AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Nasionale Boer van die Jaar vereer

Die ALG Boerdery van Citrusdal is op 'n gala-onthaal as Suid-Afrika se Boer van die Jaar vir 2010 aangewys.

Die ALG Boerdery van die Olifantsriviervallei naby Citrusdal, is Vrydagaand op ‘n geselligheid in Port Elizabeth as Suid-Afrika se Boer van die Jaar vir 2010 aangewys. Die Van der Merwe-broers het dié gesogte toekenning in Port Elizabeth op Landbouskrywers SA se jaarlikse funksie vir die land se voorste landbouers ontvang.

Daarmee is hulle nou ook die nuutste lede van die Pro-Agri Forum, ‘n verteenwoordigende liggaam van voormalige wenners van dié prestigeryke kompetisie wat gereeld met belangrike besluitnemers in die Regering en die private sektor oor kommersiële boere se belange vergader.

Byskrif: Van links is mnr. Martiens Slinger, prof. Rob Gous, en mnre. Alwyn en Gerrit van der Merwe van ALG-boerdery by Citrusdal.

Die ALG Boerdery is die enigste boerdery in Suid-Afrika wat vir tien maande van die jaar sitrus kan lewer en vanjaar se oes het 15 800 ton gelewer. Die boerdery het sy eie pakhuis en ‘n sapfabriek om uitskotsitrus te verwerk. ‘n Bees- en skaapboerdery is tot stand gebring en die diere word onder meer met die skille van die sapfabriek gevoer. Die boerdery se produkte bereik onder meer supermarkte in Suid-Afrika, Engeland, Wes- en Oos-Europa, die Midde-Ooste, Rusland en Amerika.

Herverdelingsprogram

‘n Herontwikkelingsprogram van ALG, Cedar Citrus, is die eerste herverdelingsprogram vir voorheen benadeelde gemeenskappe in die Wes-Kaap. Die trust het in 1999 begin met samewerking tussen 36 plaaswerkers waar elke individu aandele van Citrus-grond ontvang.

Prof. Rob Gous, emeritusprofessor van KwaZulu-Natal, is Landbouskrywers SA se Landboukundige van die Jaar. Gous het nasionaal en internasionaal ‘n groot bydra gelewer tot die dierewetenskap. Hy is steeds deel van die akademiese personeel van die Universiteit van KwaZulu-Natal se Skool van Landbouwetenskappe en Agribesigheid.

Voordat hy afgetree het, was hy die hoof van die Departement van Diere- en Pluimveekunde. Hy het ‘n waardevolle bydrae tot die internasionale navorsing oor pluimvee gemaak wat bewys het dat, ondanks verminderde finansiering, Suid-Afrika steeds ‘n leidende rol op die gebied van landbou-navorsing kan speel.

Die Landbouskrywers SA se Ontwikkelende Boer van die Jaar is mnr. Niklaas Slinger van die Wes-Kaap.

Het as plaaswerker begin

Slinger het die De Lille Boerdery in die Nardouwsberg-omgewing naby Clanwilliam in 1992 begin ná hy 20 jaar as plaaswerker op die buurplaas gewerk het. Op die buurplaas, Vondeling, het hy sy staal gewys toe hy alleen saam met die eienares geboer het terwyl haar seun op die grens was.

Die eienaars het Niklaas se belangstelling en vermoëns raakgesien en bystand en ondersteuning verleen toe die buurplaas op die mark kom sodat hy dit kon koop. Hy het die plaas vanjaar, sonder enige regerings- of ander hulp, afbetaal.

Die De Lille Boerdery produseer rooibostee vir die plaaslike en uitvoermark en Dorper-skape vir die plaaslike mark. Die onderneming droog sy eie rooibostee en ook tee vir mede-boere in die omgewing. Produksie is so goed dat hy onlangs as een van die SA Rooibosteeraad se top-20 produsente vereer is.

Landbouskrywers SA bied die kompetisie vir kommersiële boere, ontwikkelende boere en landboukundiges sedert 1977 aan. Sowat 200 gaste reg oor die land het die geleentheid, wat deur die Oos-Kaapse tak van die vereniging gereël is, bygewoon.

15 November 2010

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.46
+0.5%
Rand - Pond
21.27
+0.3%
Rand - Euro
18.31
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.69
+0.8%
Rand - Jen
0.13
+1.3%
Goud
1,767.24
-1.7%
Silwer
22.22
-4.1%
Palladium
1,874.00
-1.4%
Platinum
999.50
-2.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,543
+0.5%
Alle aandele
74,693
+0.5%
Hulpbronne 10
74,781
+1.0%
Industriële 25
91,501
-0.1%
Finansiële 15
15,595
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kok will Jou lewe bietjie geur gee
Ek is oop, spontaan, gemaklik, avontuurlustig en altyd n bok vir sports. Ek geniet die lewe en altyd n glimlag. Ek GLO die lewe kort altyd daai sprankel van n goeie humor sin.
Watter land volgende?
I am successful in business and love what I do. Looking for that special someone to share the sunsets with!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot