AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

Melkbedryf sal oorleef

Dit gaan taamlik goed met die melkbedryf in die Wes- Kaap. Tog is daar dinge wat boere kwel, soos ongekende prysstygings aan die produksiekant.

Asof dit nie genoeg is dat die koste van voer die hoogte inskiet nie, maak stygings in die brandstof en kunsmisprys dit vir boere byna onmoontlik om hul produksiekoste te bestuur. En met die Eskom-treurmare het die aankoop van kragopwekkers nou boonop 'n ekstra uitgawe-item geword waarmee melkboere moet rekening hou.

Mnr. Dean Kleynhans, voorsitter van die Wes-Kaapse Melkprodusente-organisasie (MPO), sê hoewel dit party dae uiters moeilik is om in hierdie bedryf te oorleef, is daar darem ook heelwat goeie dinge in die bedryf.

Een daarvan is dat daar van Oktober verlede jaar tot Januarie vanjaar 'n effense groei in produsentegetalle in die Wes-Kaap voorgekom het en só by die MPO aangeteken kon word. Daar is tans ongeveer 914 melkboere vanaf Vredenburg in die weste tot by Plettenbergbaai in die ooste. Die gemiddelde produksie per boer is in dié stadium sowat 4 453 litermelk per dag.

Kleynhans sê Malmesbury, met 452 592 liter melk per dag, is die grootste produksiedistrik. Daarna volg Swellendam (325 085 liter per dag) en George (183 836 liter per dag).

Hy vertrou dat melkboere en -kopers se verhouding in dié stadium op 'n aanvaarbare vlak is. Met melk wat in 'n balans is ten opsigte van die produksie en die verbruik en met die winter wat voorlê - waartydens tekorte tradisioneel ontstaan - voorsien hy dat die melkkopers hul leweringsbronne sal beskerm en nie onnodig aan allerlei aspekte sal torring nie.

Die Wes-Kaap produseer normaalweg meer melk as wat in die provinsie verbruik word. Daarom is die provinsie tradisioneel 'n "uitvoerder" van melk na die binneland, waar die vraag tans groot is.

Die landwye verbruik is ongeveer 2 535 miljoen liter melk per jaar en die produksie sowat 2 454 miljoen liter per jaar.

Hy meen die vrese dat die kleinhandel opportunisties sal optree en produkte sal invoer wat nie aan die Suid-Afrikaanse nasionale suiwelstandaarde voldoen nie, word soms bewaarheid. In Desember verlede jaar is ingedampte melk met meer as 5% sojamelk wat bygevoeg is, op die winkelrakke gesien. Dit moes onmiddellik onttrek word ná 'n opdrag van die Departement van Landbou.

Langlewe-melk is nóg 'n produk wat onder verdenking is as dit by invoer kom. Die doeltreffende voorkomende optrede van Agri Inspec asook die doeltreffende funksionering van die Kommissie vir Internasionale Handelsadministrasie (Itac) help om die primêre produsent en in 'n sekere mate ook die sekondêre bedryf te beskerm.

Voorlopige aanduidings is dat daar vanjaar 'n nasionale melktekort van tot 81 miljoen liter kan wees. Net die tyd sal leer wat die uitwerking van invoer teen die heersendewisselkoers, internasionale tekorte asook internasionale pryse gaan wees.

Die produsenteprys per liter sal inMaart gemiddeld R3,25 wees, sê Kleynhans. Daar is 'n ongemak onder boere omdat die prys van gebied tot gebied verskil, veral omdat die produksiekoste nie noodwendig ook van plek tot plek verskil nie. Die verskil beloop tot 20c per liter. Dit plaas die langtermyn- volhoubaarheid van boere in gebiede met lae pryse onder groot druk.

Die groot melkkopers hou vol solank daar nie genoeg mededinging in dié gebiede is nie, is hulle nie genoodsaak om die betrokke boere meer te betaal vir hul melk nie. Kleynhans sê die Wes-Kaapse MPO bedryf tans vier suksesvolle projekte vir swart ekonomiese bemagtiging. Die lae winsgewindheid van melkerye, veral weens die hoë prys van kragvoer, maak dit egter 'n uiters riskante belegging. "Maar ons meen dat daar tog goeie ondersteuningsbasisse is om opkomende boere volhoubaar in die provinsie te vestig."

Die feit dat die melkbedryf oor 'n tydperk bewys het dat sy uitsetprysemet 9,4% per jaar styg, verseker dat doeltreffende boere altyd sal oorleef en selfs sal uitbrei, ongeag die aanslae op die bedryf. Daarby het die bedryf deur middel van die MPO die vermoë ominligting oor die jongste tegnologie aan boere oor te dra. Boere wat dit gebruik, staal hulle vir die toekoms.

Die ontwikkeling van 'n melkbeurs ('n "Melk-Safex") deur die MPO is 'n opwindende vooruitsig, meen Kleynhans. Die stel van maatstawwe sal melkboere vanjaar help om voldoende by die veranderende omgewing te kan aanpas - as hulle bereid is om daarvan gebruik temaak.

Volgens Kleynhans het die bedryf vanjaar talle uitdagings en probleme om te oorkom. Dit sluit in produksiekoste, veeartsenydienste, elektrisiteitsvoorsiening, navorsing en opleiding, die verdere vestiging van opkomende boere, die behoud van boere (melkproduksie styg, maar die boere word landwyd mettertyd minder) en die opheffing van werkers op plase.

Indien die melkboer die fundamentele faktore wat melkboerdery beïnvloed, reg interpreteer, kan hy sy boerdery steeds met gemoedsrus bestuur. Dit is faktore soos in- en uitvoer, die wêreldvoorraad en -prys, veranderinge in die wisselkoers, die invoer- en uitvoerpariteitsprys, produksie en verbruik, sê Kleynhans.

Landbouweekblad, 21 Maart 2008

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
+0.1%
Rand - Euro
18.91
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
974.02
-5.0%
Palladium
1,623.95
-2.8%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
One life.... Live it
Gemaklike persoon met beginsels en waardes. Te laat vir voorgee, ek is gelukkig in my eie vel en wat die lewe nog vir my inhou. Ek kan wissel van diep seun na baie sosiaal en is...
Kom ons sien wat gebeur
Wel eks nie iemand wat oordeel nie. Wees jouself. Ek luister graag. Eerlik en opreg en hou nie van jok nie. [removed]
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot