AFGRI
BEAN
08 Feb
-
9832,4
-55,60
CORN
08 Feb
-
4660
-34,00
SOYA
08 Feb
-
9340
-57,00
SUNS
08 Feb
-
10000
-150,00
WEAT
08 Feb
-
6840
33,00
WMAZ
08 Feb
-
4340
5,00
YMAZ
08 Feb
-
4417
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Namibië se karakoelbedryf herleef

'n Modesensasie. Dit is wat die nuwe Swakara-pelskledingstukke genoem word. En in Namibië groei die Karakoelkuddes en word ramme duurder, want die pelspryse het begin styg.

'n Modesensasie. Dit is wat die nuwe Swakara-pelskledingstukke genoem word. En in Namibië groei die Karakoelkuddes en word ramme duurder, want die pelspryse het begin styg.

Die byna vergete Karakoelbedryf van Namibië staan op uit die stof. Pelspryse het verbeter en byderwetse Swakara-uitrustings, gebore uit moderne bewerkingstegnieke, stap voor op Europa se groot modeskoue. Die vasbyters in dié bedryf glimlag breed en nuwe toetreders se oë skitter oor goeie vooruitsigte.

Die vernaamste rede vir die opbloei die afgelope sowat twee jaar is beter pryse op internasionale pelsveilings weens 'n nuwe belangstelling in die modebedryf. Die oplewing is weliswaar effens geknou deur die terroriste-aanslag op 11 September verlede jaar wat gelei het tot die optrede van Amerika teen Afganistan.

Kenners glo egter dié stremming sal oorwaai en dat die toekoms rooskleurig is. Karakoelskape sorg vir 'n goeie, bestendige kontantvloei, benut die veld die beste van alle kleinveerasse en pas uitstekend by 'n stelsel van volhoubare produksie.

Dié vertroue is weerspieël in die jongste Elite-veiling op Keetmanshoop toe rekordpryse vir Karakoelramme betaal is en die gemiddelde prys van die 78 ramme N$1 232 (N$1 is gelyk aan R1) hoër was as dié van verlede jaar.

Die insinking in pelspryse - wat die groot bedryf wat in 1971 nog 4,3 miljoen pelse bemark het, laat tuimel en die meeste Karakoelboere na ander kleinveerasse laat oorskakel het - kan grootliks daaraan toegeskryf word dat pelse met 'n swakker haargehalte op die mark beland het en dat die eens eksklusiewe kledingstukke in kettingwinkels aangebied is.

Wat die toekoms inhou, is moeilik om te voorspel, maar mnr. Kobus van Wyk, voorsitter van die Karakoeltelersgenootskap van Namibië (KTG), sê die belangstelling van die modebedryf is goed.

Hoewel 'n mens nie beheer oor die wisselkoers en ander markkragte het nie, glo hy tog die bedryf het in sy huidige formaat 'n goeie toekoms - mits Swakara sy markaandeel as die beste Karakoelpelse ter wêreld behou.

"Ek glo die invloed van 11 September verlede jaar, wat rimpels deur die markte van die hele wêreld veroorsaak het, is aan die oorwaai. Daarby behoort die nadelige uitwerking van die oorskakeling na die euro in Europa gou te verdwyn en ek verwag dat dit op lang termyn vir ons groot voordele sal inhou", sê mnr. Van Wyk.

Mnr. Jack Albertyn, voorsitter van die Karakoelraad van Namibië, stem saam dat die onsekerheid van die wêreldekonomie produkpryse strem. Hy is egter bemoedig deur die groei in die bedryf, plaaslik en internasionaal, die goeie belangstelling van die modebedryf en goeie vleispryse.

Die internasionale pelsbedryf se omset het verlede jaar met sowat 7 % toegeneem, van VSA$9,1 miljard tot VSA$9,8 miljard. Karakoelpelse maak sowat 0,2 % van die totale verkope uit en dit het verlede jaar sowat VSA$2 miljoen beloop.

Die gebeure van 11 September het veroorsaak dat pelse uit Afganistan, een van die groot pelsprodusente, op die mark gestort is en 'n opeenhoping veroorsaak het.

Van die pelse word egter teen `n hoë reserweprys op veilings aangebied en 15 % tot 20 % daarvan word nie verkoop nie. Kopers wag gewoonlik totdat die verkopers se geldnood so groot is dat hulle die pryse laat sak.

Dit skep onsekerheid in die mark en intussen word die mark steeds met nuwe besendings pelse aangevul. Dit is waarskynlik die vernaamste rede vir die tydelike daling van 6 % tot 7 % in pelspryse ná 11 September, verlede jaar1 ingetree het.

Dié daling op die internasionale mark, tesame met veranderings in die wisselkoers, het gelei tot 'n daling van sowat 13 % vir Suider-Afrikaanse boere.

Mnr. Tobie le Roux, bestuurder van die KTG, sê die groei in die plaaslike bedryf het veral die laaste twee jaar momentum gekry. Verlede jaar is 30 % meer diere geregistreer as in die vorige jaar en vanjaar 18 % meer. Daarby is vanjaar 18 ramveilings gehou teenoor die 12 van verlede jaar.

Die bedryf het in 1997 'n laagtepunt bereik toe net 56 667 pelse uitgevoer is. In 1980 was die inkomste uit pelse nog sowat N$64,3 miljoen, wat gedaal het tot N$7,7 miljoen in 1997. Verlede jaar is altesame 94 854 pelse uitgevoer - wat vir 'n inkomste van N$17,7 miljoen gesorg het.

In Suid-Afrika groei die belangstelling ook en daar is nou elf telers teenoor net drie twee jaar gelede. In Junie is die eerste keer in 'n lang tyd weer 'n Karakoelramveiling op Upington gehou.

Heelwat gevestigde telers het ondanks die ineenstorting van die pelsmark hul Karakoele of minstens 'n kernkudde behou. Daar is nou vir die eerste keer in meer as 20 jaar weer 'n beduidende aantal nuwe toetreders tot die bedryf.

Die verbetering van pelspryse is die belangrikste rede vir die nuwe groei, maar baie boere besef nou weer dat die Karakoel uitstekend pas by 'n volhoubare boerdery- en veldbenuttingstelsel in Namibië. Daarby is dit die kleinveeras wat die beste kontantvloei lewer.

Mnr. Van Wyk bevestig dat die bedryf die afgelope twee jaar in 'n uitbreidingsfase is. Daar is 'n groter vraag na ramme en ooie en hy meen dit is net die goeie vleispryse wat die uitbreiding effens aan bande gelê het.

Hy voeg ook by dat studies gewys het die Karakoel het die laagste produksierisiko in Namibië se produksietoestande. Dié skape is die beste aangepas om te produseer en voort te plant. Wanneer dit weer droog word, sal die Karakoel homself bewys en die kontantvloei van 'n boerdery verbeter.

Baie boere gebruik die opbrengs van 'n pels teenoor die opbrengs van 'n lamkarkas om te kies tussen pels- of lamproduksie. Die ekonomiese basis van Karakoelboerdery strek wyer as net pelspryse. Daarom moet die aantal ooie, produksierisiko's en reproduksie in ekstensiewe toestande ook in berekening gebring word.

Die netto produksiewaarde van Karakoelskape is die funksie van pelspryse, die aantal ooie, reproduksie, risiko en produksiekoste. Dit is die grondslag waarop dit met ander veevertakkings vergelyk moet word.

Die grootte van die aanteelkudde wat volhoubaar aangehou kan word, het 'n groot invloed op die bruto boerderyinkomste. In Namibië is groot dele uiters en waarskynlik slegs geskik vir Karakoelboerdery. Die syfers in die tabel bo, met spesifieke aannames (wat baie kan wissel van plaas tot plaas), wys duidelik dat 154 Karakoelooie vir elke 100 Dorperooie op dieselfde weiding aangehou kan word.

Dit is grootliks die gevolg van minder laktasiespanning en ligter liggaamsgewig by Karakoelkuddes. Die huidige gunstiger produsenteprysindeks van Karakoelskape tesame met die getalle-voordeel maak pelsproduksie hoogs mededingend teenoor vleisproduksie.

Daarby is die risiko verbonde aan Karakoelboerdery aansienlik kleiner as met ander kleinveerasse.

Die wisselvallige reënval, voeding en tydsberekening van bestuursbesluite veroorsaak produksierisiko's. Omdat sowat 70 % van die karakoellammers binne 24 uur geslag word, is die ooie nie aan laktasiespanning blootgestel nie en die lammers nie aan ongediertes en siektes nie. Daarom is dit logies dat die nasionale Karakoelkudde 'n hoër produksie-uitset kan lewer as ander kleinveekuddes.

Die huidige goeie vraag na Swakarapelse en die stygende neiging van markpryse verminder ook die prysrisiko en maak vooruitberekening makliker. Uit dié oogpunt is Karakoelboerdery ook 'n aantreklike keuse vir diversifikasie binne die wisselende omgewingstoestande van Namibië.

Karakoelpels loop voor in Europa

Die Karakoelraad het die afgelope tyd gewoel om pelsprodukte in die buiteland en die Karakoelras plaaslik te bevorder.

Mnr. Wessel Visser, bestuurder van die Karakoelraad, sê hulle het saam met 'n Duitse pelshandelaar nuwerwetse pelskledingstukke ontwerp en gemaak. Só het heel nuwe pelskledingstukke die lig gesien. Die pelse is bewerk om onder meer soos breistofmateriaal te lyk en verskeie nuwe kleure is gebruik.

Dit het só goed gewerk dat die kledingstukke as 'n modesensasie beskryf is en van die uitrustings eerste vertoon is op die gala-opening van die pels- en modeskou in Hongkong en Frankfurt, Duitsland

Een van die Swakara-ontwerpe is ook gebruik op die voorblad van die gedrukte program vir die skoue. Hoe groot inslag dié modes by die publiek vind, sal aanstaande seisoen duidelik wees.

Die raad gebruik ook 'n Duitse egpaar, Gerhard en Wiebke Mull, hy 'n pelsenier en sy 'n tekstielontwerper, om kursusse aan te bied om ontwerpers en pelseniers touwys te maak om op 'n nuwe manier met Swakara te werk.

In Namibië is 'n ramprojek aan die gang om goeie ramme aan kommunale boere beskikbaar te stel. In die suide en suidooste is die belangstelling groot. Die projek bestaan daaruit dat die raad verdienstelike voornemende kopers met raad en geld bystaan om binne hul vermoë goeie ramme te koop om hul kuddes te verbeter. Die afgelope jaar is 170 ramme ingevolge die skema aan sulke boere verkoop.

Die raad ondersteun ook skeerdienste met skeerkursusse wat tien dae duur waartydens skeerders opgelei word om selfstandig te kan skeer.

Die grootste deel van die wolskeersel gaan na Suid-Afrika, Spesialiteitstipes wol, soos wit, bruin en grys wol, word twee keer per jaar op veilings aan plaaslike wewers verkoop. Op die jongste veiling is 'n kilogram wit Karakoelwol teen N$61 (N$1 is gelyk aan R1) verkoop en die gemiddelde prys van wit wol was N$45,00/kg.

Mnr. Kobus van Wyk, voorsitter van die Karakoeltelersgenootskap van Namibië, glo dat die rekordpryse wat vir die 78 Karakoelramme op die onlangse Elite-veiling in Keetmanshoop betaal is, daarop dui dat boere nie erg bekommerd is oor die effense daling in pelspryse ná die Junie-pelsveiling nie.

Goeie ramme is aangebied en al 78 is verkoop teen gemiddeld N$4 375. Die gemiddelde prys vir die 61 swart ramme was N$4 262, vir die 13 wit ramme N$5 230, vir die 3 grys ramme N$3 916 en 'n bruin ram is vir N$1 500 verkoop.

Die duurste ram van mnr. Piet Jacobs van Mariental, Namibië, is vir N$10 500 aan mnr. Jerry Bouwer van Niekerkshoop verkoop.

Mnr. Van Wyk glo om voort te bou op die welslae wat nou behaal word en die toekoms vir die bedryf rooskleurig te hou, sal groot klem daarop gelê moet word om goeie pelse en ook meer wit pelse te produseer.

Om wit pelse te vermeerder, is 'n groot uitdaging omdat daar besliste beperkinge is. Dit is egter 'n aantreklike uitdaging omdat dié pelse aan 'n private pelsenier in Duitsland gelewer word teen 10 % meer as die veilingsprys van swart pelse.

Hy glo die toekoms vir die bedryf lyk baie goed en dat die swart diamante van Namibië klaar 'n nuwe glans het en beslis weer gaan skitter in die toekoms.

Goeie bestuur is dié vasbyter se geheim

Groot vertroue in sy Karakoelskape het dié boer laat vasbyt toe dit met die pelsbedryf sleg gegaan het. Onlangs het hy die duurste ram op Namibië se Elite-ramveiling verkoop.

Enkele deurwinterde Karakoelboere het vasgebyt toe pelspryse getuimel het en die meeste boere na ander kleinveerasse oorgeskakel het. Mnr. Piet Jacobs van die plaas Louisenhof, suid van Mariental in Namibië, is een van die vasbyters.

"As 'n mens 'n som maak en Karakoelskape met ander skaap- en bokrasse vergelyk en die grootte en drakrag van jou grond in ag neem, is dit die enigste ras waarvan tot 70 % van jou kudde uit produserende ooie kan bestaan," sê mnr. Jacobs.

"Sowat 80 % van die aanteel word geslag en is binne 24 uur van die grond af. 'n Mens kan dus baie meer produserende ooie aanhou as met ander kleinveerasse. Dit beteken ook dat 80 % van die lammers nie blootgestel is aan die risiko's van roofdiere en siektes nie.

"Daarby vreet Karakoelskape minder as die ander rasse en kan 'n mens 1,6 Karakoele vir elke Dorper en 1,8 Karakoele vir elke Boerbok aanhou."

Afgesien van dié voordele het hy volle vertroue gehad dat so 'n eksklusiewe produk se prys nie altyd onder druk sal bly nie.

Mnr. Jacobs boer met sowat 800 stoetdiere en 'n kommersiële kudde van 2 000 ooie. Die stoet- en kommersiële diere kry dieselfde behandeling met strenger seleksienorme wat geld vir die stoetdiere. Só word verseker dat funksionele stoetdiere aangebied kan word.

Vir die stoetery word sowat 30 % lammers as vervangingsdiere gehou en vir die kommersiële kudde sowat 20 %.

Omdat hy baie streng vir vrugbaarheid selekteer, kry hy elke twee jaar drie lammers van elke ooi.

Hy gebruik drie dekseisoene: Vanaf 1 Oktober tot 15 November, vanaf 15 Januarie tot einde Februarie en vanaf 1 Mei tot 15 Junie. Swaar dragtige ooie kom saans kraal toe en die ooie wat in die veld lam, se lammers word daar gemerk om seker te maak elke lam is by die regte ooi. Dit is belangrik om sinvol te kan selekteer vir stoet- en kommersiële diere.

Met die dekseisoen wat op 1 Oktober begin, kry elke ooi sowat twee weke voor paartyd sowat 100 g mielies as prikkelvoeding.

Met die Januarie-dekseisoen is die veld gewoonlik in 'n goeie toestand. In die winter is die skape se teeldrang op sy hoogste, wat prikkelvoeding vir die Mei-paartyd onnodig maak.

Die ooie wat in Oktober gepaar word, lam in Maart en binne ses weke word hulle weer gepaar. Die besetting is dan goed en die lampersentasie is sowat 140 per jaar.

Die lammers wat aankom, word dadelik skoongemaak en die pels beoordeel en beskryf. Dié wat goed genoeg is, word gefotografeer en loop dan saam met die ooie in klein kampies digby die opstal. Daar word minstens twee keer per dag na hulle gekyk.

Ná sowat 'n maand gaan die ooie met hul lammers veld toe waar twee keer per week na hulle gekyk word. Sy ondervinding is dat die meeste lammerverliese in die eerste twee weke voorkom.

Sy kampe is gemiddeld 350 ha groot. In die reëntyd word troppe van 150 skape per kamp aangehou, wat elke week na 'n ander kamp geskuif word.

Hy beoog om jaarliks van 50 tot 60 goeie ramme te hou waaruit hy diere vir die stoetery, die kommersiële kudde en veilings uitsoek.

Die ooitjies word op dieselfde wyse gehanteer. Hy hou jaarliks van 100 tot 150 stoetooitjies as vervangingsdiere. Mnr. Jacobs produseer sowat 200 wit pelse, die res is swart.

Hy probeer so min moontlik byvoeding gee. In die droë tyd kry lammerooie 'n energielek, andersins kry die skape net klipsout.

In jare met 'n bonormale reënval word teen inwendige parasiete gedoseer, andersins net vir neuswurm.

Mnr. Jacobs sê welslae word net met goeie bestuur behaal. Hy sien elke aand ál sy skape as hulle kraal toe gebring word en weet dadelik as daar 'n skaap of lam makeer.

In lamtyd word die lammers deur twee ruiters op perde bymekaargemaak en met 'n donkiekar opstal toe gebring. Dit werk vir hom uitstekend.

Sy volgehoue deurdagte teling maak hom een van die voorste Karakoeltelers in Namibië. Op vanjaar se Elite-ramveiling op Keetmanshoop is een van sy swart ramme vir die hoogste prys van N$10 500 verkoop.

'n Vergelyking tussen die droëmateriaalbehoefte

(DM-behoefte) van Dorpers en Karakoele

545

839

545

839

1,48

2,29

15

20

25

100

95

95

3

4

60

65

40

45

40

50

45

55

4

4

30

35

38

40

36

42

32

38

45

55

gevolg word en die daaglikse droëmateriaalbehoefte

is soos deur die LNR bereken, kan die gevolgtrekking

gemaak word dat vir elke Dorperooi 1,54 Karakoelooie

aangehou kan word.

DM-behoefte van 1 000 ooieKarakoelDorper
DM per jaar (ton)
DM per ooi per jaar (kg)
DM per ooi per dag (kg)
Aannames
Vervangingspersentasie (ooie)
Lammers op veld (%)
Speenpersentasie
Getal ramme (%)
Ramme se gewig (kg)
Vervangingsooie se gewig (kg)
Eerstelam-ooie se gewig (kg)
Volwasse ooie se gewig (kg)
Lam se geboortegewig (kg)
Lam se speengewig (kg)
Gewig op 12 maande (kg)
Hamels se slaggewig (kg)
Ooilam se slaggewig (kg)
Uitskotooie se slaggewig (kg)
As 'n produksiestelsel van een lamseisoen per jaar

13 Desember 2002

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.67
-0.6%
Rand - Pond
21.34
-0.8%
Rand - Euro
18.96
-0.6%
Rand - Aus dollar
12.29
-0.6%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Platinum
980.15
-0.7%
Palladium
1,647.04
-0.4%
Goud
1,874.21
+0.0%
Silwer
22.36
+0.8%
Brent-ruolie
83.69
+3.2%
Top-40
73,813
+0.5%
Alle aandele
79,823
+0.4%
Hulpbronne 10
74,626
+0.0%
Industriële 25
103,569
+0.9%
Finansiële 15
16,319
-0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkel en soekend
Ek is lewenslustig en vriendelik hulpvaardig hou van die buite lewe kamp bosveld see en sport is n goeie luisteraar
Prinses Kosmos soek haar Prins Kakiebos💕
Kreatief en vriendelik, hou van die see son. en gesond leef dis altyd lekker in die buitelig, maar as daar gewerk word is dit eerste. 100% is my moto. Lief vir Mense en diere....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot