
New Holland se nuwe CR-stropers voer produktiwiteit na ’n ander vlak met 'n toename van 10% tot 15% in werkvermoë wat nuwe standaarde betreffende graan- en hooigehalte stel. Dis voorwaar uitsonderlike masjiene wat 40 jaar se oesvoortreflikheid met Twin Rotor™-tegnologie kombineer.
Vir die voortgesette bekendstelling van die uitsonderlike CR8070- en CR9080-stropers wat hul Suid-Afrikaanse debuut vroeër vanjaar op Nampo gemaak het, het New Holland 'n opleidings- en kliënte-demonstrasieprogram van stapel gestuur. Sodoende word die volle potensiaal van die nuwe reeks by die handelaarsnetwerk en professionele boere tuisgebring.
Hoë werkverrigting
Van die eienskappe behels die splinternuwe Dynamic Feed Roll™-tegnologie met ge?ntegreerde beskerming teen klippe. Die rotor word vinniger en gladder gevoer terwyl klippe heeltyd verwyder word. Die nuwe afsonderlike lemme aan die toevoerrol werk sagkens met die oes, wat hooi van goeie gehalte tot gevolg het. Nog 'n voordeel is dat geen bykomende krag vereis word nie, sodat kliënte die voordeel van hoër werkverrigting geniet tesame met 'n verbeterde vermoë om natter oesomstandighede te hanteer.
Graan wat die beste in die geweste is
New Holland se unieke Twin Rotor™-konsep verseker regstreekse gewasvloei en die bekroonde Opti-Clean™ en Opti-Fan™-eienskappe dra by tot die CR se uitsonderlike graangehalte, wat net 'n geringe 0,1% gebreekte graan tot gevolg het.
Super-buigsaam
Die Twin Rotors word volledig pasgemaak om perfekte omstandighede vir die dors en verdeling van graan te verseker, ongeag watter soort oes op die lande is. Om bowenal tussen klein graansoorte en mielie-konfigurasies na rys om te skakel, is geen probleem nie.
Gehaltebestuur van residu
Die Dual Chop-hark verbeter die gehalte van die oorblyfsels deur dit selfs fyner as voorheen te kap. Dis perfek vir minimum- of geenbewerkingsprosedures wat direkte bewerkingstegnieke vereis.
'n Egalige rit, hoë trekkrag, weinige grondverdigting
New Holland se SmartTrax™-spoorwydtes van rubber met Terraglide™-suspensie verseker uitstekende trekkrag en min grondverdigting terwyl die rit merkwaardig egalig is. Die kernaangepaste spilpunt van die SmartTrax verseker selfs in moerasagtige grond goeie trekkrag en kan die CR kan ook uit diep slote help lig.
Ongeëwenaarde gerief
Die Harvest Suite-kajuit wys die pas aan wat operateursgemak betref. Die ruim kajuit beskik oor die IntelliView™ IV gekleurde raakskerm-monitor vir beheer van alle oesparameters - letterlik onder jou vingerpunte. Die Auto Crop Settings verhoog oesdoeltreffendheid verder met uitstekende sigbaarheid.
Die CR be?ndruk handelaars en kliënte
New Holland-spesialiste van Europa, Afrika en die Midde-Ooste het 'n reeks tegniese opleidingsessies vir handelaars op Delmas en Bothaville aangebied om dieptekennis van die CR-stroper te deel. Sleutelkliënte kon ook die CR-stropers in aksie sien gedurende 'n demonstrasie in die Delmas-gebied.
Die nuwe CR-stroper in aksie. Klik net op die foto's in die galery hieronder om dit te vergroot. Foto's: Verskaf