AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9686,4
86,40
CORN
03 Feb
-
4500
-52,00
SOYA
03 Feb
-
8630
-17,00
SUNS
03 Feb
-
11093
-268,00
WEAT
03 Feb
-
6700
-28,00
WMAZ
03 Feb
-
4260
-27,00
YMAZ
03 Feb
-
4394
-27,00

Melkkartel: ‘Beslissing min werd’

Die Mededingingsappèlhof se verwerping van twee melkverwerkers se appélaansoek “gaan bitter min verskil maak”, en die MPO is bekommerd oor moontlike boetes.

Die Melkprodusente-organisasie (MPO) meen die Mededingingsappèlhof se jongste beslissing in die melkkartelsaak gaan nie ‘n groot verskil aan die saak as geheel maak nie. Die Mededingingskommissie het in 2006 met die ondersoek teen die suiwelmaatskappye begin.


Die hof het Maandag ‘n aansoek deur Milkwood Dairy en Woodlands Dairy om appél teen ‘n beslissing aan te teken, verwerp. Die Mededingingstribunaal het in Augustus vanjaar beslis dat die saak teen die twee maatskappye nie geskrap mag word nie.

Die kommissie se me. Nandi Mokoena het toe gesê die hof het bevind dat hoewel hul ondersoek vaag was en van die inligting onregmatig bekom is, die saak moet voortgaan.


 “Die week se bevinding gaan bitter min verskil aan die saak maak. Die MPO is egter bekommerd oor die invloed van moontlike boetes op die suiwelbedryf,” sê mnr. Bertus de Jongh, hoof uitvoerende beampte van die MPO. Die boetes kan tot 10% van die maatskappye se omset tydens die periode wat ondersoek word, beloop.  Die tydperk wat deur die kommissie ondersoek word strek vanaf Maart 2002 tot en met Januarie 2006.


Volgens De Jongh dui beramings aan dat as die maatskappye die swaarste moontlike boetes opgelê word, dit sowat R1 miljard in totaal kan beloop. Die MPO meen dit kan twee gevare vir die suiwelbedryf inhou. Eerstens sal van die maatskappye nie kan oorleef as hulle sulke groot boetes moet betaal nie. Tweedens bestaan daar ook ‘n moontlikheid dat die maatskappye dié geld dan van boere, as prysnemers, sal verhaal.


Die saak duur voort.

Lees ook:

Melkkartel: Wat gaan aan?


8 Desember 2009

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.15
-0.4%
Rand - Pond
21.02
-0.6%
Rand - Euro
18.74
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.10
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.6%
Platinum
1,014.33
-1.1%
Palladium
1,680.34
+0.6%
Goud
1,915.05
+0.1%
Silwer
23.46
-0.0%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,748
+0.2%
Alle aandele
79,859
+0.1%
Hulpbronne 10
74,776
+0.1%
Industriële 25
103,041
+0.4%
Finansiële 15
16,487
-0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons begin oor
Wat skryf ek nou hier? Leer my eerder ken besluit self. Ek is wel n omgee mens en hou van bederf.
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot