AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

'Meulenaars kry net so swaar'

Mielieboere moet nie dink dit is net hulle wat swaar kry met die huidige skommelinge in die graanbedryf nie.

Mielieboere moet nie dink dit is net hulle wat swaar kry met die huidige skommelinge in die graanbedryf nie. Meulenaars is in presies dieselfde bootjie, sê mnr. Jannie de Villiers, uitvoerende direkteur van die Meulenaarskamer.

De Villiers het gereageer op bewerings van boere dat meulenaars sedert 2003 nie die prys van mieliemeel verminder het nie. "Ons het 'n opname onder ons lede gedoen, gekyk na die inligting van Statistieke Suid-Afrika en met prof. Johann Kirsten van die Voedselprysmoniteringskomitee gepraat. Kirsten het bevestig die gemiddelde prys vir sakke van 5 kg in Januarie wel R2 400 tot R2 800 per ton was." Die Landboubemarkingsraad (NLBR) het die werk van die komitee oorgeneem en pryse word steeds gereeld ingesamel.

De Villiers sê die Super mieliemeel van 12,5 kg is die gewildste soort onder Suid-Afrikaanse verbruikers en dit is op die winkelrak teen R24 tot R28 per sak beskikbaar. Hy sê in Oktober 2003 was die prys bo R40 per sak toe kospryse buite beheer geraak het weens 'n verswakking in die waarde van die rand.

"Interessant is dat ongeag die dramatiese vermindering in die prys, is die vraag na mieliemeel die afgelope twee jaar konstant. Ons het empatie met mielieboere omdat die maalbedryf in dieselfde bootjie is."

Hy sê die Meulenaarskamer finaliseer tans 'n ondersoek na die winsgewendheid van die mielie-maalbedryf. Volgens hom het mieliemeulenaars in 2003 'n verlies van R70 miljoen aangemeld en syfers vir 2004 kan selfs ongunstiger wees.

"Die berekeninge is gedoen deur die gepubliseerde jaarlikse finansiële state te gebruik van 'n groep mielie-meulenaars in Suid-Afrika. Ons kon beter gedoen het deur ons geld in die bank te sit," sê De Villiers.

18 Februarie 2005

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
+0.1%
Rand - Euro
18.91
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
974.02
0.0%
Palladium
1,623.95
0.0%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
🎶 All we need is love
Onafhanklik, goeie waardes, sin vir humor, diere liefhebber, sagte hart. Geniet Park runs op Saterdae, beoefen skyf skiet as ook Karate. Mal oor musiek en geniet n rit op my...
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot