ondersoek van twee jaar bevind dat Clover, Parmalat, Ladismith, Nestlé, Woodlands, Lancewood en Milkwood by sulke praktyke betrokke is. In sommige gevalle is senstiewe inligting oor die aankoopprys van melk onderling uitgeruil. Daarby is die prys van melk op die winkelrak glo kunsmatig hoog gehou.

Die kommissie het 'n saak van kartelvorming na die Mededingingstribunaal verwys, wat sal besluit hoe die maatskappye gestraf moet word indien hulle skuldig bevind word.

Die kommissie gaan in sy saak voor die tribunaal probeer bewys dat die maatskappye hulle aan 'n verbode praktyk skuldig gemaak het. Hy gaan vra dat dit gestaak moet word en dat die skuldiges 'n boete van tot 10 % van hul jaarlikse omset opgelê moet word.

Volgens Nkosi is 'n datum vir die verskyning voor die tribunaal nog nie vasgestel nie. "Maar tot dan sal daar allerhande vertragings wees. Mense sal baklei oor tegniese punte en oor wat vertroulike inligting is wat nie bekend gemaak mag word nie. Voor die eintlike verhoor (voor die tribunaal) kan daar dalk tussentydse beslissings wees om die eintlike saak aan die gang te kry."

Hy meen wat die kommissie in sy saak teen die melkkopers sal help, is die ooreenkoms wat hy met Clover gesluit het om hom van inligting te voorsien om die ander melkkopers te vervolg. Clover het vir alle praktiese doeleindes 'n "staatsgetuie" geword. Dié maatskappy sal egter slegs vervolging vryspring as hy die kommissie van voldoende inligting voorsien om tot die suksesvolle skuldigbevinding van die ander melkkopers te lei.

Die meeste melkkopers het reeds aangevoer dat hulle nie die Wet op Mededinging oortree het nie en dat hulle hulself sal verdedig.

Landbouweekblad, 12 Januarie 2007

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.20
-0.1%
Rand - Pond
21.30
-0.0%
Rand - Euro
18.70
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.22
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
1,012.08
0.0%
Palladium
1,618.86
0.0%
Goud
1,928.39
0.0%
Silwer
23.60
0.0%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,766
+0.4%
Alle aandele
80,791
+0.4%
Hulpbronne 10
77,871
-0.4%
Industriële 25
103,872
+0.7%
Finansiële 15
16,281
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Buitelewe is ñ voorrreg, maar met die regte maatjie net beter
Opsommende woorde, avontuurlustig, see, berge, sin vir humor, bosveld, dans, braai, kuier, romanties, reis, werk, sport, alles wat lekker is, en vele meer.
Plain Jane
Oor die onnodige drama, wil net die lewe geniet. Goeie hart en weet wat ek uit die lewe wil he 😊
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot