AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9689,6
63,60
CORN
03 Feb
-
4545,8
-54,20
SOYA
03 Feb
-
9285
-45,00
SUNS
03 Feb
-
10121
-240,00
WEAT
03 Feb
-
6652
-33,00
WMAZ
03 Feb
-
4327,8
-1,20
YMAZ
03 Feb
-
4392,8
-28,20

Nuwe melkkoöperasie vir Suid-Kaap

'n Nuwe melkkoöperasie is pas in die Suid-Kaap gestig.

'n Nuwe melkkoöperasie is pas in die Suid-Kaap gestig. Die Eden Melkprodusente-koöperasie se voorrangsaak is om sy produsente in 'n posisie te plaas om beter pryse vir hul melk te beding, sê mnr. Louwtjie van Dyk, die nuwe voorsitter.

Dié produsente-koöperasie sal hom beywer om verhoudinge tussen die melkprodusente en -kopers te verbeter en om aanvaarbaarder pryse vir produksiemiddele te beding.

Melk sal aan Ladismith Kaas gelewer word en onderhandelinge oor leweringskontrakte sal waarskynlik binnekort met dié maatskappy begin.

Die meeste van die sowat 25 lede wat reeds by die nuwe koöperasie ingeskryf is, lewer reeds hul melk aan Ladismith Kaas, sê Van Dyk.

Mnr. Koos Theron, hoof van Samelko op Stellenbosch, sal aanvanklik die administrasie van die koöperasie behartig totdat daar moontlik in die toekoms 'n kantoor op Riversdal geopen word. Tans word gepoog om alle koste, waaronder administrasiekoste, so laag moontlik te hou om dit vir die lede so bekostigbaar moontlik te hou.

Theron sê ál Samelko se lede is kontraktueel aan Parmalat verbind om hul melk aan hom te lewer. Daar sal dus geen van Samelko se lede aan die Eden Melkprodusente-koöperasie behoort nie.

Ná die stigtingsvergadering op 19 Julie is die nuwe naam aan die Registrateur van Koöperasies gestuur. Die registrasie daarvan behoort egter net 'n formaliteit te wees en Theron hoop dat die naam binne die volgende maand of so finaal geregistreer sal wees.

Van Dyk sê groot verwagtinge word vir die nuwe koöperasie gestel. "As dit suksesvol funksioneer, kan dit as 'n model vir soortgelyke koöperasies in ander streke dien."

2 September 2005

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.14
-0.3%
Rand - Pond
20.98
-0.4%
Rand - Euro
18.71
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Platinum
1,025.99
+0.1%
Palladium
1,697.04
+1.6%
Goud
1,913.84
+0.1%
Silwer
23.50
+0.1%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,831
+0.3%
Alle aandele
79,990
+0.2%
Hulpbronne 10
74,726
+0.1%
Industriële 25
103,007
+0.4%
Finansiële 15
16,611
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hardwerkende man wat hou van die natuur en besig wees.
Ek is n pappa van 4 kinders (2 seuns en 2 dogters). Hou baie van die buite lewe en geniet dit baie om te dans. n Aand uit is net so nodig soos n Sondag middag op die bank. Vat...
Kom ons sien wat gebeur
Wel eks nie iemand wat oordeel nie. Wees jouself. Ek luister graag. Eerlik en opreg en hou nie van jok nie. [removed]
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot