AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

Niks kry die skape onder

In meer as vier jaar kon nóg gure weer nóg ongediertes vyf Merinohamels onderkry. Boonop het hulle geen lekaanvulling en dosering ontvang nie en is hulle gesonder as ooit.

Landbouweekblad was by toe die "verlore skape" na al die jare weer geskeer is.

Soos spookasems op vier bene betrag die vyf hamels jou wantrouig as jy nader kruip om hulle af te neem. Die een kap met sy voorpote uitdagend voordat al vyf in dolle vaart na die hoek van die kamp koers kies. Nie gewoond daaraan om vasgekeer te word nie, hol een hom amper disnis teen die draadheining, maar is binne sekondes weer op die been en tussen sy maters.

Dit is die buitengewone gesig wat Landbouweekblad onlangs begroet het op Blomplaas van mnr. Danie du Pisani (50) in die distrik Hofmeyr, waar vyf hamels na meer as vier jaar weer aangekeer kon word.

Du Pisani wat op sowat 8 000 ha met Merino's, Dorpers, Angoras en Bonsmaras boer, vertel dat hy in 2003, ná hy die buurplaas Doringkloof aangeskaf het, sowat 280 afgeskeerde hamellammers van sewe maande ouderdom in 'n kamp in die Bamboesberge ingejaag het. Toe hy die eerste keer daarna die trop bymekaar maak om die vee te tel, was die helfte weg. Omdat die berghange so steil is, het hy nie kans gesien om die vee dieselfde dag te gaan soek nie. Hy het besluit om maar te wag totdat hy die hameltjies sou bemark en dan sou hy werkers met perde in stuur om te kyk of almal nog daar was.

Toe hy 'n paar maande later die daad by die woord voeg, was daar sewe skape kort. "Omdat ek die plaas nog nie so goed geken het nie, het ek dadelik ongediertes die skuld gegee en gemeen dit moet maar jakkalse of rooikatte wees wat hulle tol kom opeis het. Later, toe ek die trop teen verlammingsbosluis behandel het, het ek gewonder of dié wat kort, nie dalk daaraan dood is nie."

Die volgende jaar, voordat hy besluit het om weer skape in die kamp te jaag, het hy besluit om eers een van sy werkers met 'n trop jaghonde die veld in te stuur om te kyk of hy nie van die ongediertes ontslae kan raak nie. Groot was sy verbasing toe die man terugkom en rapporteer dat hy die sewe skape bo-op die berg gesien het.

Toe Du Pisani later die vee bymekaarmaak, kon hy net twee van die sewe in die kraal kry. Die ander vyf (wat toe al meer as 'n jaar se wol op hulle gehad het) het, na hulle die veewagters gewaar het, weggebreek en weer die klowe in koers gekies. Een van die wagters het later kom sê dat die vyf hamels deurgebreek het na die buurplaas, waar daar net met wild geboer word.

In Augustus vanjaar het hy oplaas besluit dat sy werkers met sewe perde die "verlore skape" moet gaan soek. "Omdat hulle wol teen die tyd so lank was, was ek oortuig dat ons hulle maklik sou aankeer. Maar dit is net hier waar ek my lelik misgis het. Ons moes fisiek elke hamel met die perde jaag tot hy omgeval het, en elkeen na die vragmotor aandra. Dit was duidelik dat hulle heeltemal wild geword het.

"Wat my die meeste verbaas het, is dat die skape, ten spyte van meer as vier jaar se wol op, nog so lewenskragtig kan wees. Die volgende keer as 'n veemiddelsmous hier op die plaas aankom, moet hy aan my verduidelik hoe diere wat nog nie een keer in hulle lewe ge&eumlnt of doseer was nie, so gesond kan wees, " skerts Du Pisani.

Hy oorweeg dit om moontlik twee van die hamels vir navorsing aan die Landboukollege Grootfontein te skenk. Die hamels wat nou net volbek is, kan nog meer as twee jaar leef. Hy sê omdat die wol langer as 25 cm is, is dit min werd. Een van die kopers het aanbeveel dat hy dit stapel vir stapel probeer deursny sodat dit nie langer as 'n AA- lengte (12 cm) sal wees nie.

Een van die skape wat spesiaal vir Landbouweekblad geskeer is, se vag het 18,5 kilogram geweeg. Die hamel het, nadat dit afgeskeer is, 55 kg geweeg en was vet genoeg om onder die skêr bemark te word. Opvallend was dat die vag waarvan die lengte tussen 23 cm en 30 cm wissel, 'n besonderse egalige karteling en min verwering getoon het. Ondanks die lang penswol, wat urinebevlek was, was daar geen tekens van brommeraanvalle nie.

Du Pisani, wat sy eie ramme in 'n groepteelskema teel, meen dit spreek boekdele vir die aanpasbaarheid van die Merino. "As mens in ag neem dat die temperatuur op Blomplaas van 42°C in die somer tot minus 8°C in die wintermaande wissel en daar die afgelope vier jaar swaar sneeuneerslae in die omgewing was, wys dit maar net weer hoe aanpasbaar diere kan wees wanneer daar nie met die natuur ingemeng word nie. Dit laat my nogal wonder oor bestuurspraktyke waar die mens soms geneig is om vee dalk te veel te wil pamperlang," sê Du Pisani.

Landbouweekblad, 12 Oktober 2007

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
-0.0%
Rand - Euro
18.91
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
974.02
0.0%
Palladium
1,623.95
0.0%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
🎶 All we need is love
Onafhanklik, goeie waardes, sin vir humor, diere liefhebber, sagte hart. Geniet Park runs op Saterdae, beoefen skyf skiet as ook Karate. Mal oor musiek en geniet n rit op my...
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot