AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9689,6
63,60
CORN
03 Feb
-
4504
-48,00
SOYA
03 Feb
-
9290
-40,00
SUNS
03 Feb
-
11095
-266,00
WEAT
03 Feb
-
6655
-30,00
WMAZ
03 Feb
-
4291
-34,00
YMAZ
03 Feb
-
4370
-40,00

Mielieklub op Cradock raak aan 20 ton

Met nuwe kultivars, kunsmis en beter bewerkingspraktyke is 20 ton mielies in die Groot Visriviervallei binne die bereik van boere.

Hoewel die wenners wat aan die 20 ton-mielieklubkompetisie op Cradock deelgeneem het, nie die magiese 20 ton mielies per hektaar kon produseer nie, is hulle vol vertroue dat hulle die prestasie volgende jaar sal behaal.

Die wenners in die kompetisie wat verlede week tydens ’n galageleentheid op die dorp bekend gemaak is, was mnre. Wouter Heyns van die plaas Uplands (suidelike streek) wat 19,91 ton gestroop het, gevolg deur Kassie Blignaut en sy seun, Francois, van Lombardsrust met 19,28 ton. In die noordelike streek was mnr. David Collett en sy seun, Paul, van Speelmanskop die wenners met  19,15 ton en mnre. Erich Cloete en sy seun, FC, van die plaas Sanctuary tweede met 18,87 ton.

Die wenner van elke streek het R40 000 se saad, kunsmis en gifstof- en die naaswenners R20 000 se soortgelyke produkte ontvang.

Mnr. Dirkie Visser, besturende direkteur van Cradock Saadverspreiders wat die kompetisie gereël het, meen met die nuwe kultivars, kunsmis en beter bewerkingspraktyke is 20 ton mielies in die Groot Visriviervallei binne die bereik van baie boere.

Mnr. Paul Collett het gesê hy vermoed dat sy plantestand te hoog was en dat dat hy sy mielies te vroeg geplant het. Hy beplan om volgende seisoen meer kunsmis te gebruik.

Mnr. Wouter Heyns het gesê dat hy vanjaar met mielies op ’n vloedland moes meegeding en dat boere aan die suidekant van die dorp waar die gemiddelde temperature relatief hoër is, beter sal vaar. In 1994  kon hy net 10 ton mielies per hektaar stroop.

Die  borge, Cradock Saak (hoofborg) en Pannar Saad, Monsanto, Pioneer Saad, Metson Manufacturing cc Mikro Elemente, BASF Chemiese Maatskappy, Profert Kunsmis en Wenken SA Landbou Chemiese Verspreiders het onderneem om die kompetisie vir die volgende vyf jaar te borg.

Klik net op die foto's hieronder om te vergroot.

NAAS WENNER SUID reg

Byskrif: Die naaswenner suid is van links mnre. Cassie Blignaut,  Dirk Visser en Francois Blignaut.

ALGEHELE WENNER SUID reg

Byskrif: Die algehele wenner suid is van links mnre. Dirk Visser  en Wouter Heyns.

ALGEHELE EN NAAS WENNERS NOORD reg

Byskrif: Die algehele en naaswenners noord is van links mnre. Paul Collett, David Collett, Dirk Visser, besturende direkteur van Cradock Saad, Erich Cloete sr. en FC Cloete.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.13
-0.2%
Rand - Pond
20.97
-0.4%
Rand - Euro
18.71
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Platinum
1,023.79
-0.1%
Palladium
1,681.40
+0.7%
Goud
1,913.31
+0.0%
Silwer
23.49
+0.1%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,903
+0.4%
Alle aandele
80,075
+0.3%
Hulpbronne 10
74,896
+0.3%
Industriële 25
103,033
+0.4%
Finansiële 15
16,622
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
🎶 All we need is love
Onafhanklik, goeie waardes, sin vir humor, diere liefhebber, sagte hart. Geniet Park runs op Saterdae, beoefen skyf skiet as ook Karate. Mal oor musiek en geniet n rit op my...
Kom ons sien wat gebeur
Wel eks nie iemand wat oordeel nie. Wees jouself. Ek luister graag. Eerlik en opreg en hou nie van jok nie. [removed]
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot