AFGRI
BEAN
09 Des
-
9420
0,00
CORN
09 Des
-
4391
0,00
SOYA
09 Des
-
10543
0,00
SUNS
09 Des
-
10900
0,00
WEAT
09 Des
-
6703
0,00
WMAZ
09 Des
-
4920
0,00
YMAZ
09 Des
-
4757
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Nuwe boek oor omgewing

‘n Nuwe boek oor die omgewing, waarin prof. Kobus van der Walt oor omgewingsvraagtukke skryf, is deur Landbouweekblad bekend gestel.

Altesaam 1,8 miljoen mense luister elke Saterdagoggend om 6:45 na prof. Kobus van der Walt van die Noordwes-universiteit wanneer hy op RSG oor aktuele omgewingsvraagstukke gesels. Nou is die grootste deel van sy praatjies in boekvorm beskikbaar.

Van der Walt se Omgewingspraatjies is saamgestel deur Jacques Claassen, ’n outeur en mediakonsultant van Kaapstad.

Van der Walt lewer die omgewingspraatjies op RSG soms aan die hand van vrae wat die algemene publiek vir hom stuur, maar hy reageer ook dikwels op aktuele gebeurtenisse, soos planne om gas in die Karoo te ontgin, die Foekoesjima-kernramp se impak op die voortgesette gebruik van kernkrag, ens.

Dink na oor die omgewing

Die praatjies sal elkeen wat dit lees, inspireer, inlig en laat nadink oor die omgewing. Van der Walt wys o.m. uit dat daar bykans net ’n half miljoen mense op die aarde sou gewees het indien die mens steeds sou moes oorleef deur wilde diere te jag en veldplante te eet, m.a.w. sonder kommersiële landbouproduksie. Hy kyk ook krities na die politici van die wêreld se onwilligheid om die bevolkingsontploffing met gepaste maatreëls te probeer bestuur.

Tien van die wêreld se grootste omgewingsvraagstukke word krities, maar op ’n baie verstaanbare manier, geanaliseer. Benewens die bevolkingsontploffing, sluit dit die volgende in: afvalbestuur, die skaarste aan genoeg skoon water, Suid-Afrika se energiekrisis, klimaatsverandering, die landbou- en mynbousektore, die gebruik van gifstowwe, die wêreld se biodiversiteit wat erg bedreig word en vervoervraagstukke.

Praktiese raad word onder meer gegee oor waterbestuur, alternatiewe energiebronne en hoe om hoë elektrisiteitstariewe teen te werk. Die hoofstuk oor biodiversiteit handel o.m. oor die wêreld se renosters wat uitwissing in die gesig staar en oor die plundering van die oseane se visbronne.

Die vraagstuk of klimaatsverandering mensgedrewe of bloot ’n natuurlike siklus is, word ook in diepte bespreek, terwyl verskeie oplossings aan die hand gedoen word vir Suid-Afrika se vervoerprobleme en die impak wat dit op die omgewing het.

Omgewingsvriendelike boererate

Van der Walt se Omgewingspraatjies bevat ook verskeie omgewingsvriendelike boererate as alternatief vir skadelike gifstowwe om peste en plae mee vas te vat.

Die boek word op ’n treffende manier afgesluit met enersyds ’n futuristiese blik op die omgewing, maar andersyds met toepaslike raad oor hoe jy meer bewus kan wees van die omgewing en dit meer kan geniet in die tyd waarin ons onsself op hierdie oomblik bevind. Elke hoofstuk is met ’n gepaste kleurfoto geïllustreer. Die boek beslaan 336 bladsye en is in ‘n sagteband A5-formaat gedruk.

Prys: Die boek se aanbevole kleinhandelsprys is R245 (BTW uitgesluit). Indien bestellings direk by Landbouweekblad geplaas word, is die prys wat BTW en posgeld insluit, R300.

Bestellings: Tel. (021) 406 4962 of e-pos lbw@media24.com.

13 April 2012

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.35
-1.0%
Rand - Pond
21.27
+0.1%
Rand - Euro
18.30
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.80
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,797.30
0.0%
Silwer
23.48
0.0%
Palladium
1,956.00
0.0%
Platinum
1,028.50
0.0%
Brent-ruolie
76.10
-0.1%
Top-40
68,351
+0.1%
Alle aandele
74,548
+0.1%
Hulpbronne 10
73,315
-0.7%
Industriële 25
92,605
+1.0%
Finansiële 15
15,401
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Ek soek my sielsgenoot, die een wat by my sal pas
Ek is baie saggeaard en my liefde vir my familie en diere vorm deel van wie ek is. Glo dat God ons nie gemaak het om alleen te wees nie
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot