Die feit dat die landbou aantreklik raak vir beleggers, dat die sektor nie meer die grootste werkskepper is nie en dat minder boere al hoe meer produseer, is belangrike neigings waarvan almal binne die sektor kennis moet neem, sê prof. Mohammad Karaan, dekaan van die fakulteit vir landbouwetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch.
Hy het 'n vooruitskouing oor die landbou en beleggingsgeleenthede op 'n byeenkoms van die organisasie Africa Heritage Society (AHS) in Johannesburg gegee. Karaan het daarop gewys dat die landbou vir die eerste keer in die wêreld se geskiedenis nie meer die grootste werkskepper is nie.
Hy sê weens die internasionale ekonomiese krisis raak die landbou en grond aantreklik vir beleggers. Vir die eerste keer in die geskiedenis vloei geld in die landbou. Karaan sê nóg 'n belangrike neiging wat nou al 'n dekade lank aan die gang is, is dat al hoe minder boere al hoe meer produseer.
Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 3 April 2009.
31 Maart 2009