
Veediefstal, grondhervorming en ramphulp vir die landboubedryf is die kwessies wat die nasionale organisasie vir opkomende rooivleisprodusente (Nerpo) vandeesweek met mnr. Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC gaan bespreek.
Dié organisasie meen die ANC is in die posisie om beleid te beïnvloed wat bedoel is om opkomende boere te help, lui ‘n berig van News24.com. Mnr. Aggrey Mahanjana, Nerpo se besturende direkteur , sê hy dink die bogenoemde kwessies benodig politieke aandag.
Hy meen ook die Regering moet ramphulp desentraliseer sodat provinsies en distrikte hul eie begrotings het om boere gedurende and na rampe te ondersteun. Die huidige stelsel maak dit moeilik vir boere om steun van die Regering in dié verband te kry omdat dit lank vat om ‘n rampgebied te ondersoek, sê hy.
“Volgens die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se resolusie behoort die landbou ‘n voorrangsaak te wees. 10% van die Regering se begroting behoort na die landbou te gaan, maar in Suid-Afrika gaan slegs 0,5% na dié bedryf.”
Bron:
19 November 2009