
Promosie-artikel:
Mnr. Morkel Erasmus, bekende wild- en natuurfotograaf kry dié program aan die gang deur liries te raak oor die feit dat natuurfotografie groei omdat dit as stokperdjie sowel as toerisme-aktiwiteit beoefen word vanweë die verspreiding van kameras en kamera-fone. Hy beweer dat Suid-Afrika 'n gewilde bestemming is omdat ons 'n wye verskeidenheid wildlewe en landskap het vir die lens om 'n mooi kiekie te neem.
Morkel deel ook sy wenke oor hoe om 'n top fotograaf te word en verduidelik die belangrikheid daarvan om op die regte tydstip op die regte plek te wees... soms vir dae aaneen net om die regte foto te neem.
Mnr. Piet Warren, die eienaar van 'n swartwitpens Park-plaas naby Gravelotte is 'n huishoudelike naam in dié bedryf, en hy deel sy insigte oor hoekom die wildbedryf so vinnig groei. Warren praat ook van nuwe gene wat by huidige kuddes gevoeg word en hy het ook sy eie sienings oor hoe om bokke se horings te verleng.
Sowat 9 400 jagters!
“Ons het nagenoeg 9 400 professionele jagters 'n jaar wat die bedryf diens,” sê Piet.
Het jy geweet dat daar 10 000 wildplase in privaatbesit is wat omtrent 12 miljoen stuks wild behels?
Soos gewoonlik beklee die landboukenner en redakteur van Landbouweekblad, Chris Burgess die warm stoel oorkant aanbieder van die program Rozanne McKenzie, wat hom vra of alle wildboere miljoenêrs is. Skakel in by die program en leer hoekom iemand miljoene rande op 'n spesifieke wildspesie sal spandeer. Burgess het ook 'n idee oor hoe die wildbedryf bedreigde spesies soos die renoster kan red.
Senwes se voorsitter, mnr. Danie Minnaar, maak ook 'n draai in die ateljee om dié aspek so te sê by die horings te pak saam met anker van die program, Theo Vorster en verduidelik wat wild nou eintlik waarde bied. Minnaar, wat ook 'n wildboer is, vertel meer oor die bestuur van wild asook die siklusse waardeur die wildbedryf gaan insluitend die uitdagings wat elke wildboer in die gesig staar.
Jagmark en genetiese mark
“Daar is twee primêre markte in die wildbedryf,” sê hy. “Die jagmark en die genetiese mark.”
Mnr. John Hume is ook die eienaar van die grootste renosterbevolking ter wêreld en hy is 'n groot voorstaander van die bewaring van renosters. Hy praat baie passievol oor sy siening oor hoe om die renoster te red. Hy gebruik die voorbeeld van die vicuna van Suid-Amerika, 'n wildspesie wat verwant is aan die Llama, wie se getalle 40 jaar gelede tot 5 000 gekrimp en nou het die getalle tot meer as 400 000 gestyg het. Hierdie bewaringsplan kan ook op renosters toegepas word.
As jy dalk die program misgeloop het, kan jy dit aanlyn kyk: Klik hier:
Nasie in Gesprek – Met trots geborg deur Monsanto, Nedbank en Senwes, in samewerking met Hinterland, NWK en AFGRI.
Besoek die Nasie in Gesprek webtuiste by www.nasieingesprek.co.za en laai die toep by die app winkel af vir al die uitsaaiskedules, tye en kanale waarop die episodes uitgesaai word. Moet ook nie vergeet nie, dat jy via die Nasie in Gesprek toep by die gesprek kan aansluit.