AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9686,4
86,40
CORN
03 Feb
-
4500
-52,00
SOYA
03 Feb
-
8630
-17,00
SUNS
03 Feb
-
11093
-268,00
WEAT
03 Feb
-
6700
-28,00
WMAZ
03 Feb
-
4260
-27,00
YMAZ
03 Feb
-
4394
-27,00

Minister prys sagtevrugtebedryf

Die Sagtevrugte-ontwikkelingskamer het ‘n hupstoot van die Wes-Kaapse departement van landbou gekry om ‘n SEB-projek van stapel te stuur.

Die Sagtevrugte-ontwikkelingskamer het R1,5 miljoen van die Wes-Kaapse departement van landbou ontvang om ‘n SEB-projek af te skop en mnr. Gerrit van Rensburg, dié provinsie se minister van landbou, meen ander bedrywe kan by die ontwikkelingskamer wat bemagtiging aangaan.


Die projek beoog om 600 ha vrugtebome in die Wes-Kaap te vestig teen ‘n koste van R64 miljoen oor die volgende vyf jaar. Die eerste 52 ha sal vanjaar gevestig word met die hulp van die landboudepartement se fondse.


Daar sal na verwagting 400 000 vrugte tot ‘n waarde van R1,383 miljard gedurende die beplande vrugteboorde se leeftyd geproduseer word en sowat 700 mense sal permanente werk kry. Nóg sowat 700 seisoenale werkers sal ook voordeel trek.


Die projek is ‘n gesamentlike onderneming tussen nuwelingboere, wat grond en arbeid verskaf, die ontwikkelingskamer, wat plantmateriaal, administratiewe dienste en mentorskap aanbied, en die Wes-Kaapse departement van landbou, wat finansiële steun verskaf. Die departement sal ook met infrastruktuur vir besproeiing en grondvoorbereiding help.


Van Rensburg het tydens die opening van die projek in Ceres ander bedrywe uitgedaag om die sagtevrugtebedryf se voorbeeld te volg wat bemagtiging en hervorming aangaan. “Ons het voedselsekuriteit sowel as transformasie in Suid-Afrika nodig. Ons kan nie die een ten koste van die ander geniet nie en dié projek bewys dat dit moontlik is om albei doelwitte suksesvol te bereik.”


Mnr. Trevor Abrahams, voorsitter van die Sagtevrugte-ontwikkelingskamer, sê daar wag baie werk op die betrokke nuwelingboere. “Nuwe boere sal uit hul gemaksones moet kom en by bedryfsorganisasies aansluit. Dit is die enigste manier om suksesvol te leer.” Mnr. Anton Rabe, hoof uitvoerende beampte van die ontwikkelingskamer, sê daar is nie ‘n bloudruk vir dié soort projek nie, maar voeg by dat sy organisasie toegewyd is om dit ‘n sukses te maak.


25 Augustus 2009

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.15
-0.4%
Rand - Pond
21.01
-0.5%
Rand - Euro
18.75
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.10
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.5%
Platinum
1,016.21
-0.9%
Palladium
1,676.66
+0.4%
Goud
1,916.25
+0.2%
Silwer
23.47
+0.0%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,956
+0.4%
Alle aandele
80,116
+0.4%
Hulpbronne 10
75,075
+0.5%
Industriële 25
103,291
+0.7%
Finansiële 15
16,525
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lewenslustige man
Lewenslustige persoon wat hou van nuwe ondekkings/uitdaging s. Christenskap is baie belangrik vir my. Eerlikheid en opregtheid baie belangrik. Lief vir my Afrikaner nasie. Mal...
Alleen maar gelukkig
Ek is n sosiale spontane mens wat hou van lag en goeie geselskap. Ek werk hard, soms lang ure, maar hou ook van rustig wees. Ons is nie veronderstel om alleen deur die lewe te...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot