AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Mielies, sonneblom vergelyk

Te midde van ‘n oorproduksie van mielies, bestaan daar skynbaar ruimte vir die produksie van sonneblomme, skryf ‘n landbou-ekonoom.

Te midde van ‘n oorproduksie van mielies, bestaan daar skynbaar ruimte vir die produksie van sonneblomme. In dié artikel word mielies en sonneblom met mekaar vergelyk.

Met dié dat die Nasionale Oesskattingskomitee die grootste mielie-oes die afgelope 25 jaar voorspel (13,3 miljoen ton), huiwer die mielieprys in die omgewing van R1 200 per ton op die JSE termynmark. Binnelandse verbruik is net meer as 8 miljoen ton.

Daar was al verskeie opmerkings dat hierdie prys heelwat laer as produksiekoste is en dat produksie aansienlik afgeskaal sal moet word. Vrae wat nou ontstaan is; hoe ver kan/moet mielie-produksie nog afgeskaal word en vir watter alternatiewe produk(te) kan daardie grond aangewend word?


Aanplantings

Die aanplanting van mielies die afgelope 25 jaar het reeds afgeneem van meer as 5 miljoen ha in 1985/’86 tot ‘n laagtepunt van net meer as 2 miljoen ha in 2005/’06. Hoewel dit daarna ietwat herstel het, was dit die afgelope twee jaar steeds onder 3 miljoen ha. Mielieboere is dus oor die lang termyn reeds besig met ‘n redelike groot afskalingsproses. Sonneblom-aanplantings was in 1985/’86 op ‘n laagtepunt, toe slegs 327 000 ha aangeplant is.

Dit het geleidelik toegeneem tot ‘n hoogtepunt van 828 000 ha in 1998/’99 waarna dit weer begin daal het tot 316 000 ha in 2006/’07. Dit het in die daarop volgende twee jaar herstel tot 564 000 ha en 636 000 ha onderskeidelik, maar is in die huidige seisoen weer af tot net minder as 400 000 ha.

Afgesien van een of twee laagtepunte, is die aanplantings van sonneblom oor die afgelope 25 jaar in ‘n geleidelike stygende fase terwyl mielies in dieselfde tyd ‘n baie skerp daling toon.

Produksie

In skrille kontras met die oppervlakte aangeplant, toon die produksie van mielies ‘n baie skerp stygende neiging oor die afgelope 25 jaar. In 1985/’86 is slegs 8,6 miljoen ton ge-oes, maar dit het toegeneem tot 12,5 miljoen ton in 1988/’89 en 13,2 miljoen ton in 1993/’94.

Die laaste drie jaar was die produksie bo 12 miljoen ton per jaar met die huidige verwagte oes van meer as 13,3 miljoen ton die hoogste in die 25 jaar. Twee laagtepunte was in 1991/’92 (3,3 miljoen ton) en 1994/’95 (4,9 miljoen ton). Die produksie van sonneblom toon ook ‘n styging oor die afgelope 25 jaar maar nie naasteby so skerp soos die van mielies nie. Dit begin in 1985/’86 met 278 000 ton en styg tot 784 000 ton in 1995/’96 met ‘n hoogtepunt van 1,2 miljoen ton in 1998/’99.

Hoewel dit daarna afneem, bly dit meeste van die tyd bo die 600 000 ton kerf. Die verwagte oes vir 2009/’10 is een van die swakstes met slegs sowat 312 000 ton.

Opbrengs

Die rede vir die skynbare teenstrydigheid tussen die oppervlakte aangeplant en die produksie van mielies, kan duidelik gesien word in die grafiek hieronder. Hoewel die hektare mielies wat aangeplant is, afgeneem het, was daar ‘n baie skerp styging in die tonne geproduseer as gevolg van die skerp styging in die opbrengs per hektaar.

In 1985/’86 is minder as 2 ton per ha ge-oes teenoor die meer as 4 ton - byna 5 ton per ha - die afgelope drie seisoene. Navorsing het gelei tot plantverbetering en groot verbeterings in boerderytegnieke. By sonneblom is daar slegs ‘n effense toename van minder as 1 ton per ha in 1985/’86 tot sowat 1,3 en 1,4 ton per ha die laaste paar jaar. Die hoogste opbrengs was in 2007/’08 toe 1,6 ton per ha behaal is. Dit is duidelik dat daar nie dieselfde ontwikkeling op die gebied van sonneblom was nie.

Figuur 1: Vergelyking in die opbrengs van sonneblomme en mielies


Inkomste per hektaar

Dit is duidelik dat mielies baie meer tonne per ha lewer as sonneblom. Die vraag is egter of dit noodwendig meer inkomste per ha sal lewer. Om dit te bepaal, word die ton per ha vermenigvuldig met die prys per ton. Sodoende kan die inkomste per ha van die twee produkte oor die afgelope 25 jaar met mekaar vergelyk word.

Dit is opvallend dat waar mielies se opbrengs per ha in figuur 1 deurgans hoër is as die van sonneblom, figuur 2 ‘n totaal ander prentjie weergee. Beide produkte begin laag in 1985/’86 met mielies wat ‘n inkomste van R416 per ha lewer en sonneblom R319 per ha. Oor die jare loop die twee produkte baie gelyk met sonneblom wat soms selfs ‘n hoër inkomste per ha lewer as mielies.

In 2007/’08 lewer sonneblom ‘n inkomste van R6 867 per ha, die hoogste inkomste nog vir enige van die twee produkte. Daar is nog geen pryse beskikbaar vir 2009/’10 nie, daarom is die pryse op die JSE termynmark in die begin van Augustus 2010 geneem, nl. R1 200 vir mielies en R 3 700 vir sonneblom. Daarvolgens kan daar in hierdie seisoen ‘n inkomste van sowat R 5 500 per ha vir mielies verwag word terwyl ‘n inkomste van sowat R4 900 per ha vir sonneblom verwag kan word. ‘n Verskil in bruto inkomste van sowat R600 per ha. Let daarop dat produksiekoste nie in ag geneem is nie.

Dit laat ‘n paar vrae ontstaan:

• Kan sonneblom nie ook ontwikkel word om ‘n hoër opbrengs per ha te lewer nie? Die baie geringe styging in die opbrengs oor 25 jaar dui daarop dat daar nie dieselfde pogings was as by mielies nie en dat daar waarskynlik ruimte is om dit te verbeter.

• ‘n Prys van R3 700 per ton dui daarop dat die vraag steeds hoër is as die aanbod en dat die plaaslike mark nog glad nie versadig is nie. Koppel dit aan die feit dat daar in die 25 jaar baie min sonneblom uitgevoer is, dan is daar seker ruimte om ook buitelandse markte verder te ontgin.

• Groter produksie sal die prys wel laat daal, maar as markte verder ontgin word, kan dit die moontlike daling teenwerk.

Figuur 2: Vergelyking in die inkomste per hektaar tussen sonneblomme en mielies:



Sonneblomme word hoofsaaklik geproduseer vir die pars van olie (sowat 97%). Slegs sowat 1% van die produksie word vir saaddoeleindes gebruik en sowat 2% vir ander doeleindes soos bv. voëlkos. In die afgelope 25 jaar is daar by net vier geleenthede sonneblom uitgevoer en dan ook in relatief klein hoeveelhede. Een produk soos sonneblom kan verseker nie al die probleme soos oorproduksie en lae inkomste in die mieliebedryf oplos nie maar kan wel ‘n groot bydrae daartoe lewer.

Bronne:

Kortbegrip vir Landboustatistiek – 2010.

Nasionale Ooesskattingskomitee - Julie 2010-skatting

* Kobus Smit is ‘n voormalige voorsitter van die Nasionale Oesskattingskomitee. Sy e-pos-adres is: diesmitte@gmail.com


23 Augustus 2010

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.46
+0.5%
Rand - Pond
21.27
+0.3%
Rand - Euro
18.31
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.69
+0.8%
Rand - Jen
0.13
+1.3%
Goud
1,767.24
-1.7%
Silwer
22.22
-4.1%
Palladium
1,874.00
-1.4%
Platinum
999.50
-2.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,543
+0.5%
Alle aandele
74,693
+0.5%
Hulpbronne 10
74,781
+1.0%
Industriële 25
91,501
-0.1%
Finansiële 15
15,595
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kok will Jou lewe bietjie geur gee
Ek is oop, spontaan, gemaklik, avontuurlustig en altyd n bok vir sports. Ek geniet die lewe en altyd n glimlag. Ek GLO die lewe kort altyd daai sprankel van n goeie humor sin.
Watter land volgende?
I am successful in business and love what I do. Looking for that special someone to share the sunsets with!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot