AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9689,6
63,60
CORN
03 Feb
-
4495
-57,00
SOYA
03 Feb
-
8644
-3,00
SUNS
03 Feb
-
10118
-243,00
WEAT
03 Feb
-
6693
-35,00
WMAZ
03 Feb
-
4294,2
-34,80
YMAZ
03 Feb
-
4363
-34,00

Nuwe direksie vir KWV

Die maatskappy KWV Beherend het ’n nuwe direksie en voorsitter aangestel as deel van die ontknoping van KWV Bpk.

Die nuwe maatskappy KWV Beherend, wat nou ná KWV Bpk. se ontknoping die maatskappy se bedryfsaktiwiteite bestuur, het ’n nuwe direksie en voorsitter. Mnr. Danie de Wet, die KWV se voormalige voorsitter, het vandeesweek sy bedanking ingedien en is deur mnr. Thys du Toit vervang.


Du Toit dien in verskeie maatskappy se direksies en bestuur Rootstock Investments, ’n beleggingsmaatskappy,  en was voorheen ’n dekade lank die hoof uitvoerende beampte van die Coronation-beleggingsfonds. De Wet was sedert 1996 ’n lid van KWV se direksie en het van 2004 af as voorsitter gedien.


“Dié jare was vir my enorm verrykend. Ek is trots op die KWV. In my tyd hier het ek wonderlike mense ontmoet en met hulle saamgewerk. Ek sal altyd die beste ambassadeur vir die KWV bly,” sê De Wet. Du Toit het op sy beurt die geslagte van mense wat tot nou by die KWV betrokke was, vir hul “passie en energie” bedank en vereer.


“Ons lewe in dinamiese tye en met die ontknoping van die KWV het ons nou die geleentheid om te hervorm en om verandering teweeg te bring. Daar sal baie geleenthede wees om die maatskappy se kliënte, verbruikers, aandeelhouers, personeel en ander belanghebbendes in dié proses met ons saam te neem. Die nuwe KWV is ’n betreklik klein besigheid, met ’n sterk grondslag en baie potensiaal,” sê hy.


Mnre. Niel Ellis, Philip Retief, Khutso Mampeule, Abrie Botha, Jannie Mouton, Antonie Jacobs, Chris Wiese en Thys Loubser, hoof uitvoerende beampte, dien in die nuwe direksie. Hulle sal hul plek op 18 Augustus inneem. Dit is ook wanneer aandeelhouers hul nuwe aandeelsertifikate in Capevin Beherend en KWV Beherend sal ontvang.

Op die meegaande foto: Die KWV is een van Suid-Afrika grootste wyn- en brandewynvervaardigers.

Foto: DIE BURGER


23 Julie 2009

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.14
-0.3%
Rand - Pond
20.93
-0.2%
Rand - Euro
18.69
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Platinum
1,022.94
-0.2%
Palladium
1,683.39
+0.8%
Goud
1,913.85
+0.1%
Silwer
23.48
+0.0%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,681
+0.1%
Alle aandele
79,852
+0.1%
Hulpbronne 10
74,583
-0.1%
Industriële 25
102,805
+0.2%
Finansiële 15
16,575
+0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hardwerkende man wat hou van die natuur en besig wees.
Ek is n pappa van 4 kinders (2 seuns en 2 dogters). Hou baie van die buite lewe en geniet dit baie om te dans. n Aand uit is net so nodig soos n Sondag middag op die bank. Vat...
Kom ons sien wat gebeur
Wel eks nie iemand wat oordeel nie. Wees jouself. Ek luister graag. Eerlik en opreg en hou nie van jok nie. [removed]
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot