AFGRI
BEAN
02 Des
-
9279,6
-85,40
CORN
02 Des
-
4553,4
3,40
SOYA
02 Des
-
10490
72,00
SUNS
02 Des
-
10810
-76,00
WEAT
02 Des
-
6700
-45,00
WMAZ
02 Des
-
5090
-37,00
YMAZ
02 Des
-
4943,2
-15,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Mynwater vir landbou?

Voordat gesuiwerde mynwater vir besproeiing in die landbou benut kan word, is meer navorsing nodig, sê minister Buyelwa Sonjica.

Meer navorsing is nodig voor gesuiwerde water in steenkoolmyne vir besproeiing in die landbou gebruik kan word, sê me. Buyelwa Sonjica, Minister van Waterwese en Omgewingsake.

Sonjica was ‘n genooide spreker by Agri SA se waterkongres in Kempton Park en het gesê die moontlikheid word oorweeg om dié water vir besproeiing in die landbou te benut. “Meer navorsing is egter nodig om vas te stel wat die uitwerking van dié water op grond sal wees.”

Volgens Sonjica is sy en haar departement bekommerd oor rioolbesoedeling in riviere, wat veral vir besproeiing gebruik word. “Ons het lisensieregulasies wat spesifiek fokus op die regulering van die toelaatbare hoeveelheid riool wat in riviere en strome vrygestel mag word. Verlede jaar het meer as 200 van die munisipaliteite wat aan die groendruppel-sertifiseringsproses deelgeneem het, meer as 50% behaal. Ons byna by die 100% merk is ten opsigte van die deelname van munisipaliteite landwyd aan die projek.”

Beperkings op boere

In opvangsgebiede waar reeds te veel water toegeken is, sal verpligte lisensieprosesse binnekort onderneem word. Sonjica waarsku dat boere wat in dié omgewings bly, kan verwag dat hulle watergebruik vir besproeiing ingeperk kan word indien hulle meer water gebruik as wat aan hulle toegeken is. “Ons sal egter nie water wat hulle gebruik en wat vir gebruik aangeteken is, inperk nie”, merk sy op.

Dié lisensieproses sal in veral vier opvangsgebiede onderneem word: die Inkomati Watrebestuursomgewing wat die Inkomati-, Krokodil- en Sabierivier insluit; die Jan Dissels-opvangsomgewing; die Umhlathuze-opvangsgebied en die Tosca-opvangsgebied.

Myne en riviere se besoedeling

Ten opsigte van besoedeling van riviere deur suurmynwater, meen die Minister onafhanklike ondersoeke is nodig om die situasie te analiseer.

“Ek is bekommerd oor mediaberigte wat sê die middestad van Johannesburg kan binne vyf dae of 18 maande oorstroom word weens mynsuurbesoedeling van die Witswatersrand-opvangsgebied. Minister Trevor Manuel het reeds vir homself ‘n stel waterstewels gekoop sodat hy vir enige situasie gereed kan wees. Ons het reeds begin om met ander departemente hieroor te vergader, en is van plan om die regulasies van besoedeling wat vir myne in plek is, na te gaan om vas te stel wat en of iets verander moet word,” sê Sonjica.

Die minister het ‘n beroep op alle watergebruikers gedoen om water te bespaar, veral weens die invloed wat aardverwarming op watergebruik in die toekoms gaan hê: “Kenners sê al vir ‘n geruime tyd dat die volgende oorloë oor water sal uitbreek. Ons sal onverantwoordelik wees om dié waarskuwings te ignoreer, derhalwe moet ons nou optree.”

11 Augustus 2010

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.43
+0.7%
Rand - Pond
21.41
+0.4%
Rand - Euro
18.38
+0.4%
Rand - Aus dollar
11.92
+0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.5%
Goud
1,802.28
-0.0%
Silwer
22.75
-0.0%
Palladium
1,923.67
-1.1%
Platinum
1,042.50
-0.2%
Brent-ruolie
86.88
-0.1%
Top-40
68,446
-0.6%
Alle aandele
74,492
-0.7%
Hulpbronne 10
74,504
-2.0%
Industriële 25
92,074
-0.1%
Finansiële 15
15,328
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
See,Bosveld en Kamp
My geloof is vir my baie belangrik, is spontaan, het ñ goeie sin vir humor. Reik uit na mede gelowiges en minder bevoorregtes. Ek is ñ baie liefdevolle persoon.
Watter land volgende?
I am successful in business and love what I do. Looking for that special someone to share the sunsets with!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot