AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

MPO-hoof weg oor wrywing

Die voormalige hoof uitvoerende beampte van die Melkprodusente-organisasie, mnr. Etienne Terre’Blanche, vertel hoekom hy verlede jaar bedank het.

Die voormalige hoof uitvoerende beampte van die Melkprodusente-organisasie, mnr. Etienne Terre’Blanche, sê hy het verlede Maart bedank weens “wrywing”.

Sedertdien sy bedanking het nog geen inligting verskyn oor Terre’Blanche se redes vir dié stap nie, hoewel daar bewerings van ongerymdhede bestaan het. In ‘n onderhoud met landbou.com maak hy die redes vir sy bedanking bekend.

Lees ook:

MPO-baas bedank skielik


Dit is opvallend dat daar na jou skielike bedanking by die MPO geen verdere mediaberigte daaroor was nie. Is dit ‘n aanduiding dat jy nie weens wrywing met die MPO bedank het nie?


Dit is jammer dat dit nodig is om hierdie onderwerp te moet bespreek maar met stories wat die rondtes doen van ongerymdhede en dies meer, is ek seker ‘n verduideliking aan die suiwelgemeenskap verskuldig. Ek glo dit was ‘n sameloop van omstandighede, dat daar teen die einde “wrywing” was, is moontlik waar, maar dat daar verskille van opinie was oor praktiese beginsels wat die uitvoerbaarheid van my mandaat beïnvloed het, is gewis.


Ek het toenemend skuldig gevoel om op podiums te staan en lofsange oor die organisasie te sing terwyl ek goed geweet het dat ons deursnee suiwel produsent “grass roots” ondersteuning en leiding nodig gehad het, en niks werklik gedoen was om hul nood aan te spreek nie.

Wat mediaberigte betref, is dit mnr. Bertus de Jongh, die huidige hoof uitvoerende beampte van die MPO, wat dit beheer het. 


Wat was die hoofredes vir jou bedanking?


Soos reeds genoem, verskille van opinie en onder andere;


•    Die struktuur wat nie die brood en botter belang van die gewone produsent aangespreek het nie.

•    Tekort aan toekomsvisie en geen werklike verbintenis ten opsigte van transformasie nie

•    Die politiek binne die organisasie

•    Eiebelang onder sekere lede

•    Verdeling van fondse

•    Toenemende wrywing tussen my en van die direksielede

•    Opwindende nuwe geleentheid om werklik bydrae te maak tot die toekoms van suiwel.


Was daar ‘n aanloop na jou besluit?


Hou in gedagte dat ek die een was wat die organisasie uitgedaag het. Dit is tragies om te besef dat daar soveel onder ons is wat oorwegend in selfbelang funksioneer. Van die suksesvolle produsente ag hulself as meerderwaardig teenoor hul mede produsente omdat hulle gunstige kontrakte of ooreenkomste met hul kopers sluit, of selfs direkte belang in die sekondêre bedryf het. (Dit is ‘n wesenlike probleem dat sommige van dié persone op direksies van kommoditeitsorganisasies dien.)


Die MPO-direksie het byvoorbeeld besluit dat teen onder andere die kleinhandel, voermaatskappye en onverskillige kopers opgetree moet word. Die proses is teen groot energie en koste aangepak, maar dit het duidelik geword dat die situasie vir sekere individue ongemaklik begin raak het. Wat daarop gevolg het was net nog ‘n voorbeeld van ‘n gemeenskap wat nie kan saamstaan nie. Ek glo sekere sleutel persone het hul organisasie en mede produsente bedrieg.


In die proses om nuwe geleenthede vir suiwel ontwikkeling te ondersoek, was ek gelukkig om die direksie van Intshona te ontmoet met ‘n inisiatief waarmee ek geïdentifiseer het wat die aanloop beïnvloed en my besluit maklik gemaak het.


Wanneer het jy presies besluit om te bedank?

 

Dit was vooruitgegaan deur ‘n vreemde gesprek met die voorsitter van die Oos-Kaap en daarna melding  van ‘n “ondersoek’ teen my en ‘n aanbod vir ‘n nuwe geleentheid.


Wat sou die ondersoek behels het en het dit toe plaasgevind?


Ek het geen idée wat ‘n ondersoek sou behels nie, daar was geen formele klag nie en nee, daar was geen ondersoek waarvan ek bewus is nie.


Toe die gerugte van ongerymdhede bekend geraak het, het ek onmiddellik met mnr. Bertus de Jongh geskakel om duidelikheid hieroor te kry. Hy het my verseker dat enige gerugte geen fondasie het nie en het hom daarvan gedistansieer.


Het jy onmiddellik bedank? Indien wel, hoekom?


Daar is die wat moontlik voel dat ‘n persoon eerder van binne dinge moet verander, maar ek het nie die energie daarvoor gehad nie. Dit sou ontaard in ‘n uitgerekte proses wat groot skade aan albei partye sou veroorsaak met die suiwelprodusent as die grootste verloorder. Ek het in Maart 2009 bedank.


Die spanning binne die organisasie was hoog en sonder werklike magte was my rol as uitvoerende hoof effens van ‘n klug.  Ek het bedank en my kennis maand uitgedien, waarna ek my voltyds toegewy het aan die uitbou van ‘n uitkoms-gebaseerde strategie vir landbou sake-ontwikkeling in Suid-Afrika en Afrika.


Hoe voel jy oor die toekoms van die MPO?


Ek voel die MPO het ‘n belangrike rol om te vervul vir die voortbestaan van die suiwelbedryf deur op kwessies te konsentreer wat die volhoubaarheid van die bedryf aanspreek en die fokus op transformasie plaas. Om op te som, as daar nie meer produsente oor is nie, is daar nie meer ‘n doel vir so ‘n organisasie nie.


Wat doen jy tans?


Ek is betrokke by verskeie aspekte van landbou-ontwikkeling met ‘n spesifieke fokus op suiwelontwikkeling in Suider-Afrika. Een van die mees opwindende suiwelprojekte waarby ek betrokke is, is Intshona, ‘n organisasie in die Wes-Kaap wat spesifieke geleenthede geïdentifiseer het wat benodig word vir ingryping, om beperkings en kwesbaarheid te verminder en produktiwiteit te bevorder.


Terre’Blanche is tans die direkteur vir Afrika-ontwikkeling vir Intshona en uitvoerende beampte van die Pan African Agricultural Business Development Institute.


Intussen het mnr. Bertus de Jongh van die MPO hierop geantwoord:


Ek vind Etienne se optrede buite karakter. Ons is in besit van sy bedankingsbrief sowel as ‘n gesamentlike persverklaring waarin hy aangedui het dat hy bedank het om eie sakebelange na te streef. Soos hy ook noem, was daar nooit enige sprake van ongerymdhede nie en ons is ook nie bewus van enigiets dergeliks nie.


Soos met alle produsente-organisasies is daar die gewone frustrasie omdat ons almal graag meer vir ons lede wil doen, maar gekortwiek word deur ‘n tekort aan fondse, infrastrukture en beperkings in die  Regeringsektor wat met dergelike probleme worstel. Ek wil ook noem dat ons waardering het vir die bydrae wat Etienne gelewer het gedurende sy twee jaar by die MPO, en wil hom alles van die beste toewens in sy nuwe rigting.


6 April 2010

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.46
+0.5%
Rand - Pond
21.27
+0.3%
Rand - Euro
18.31
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.69
+0.8%
Rand - Jen
0.13
+1.3%
Goud
1,767.24
-1.7%
Silwer
22.22
-4.1%
Palladium
1,874.00
-1.4%
Platinum
999.50
-2.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,543
+0.5%
Alle aandele
74,693
+0.5%
Hulpbronne 10
74,781
+1.0%
Industriële 25
91,501
-0.1%
Finansiële 15
15,595
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kok will Jou lewe bietjie geur gee
Ek is oop, spontaan, gemaklik, avontuurlustig en altyd n bok vir sports. Ek geniet die lewe en altyd n glimlag. Ek GLO die lewe kort altyd daai sprankel van n goeie humor sin.
Watter land volgende?
I am successful in business and love what I do. Looking for that special someone to share the sunsets with!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot