
Promosie-artikel:
Nematodes is mikroskopiese wurmagtige diertjies wat verskeie gewasse aanval en geweldige oes skade kan veroorsaak. Byvoorbeeld, in Florida, VSA vernietig dit tot 100% van lusern lande. Daar word bereken dat oes skade van sowat $100 biljoen jaarliks gely word, en in Suid Afrika spandeer boere sowat R257 miljoen aan spuitmiddels net op aartappels, mielies en groente.
Die fotos hieronder toon die skade wat nematodes aan ’n paar groente-soorte doen.
Nematodes boor in die vrug in waar hulle heerlik op hul gasheer teer, derduisende eiertjies kan lê en aanteel. Suid-Afrikaanse grondboontjieboere ly tans oesskades van tot soveel as 47% en as die wurmpies nie gekeer kan word nie versprei hulle wyer en kan hulle algehele oesskade veroorsaak.
Pan African Farms het hul navorsing op die mees vernietigende van hierdie spesies, naamlik endonematodes gevestig. Hierdie parasiete kruip binne-in plante in waar hulle op die gasheerplant teer en tot soveel as 500 eiertjies per broeisel lê. Weens hul kort lewenssiklus (sowat 1 maand) kan hierdie siklus oor-en-oor herhaal word afhangende van die lewensduurte van die plant. Duidelik eindig die plant met hordes van hierdie wurmpies.
Die maatskappy spog met ’n unieke tegnologie wat deur plant membrane beweeg om endonematodes te kan bykom. Hulle kon ook bewys dat hul tegnologie teenmiddels in staat stel om die nematodes binne te dring en die diertjies binne dae heeltemal te kan vernietig (sien foto regs hieronder). Belangrikste is dat die tegnologie ook nematode se eiers binnedring en selfs die eierdoppies vernietig (sien foto links hieronder).
Hierdie Resultate is met prof. D. Fourie, mede-professor van die Eenheid vir Omgewings Wetenskappe en Bestuur aan NWU bespreek en haar bevinding was as volg:
“The mode of action of liposomes as the carriers of eco-friendly compounds with antinematodal characteristics, as determined in initial experiments by Prof Driekie Fourie (NWU), proofs to have potential as a management tool to combat nematode pests. During in vitro pilot experiments, liposomes filled with antinematodal compounds adversely affected the motility of second-stage juveniles (J2) of the root-knot nematode Meloidogyne incognita. Furthermore, video material that showed how liposomes, containing antinematodal compounds, were able to move through the cuticle of M. incognita eggs in particular is exciting since this life stage of plant-parasitic nematodes is particularly difficult to eradicate. The ability of the antinematodal compounds to destroy the content of such eggs as well as J2, which were suspended in the liposome solution, suggests that this technology should be investigated further and have definite potential to reduce numbers of such pests remarkably”.
Uitdagings in behandeling tot dusver
Behandeling was moeilik en sukses beperk weens die volgende: eerstens was dit nie altyd moontlik om die nematodes by te kom nie; tweedens, weerstandigheid teen gifstowwe is ’n algemene probleem en verloor dus hul doeltreffendheid; derdens is meeste behandelings toksies en veroorsaak ’n kettingreaksie tot by die eindgebruiker. Dus is meeste van die gifstowwe reeds verban, of in die proses om verban te word. Daar is weinig alternatiewe behandelings beskikbaar.
Die oplossing
Die sleutel tot die sukses van Pan African Farms se sukses lé in hul holistiese benadering waar hulle die unieke eienskappe van hul kerntegnologie kombineer met die unieke eienskappe en vreetsug van hul teiken. Dit is ’n bitter klein hedendaagse Trojaanse perd wat vol gepak is van al die dinge wat hierdie parasiete mal oor is en ook nodig het. Maar binne-in is middels versteek wat selle, en dus ook nematodes vernietig.
Hierdie klein balletjie is so saamgestel dat dit optimale affiniteit tot die doelwit verseker. Hier word die basiese beginsels van ligand-reseptor-boodskapper-interaksie ingespan. Alles in ’n balletjie met ’n gemiddelde grootte van 7 nanometer. Die foto hieronder gee ’n prentjie van hierdie nano-balletjies.
Daar is goeie rede om te glo dat Pan African Farms ver gevorder het om hierdie plaag te help oorwin. Doeltreffendheid studies het reeds begin en die eerste resultate word teen Januarie 2016 verwag.
Vir enige navrae kontak asseblief vir Piet Meyer by 082 496 1043.