AFGRI
BEAN
07 Des
-
9350
0,00
CORN
07 Des
-
4415
0,00
SOYA
07 Des
-
10510
0,00
SUNS
07 Des
-
10700
0,00
WEAT
07 Des
-
6654
0,00
WMAZ
07 Des
-
4924
0,00
YMAZ
07 Des
-
4770
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Min regeringsteun vir SA landbou

Die landbou in Suid-Afrika het van die laagste koerse van regeringsteun ter wêreld, skryf prof. Johan Willemse.

Die landbou in Suid-Afrika het van die laagste koerse van regeringsteun ter wêreld. Dit is aldus ’n nuwe studie wat die ryk nywerheidslande van die wêreld, die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling (OESO), se sekretariaat gedoen het.

Hiervolgens het steun deur die Suid-Afrikaanse Regering ook die laaste paar jaar gedaal, al neem ’n mens die groot bedrae geld in ag wat aan grondhervormingsprogramme bestee word.


Steun bykans nul

Die steun wat Suid-Afrikaanse landboubemarking en -pryse kry, is volgens die studie byna nul, want plaaslike pryse volg internasionale pryse en handel is redelik vry. Met inagneming van die staat se miljarde rande vir begunstigdes van grondhervorming, is die Produsentesubsidie-ekwivalent (PSE) in Suid-Afrika minder as 3%.

Dit beteken staatsteun as persentasie van produsente se inkomste is laag en het oor die laaste jare gedaal.

Die bedryf wat die meeste staatsteun kry ten opsigte van verskillende steunprogramme, wat invoerbeskerming insluit, is die suikerbedryf, wat onder die Departement van Handel enNywerheid val. Staatsteun het internasionaal ook gedaal, veral wat ryk lande betref.

Berekeningsmetodiek

Dié daling moet egter in perspektief gesien word, want dit beteken nie noodwendig dié lande is die landbou minder goedgesind nie, maar dit het met die berekeningsmetodiek te doen.

Die feit dat die wêreldlandbou se kommoditeitspryse in 2010/’11 die hoogste tot nog toe was, het byvoorbeeld beteken dat boere van die Europese Unie (EU) se pryse ook gestyg het en minder ekstra steun van hul regerings nodig was.

Dit is omdat die interne prysondersteuningsvlakke, wat hoog is, nou naastenby gelyk aan wêreldpryse was (weens die styging in dié pryse). As internasionale pryse sou daal, sal staatsteun aan die EU se boere weer toeneem.

Daar is tans juis pogings aan die gang, byvoorbeeld in die EU, om die staatsteun aan die landbou af te skaal, veral terwyl wêreldpryse so hoog is. Dit sal die aanpassing van EU-boere by die mark makliker maak. Daar is nie baie geesdrif daarvoor onder die EU se boere nie.

Dreigende resessie

Die ernstige finansiële probleme wat die EU ervaar, druk sy landboubeleid in elk geval in ’n rigting van minder staatsteun. Die jongste ramings van staatsteun (as persentasie van boere se inkomste) wissel van sowat 60% in Noorweë tot 25% in dieEU en 10% in Amerika.

Al die ontwikkelde lande wat deur die OESO se staatsteun of die PSE verteenwoordig word, het van bykans 30% in die tydperk 1995 tot 1997 gedaal tot sowat 25% in die tydperk van 2008 tot 2010. Die subsidie-ekwivalent vir die ryk lande se landbou word op sowat $227 miljard bereken.

Die staatsteun word bereken op ’n wye grondslag, wat byvoorbeeld invoertariewe insluit (dit wil sê wat binnelandse pryse op hoër vlakke as internasionale pryse stut, asook navorsing en voorligting).

Rabat tel as steun

In Suid-Afrika sal die brandstof-rabat ook gesien word as staatsteun. Die maatstaf neem egter nie aspekte in die breër ekonomiese omgewing in ag nie, soos die gehalte van infrastruktuur, die koste om besigheid te doen, om eie sekuriteit te voorsien, ensovoorts.

Wat dít betref, is Suid- Afrika se boere nog slegter daaraan toe. Die ondersoek toon dat hoewel die subsidievlakke gedaal het, die versteurings in produksie en handel wat dit veroorsaak, nog nie verminder kon word nie. Dit het ook nie veel bygedra om produktiwiteit in die OESO-lande se landbou te verbeter nie.

Dit het ook nie hul mededingendheid bevorder nie en dit skerm hul boere ook af van die werklike markrisiko’s. Die resultaat is dat hulle steeds verkeerde besluite neem en veral hul hulpbronne nie optimaal aanwend nie.

Russe belê in landbou

Dit is interessant dat die Russiese federasie se steun aan sy boere toeneem en tans op sowat 25% geraam word. Daar is groot beleggings in die voormalige Russiese republieke, dus neem die uitvoer van koring en sonneblomme uit dié lande aansienlik toe.

Daar is ook groot beleggings in vervoer-, opbergings en hawe-infrastruktuur. Hul landboubeleid is daarop ingestel om voormalige staatsgrond te privatiseer en klein plasies in groot ekonomiese eenhede te konsolideer, wat nie net skaalekonomie bevordernie, maar ook nuwe beleggings lok en mededingendheid op die uitvoermark verbeter.

Dit is bekend dat Suid-Afrika die laaste paar jaar gereeld Russiese koring invoer en vanjaar gaan nie ’n uitsondering wees nie. In die huidige koringbemarkingsjaar het Suid- Afrika sowat 1,7 miljoen ton koring ingevoer (onder meer uit Rusland).


China en Japan belê ook

In China is regeringsteun ook aan die toeneem en dit is tans bo die ekwivalent van 10%, met die fokus ook grootliks op die konsolidering van klein eenhede in groter produksie-eenhede. Beleggings in vervoer en opbergingsgeriewe neem ook toe. In Japan is steun aan sy boere sowat 49%, terwyl Nieu-Seeland en Australië se vlakke laag is (2% tot 3%).

Boerderye in dié lande konsolideer toenemend in groter eenhede. Beleggers van buite, soos Japannese voerkrale en internasionale graanhuise, word beleggers én eienaars sodat die nodige skaalekonomie bereik kan word en die voormalige eienaarboere nou as bestuurders optree (maar met geld in die bank).

Die verslag is ook krities omdat die steun nie die betrokke OESO-lande se landbou by die nuwe eise laat aanpas nie. Daar word veral gewys op die feit dat die vraag na voedsel bly styg en dat wêreldvoedselpryse tans op rekordvlakke is, wat die druk op hulpbronne laat toeneem.

Navorsing en opleiding

Volgens die verslag behoort daar dus baie meer aandag gegee te word aan navorsing en opleiding om dié lande se produktiwiteit en mededingendheid te verhoog. Daar word ook heelwat aandag gegee aan die verhoogde risiko’s enonstabiliteit in landbouproduksie, asook markte en pryse.

Die aanbeveling is dat staatsteun só aangepas moet word dat boere meer aanpasbaar raak en ook hul risiko’s beter kan bestuur.Die aanbeveling is dat boere in dié lande eerder meer blootgestel moet word aan die risiko’s sodat hulle beter besluite kan neem, met die veranderende en meer wisselvallige omgewing in ag genome.

Daar moet dus baie meer aandag gegee word aan risikobestuursmetodes vir boere en om hulle daarin op te lei. Een troos vir Suid-Afrikaanse boere is dat die ongenaakbaarheid van die mark sonder staatsteun, asook die toenemende onstabiliteit in pryse en produksie sekerlik ons boere se risikobestuursvermoë aansienlik verskerp het.

Geleenthede

Die OESO-verslag oor landbou-beleid wys daarop dat hoë landbouprodukpryse geleenthede vir boere in die ryk lande skep om makliker aan te pas by die mark met minder staatsteun. Hoë en onstabiele voedselpryse het egter ’n nadelige invloed op die armer mense op aarde wat die grootste deel van hul inkomste aan voedsel bestee.

Die argument is dat hoewel die voorsiening van maatskaplike steun deur die staat gedoen word, soos in Suid-Afrika met die maatskaplike toelaes vir 15 miljoen mense, is dit nie ’n langtermynoplossing nie.

Die oplossing lê in verhoogde produktiwiteit en groter aanpasbaarheid op produksievlak, wat tot meer en goedkoper voedsel sal lei en op lang termyn voordeliger vir die armes salwees. Die verslag is daarop ingestel dat landbousteun in die ryklande só aangepas moet word dat dit nie alleen minder ontwrigtend is vir armer lande nie.

Dit moet só geposisioneer kan word dat dit produktiwiteit en aanpasbaarheid verhoog, wat op langter myn tot voordeel vandie verbruiker sal wees. Dit is ook die slaggat waarin die Suid-Afrikaanse Regering val. Pleks daarvan om grond se produktiwiteit te verhoog,is die beleid tans om grond in kleiner plase te omskep en produksie te verlaag.

Fokus op produksie

Die fokus moet eerder wees om produksie en produktiwiteit te verhoog met skaalekonomie en boere te steun met navorsing en opleiding, wat voedselproduksie sal verhoog, voedselprysstygings in toom sal hou en arm verbruikers sal bevoordeel.

’n Mens kan seker nie verwag dat almal in die Regering en vakbondleiers die OESO-verslag sal lees nie, maar me. Tina Joemat- Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, en hul top-amptenare behoort dit te verstaan.

24 Oktober 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.16
+1.0%
Rand - Pond
20.95
+0.4%
Rand - Euro
18.03
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Goud
1,787.50
+0.9%
Silwer
22.73
+2.4%
Palladium
1,854.00
+0.2%
Platinum
1,007.50
+1.7%
Brent-ruolie
79.35
-4.2%
Top-40
67,863
-0.8%
Alle aandele
74,011
-0.7%
Hulpbronne 10
73,204
-1.1%
Industriële 25
90,783
-0.7%
Finansiële 15
15,619
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom ons geniet die lewe
Ek is n baie liefdevolle vrou Hou van stap tennis speel. Bak en brou graag, verf doen allerhande kreatiewe goed Hou van uithaal. Mal oor die see Eenvrou man .
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot