Mnr. Etienne Terre'Blanché, besturende direkteur van die Melkprodusente-organisasie (MPO), het bedank, luidens 'n nuusverklaring deur mnr. deur mnr. Bertus de Jongh, hoof uitvoerende beampte van die MPO Beherend.
Terre'Blanché het glo aangedui dat hy vorentoe sy eie sakebelange gaan nastreef. Hy sal egter steeds in die toekoms 'n bydrae tot die suiwelbedryf wil maak. Terre'Blanché het die leisels by die MPO sowat twee jaar gelede oorgeneem
"Die MPO is tans in die proses om aanbevelings van 'n navorsingstudie oor beter dienslewering deur die MPO, te implementeer. Sy bedanking laat 'n leemte," het De Jongh gesê.
De Jongh sal intussen die pligte van die besturende direkteur van die MPO oorneem.
18 Maart 2009