
Nederburg is as Suid-Afrika se beste wynprodusent aangewys in die internasionale wyn en spiritus-kompetisie wat vanjaar in Londen plaasgevind het. Dié Paarlse wynkelder het die meeste punte in 14 klasse in die kompetisie behaal.
Die kompetisie vier vanjaar sy 40ste bestaansjaar. Net 5,5 % van die sowat 7 000 jaarlikse inskrywings van 80 lande het goue medaljes verower. Nederburg se 2007 Edelkeur, ’n veilingswyn, het die trofee losgeslaan.
“Sulke erkenning is van groot betekenis, veral op die vooraand van Fifa se Wêreldbeker-sokkertoernooi waarvoor die internasionale fokus op Suid-Afrika toeneem,” sê mnr. Rudolph du Toit, die kelder se internasionale bemarkingsbestuurder.
Ander Nederburg-wyne wat met silwermedaljes uitgeblink het, is:
• 2008 - Foundation Chardonnay/Viognier.
• 2008 - Winemaster’s Reserve Noble Late Harvest.
• 2007 - Manor House Cabernet Sauvignon.
• 2008 - Manor House Sauvignon Blanc.
• 2006 - Ingenuity Red.
• 2008 - Ingenuity White .
• 2007 - Eminence.
• 2006-oesjaar van die Private Bin R163 Cabernet Sauvignon asook die R172 Pinotage.
• 2007-oesjaar van die Private Bin R121 Shiraz, R181 Merlot, R103 Cabernet Sauvignon/Shiraz asook die R109 Cabernet Sauvignon/Merlot.
• 2008 - Edelkeur en twee Private Bin-wyne, 2007 se R163 Cabernet Sauvignon en die 2006-R121 Shiraz.
2 Desember 2009