AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
8703
-87,00
CORN
31 Mrt
-
4445,8
-72,20
SOYA
31 Mrt
-
8071,2
-127,80
SUNS
31 Mrt
-
8700
-102,00
WEAT
31 Mrt
-
6605
-90,00
WMAZ
31 Mrt
-
3798
-55,00
YMAZ
31 Mrt
-
4012,8
-51,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Neem só geld uit Suid-Afrika

Edwin Smit van BVG verduidelik hoe mens geld uit Suid-Afrika kan neem

Promosie-artikel:

Daar was in vorige artikels genoem dat dit ‘n goeie idee is as beleggers ‘n deel van hulle portefeulje in die buiteland belê. Daar is verskillende produkte beskikbaar wat wissel van effektetrusts tot privaat aandeelrekeninge. Gewone bankrekeninge is ook ‘n opsie: Dit bied laer risiko as ander beleggings, maar die opbrengs is ook laer.

Om hierdie tipe beleggings te doen is raadsaam, maar die fondse moet natuurlik op ‘n manier in die buiteland kom. Voordat die verskillende opsies bespreek word, moet die kostes eers verstaan word:

Die koop / verkoop kwotasie (“bid / ask spread”)

Hierdie kwotasie beteken bloot teen watter prys kopers bereid is om te koop, byvoorbeeld R13.54 per dollar, en teen watter prys verkopers bereid is om te verkoop, byvoorbeeld R13.56 per dollar. Die interbank mark vir buitelandse valuta is waar meeste banke met mekaar geld ruil, en dit is ook waar die koper / verkoper kwotasie die kleinste is. Wanneer individue hulle fondse verruil, word die kwotasie tussen kopers en verkopers (“bid / ask spread increases”) vergroot deur die diensverskaffer.

Transaksie fooi

‘n Addisionele koste item is die transaksie fooi. Dit wissel na gelang van watter kanaal gevolg word om die geld te ruil. Die grootte van die transaksie impakteer op die twee bogenoemde koste items: Hoe groter die waarde van die transaksie, hoe kleiner is die koop / verkoop kwotasie, en die persentasie transaksie fooi neem ook af.

Hieronder volg die mees algemene maniere om geld na die buiteland te skuif. Die rangorde is vanaf duurste na goedkoopste:

Buitelandse valutahandelaar (“Authorised dealer with limited authority (ADLA)”)

Hierdie organisasies word veral in winkelsentrums aangetref. Die koop / verkoop kwotasie is baie groot op hierdie transaksies. Wanneer die rand verhandel teen R13.55 teenoor die dollar, kan hierdie kwotasie so wyd wees as R13.28 – R13.82. Daar word dus gemiddeld 2.00% bygesit by die interbank mark koers (R13.55 in hierdie geval) vir kopers, en 2.00% afgetrek vir verkopers. Daar word blykbaar nie transaksie fooie gehef nie. Daar is geen minimum hoeveelheid fondse wat verruil kan word op hierdie manier nie. Hierdie opsie word byvoorbeeld gebruik deur vakansiegangers wat kontant wil hê vir wanneer hulle oorsee gaan.

• Kredietkaart

Die koop / verkoop kwotasie is ook baie groot op hierdie transaksies. Die koste is vergelykbaar met dié van buitelandse valuta handelaars soos hierbo genoem. Indien transaksiefooie wel gehef word, is dit minimaal. Daar is geen minimum hoeveelheid fondse wat verruil kan word op hierdie manier nie. Hierde oplossing word veral gebruik wanneer daar produkte oorsee aangekoop word, byvoorbeeld op die Amazon webwerf. Die maksimum bedrag is R50,000.00 per transaksie, en geen betalings na aanlyn dobbel-webwerwe of aanlyn verhandelingsplatforms word toegelaat nie.

• Banke (“Authorised dealers”)

Banke bied dieselfde diens as buitelandse valuta handelaars, maar die koste kan effe minder wees vir bank kliënte. Hier verskil die kostes van bank tot bank. Banke bied ook dienste waar fondse in kliënte se oorsese bank rekeninge gedeponeer kan word. Daar is nie noodwendig ‘n minimum bedrag vir hierdie diens nie, maar op kleiner bedrae van byvoorbeeld R10 000.00 kan die kostes persentasiegewys redelik hoog wees. Die koop / verkoop kwotasie kan wissel tussen R13.40 tot R13.70 (R13.55 hierbo verwys) wanneer bedrae van byvoorbeeld R200 000.00 na die buiteland geskuif word. Dit beteken banke kan 1.10% of meer bysit of aftrek van die interbank koers.  ‘n Transaksie fooi van R1 000.00 is gewoonlik relevant. Dit wissel egter van bank tot bank, waar party banke ‘n glyskaal het en ‘n persentasie van die waarde van die transaksie gebruik, tesame met ‘n minimum en maksimum bedrag.

• Tesourie uitkontrakteerders (“Treasury outsourcers”)

Waar individuele beleggers met banke werk op die tak vlak, werk hierdie organisasies direk met banke se institusionele afdelings (“institutional desk”). Hierdie organisasies fokus meer op die plaas van fondse in oorsese beleggings of bankrekeninge as om fisiese kontant vir vakansiegangers te omskep. Daar is dan gewoonlik ook ‘n minimum transaksie waarde waarvoor die dienste aangebied word, byvoorbeeld R50 000.00.

Die koop / verkoop kwotasie kan wissel tussen R13.45 tot R13.65 (R13.55 hierbo verwys) wanneer bedrae van byvoorbeeld R 200 000.00 na die buiteland geskuif word. Dit beteken tesourie uitkontrakteerders sit gewoonlik 0.75% by, of trek 0.75% af van die interbank koers. Dit verskil natuurlik tussen organisasies.

Vir die rekord, Suid-Afrikaners kan in hulle persoonlike kapasiteit jaarliks tot R1 miljoen uitneem in terme van die enkel diskresionêre toelaag (“single discretionary allowance”). ‘n Bedrag van tot R10 miljoen kan uitgeneem word as daar belastingklaring deur SARS verkry word vir ‘n buitelandse beleggingstoelaag (“foreign investment allowance”). ‘n Groter bedrag kan uit die land geneem word met toestemming van die Suid Afrikaanse Reserwe Bank (SARB).

BVG Financial Solutions is ‘n geregistreerde tesourier uitkontrakteerder by Absa en Investec. Dienste word verskaf vir individue wat fondse in die buiteland wil belê, of wil terugbring na Suid Afrika, asook vir invoerders en uitvoerders wat gereeld fondse ruil. Die onderstaande Bloomberg L.P. tabel lys die hoof geld eenhede waarheen rande geruil kan word.

Edwin Smit is ‘n portefeulje bestuurder by BVG Financial Solutions, ‘n Gemagtigde Finansiële Dienste Verskaffer van die FSB, met lisensienommer FSP 39889, en ook ‘n geregistreerde JSE finansiële handelaar van BVG Commodities (Lid van die JSE). Hy is ‘n gereelde spreker op RSG. Sy kontakbesonderhede is: (012) 484-4013 of edwin.smit@bvg.net. Die volgende dienste word gebied:

• Wisselkoers verskansing op BVG se Yield-X (JSE) lisensie. Lesers kan inteken op die daaglikse valuta verslag.

• Die ruil van fisiese kontant in samewerking met Absa en Investec: Omskakeling van rande na dollars, euros en ponde, en vice versa. Fondse word direk in kliënte se Absa of Investec bank rekening betaal: BVG Financial Solutions neem dus self nie die fondse in ontvangs nie.

• Aandele portefeuljebestuur in samewerking met Momentum SP Reid Securities. Lesers kan inteken op die daaglikse aandele verslae.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.72
+0.4%
Rand - Pond
21.93
+0.6%
Rand - Euro
19.28
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.87
+0.7%
Rand - Jen
0.13
+0.9%
Platinum
983.92
+0.3%
Palladium
1,469.05
-0.6%
Goud
1,979.87
-0.0%
Silwer
23.94
+0.1%
Brent-ruolie
79.27
+1.3%
Top-40
70,481
-0.9%
Alle aandele
76,102
-0.8%
Hulpbronne 10
66,667
-1.3%
Industriële 25
102,663
-0.5%
Finansiële 15
15,469
-1.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wees my Hoofstuk en ek jou Voorblad
Humoristies , Gemaklik , Openlik , Romanties , Eerlik , Sosiaal , Stout , Stuitig , Opreg , Hou van Buitelewe , Gelowig , Hardwerkend , Lojaal , Reguit , Opsoek na Lewensmaat...
Fantastiese kok wil jou lewe bietjie geur
Free spiritual open minded romanticse liefde volle dame, wat soveel liefde het om te gee, het nie tyd vir games en man's wat nie weet wat hul wil he nie, soek n soul mate xxx
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot