‘n Nuwe koringmeule om die bestaande aanleg op Hennenman in die Vrystaat te vervang, sal na verwagting Tiger Brands se kapasiteit met 25% verhoog, luidens ‘n berig van Bloomberg. Die koste van die nuwe meule sal sowat R561 miljoen oor drie jaar beloop.
Tiger bestuur vier meulens in Suid-Afrika en die nuwe aanleg sal noemenswaardige groei in die maatskappy se afdeling vir gebakte produkte meebring, sê mnr. Thabi Segoale, besturende direkteur.
Die maatskappy se finansiële resultate vir die jaar tot 30 September toon ‘n 8%-toename in omset tot R20,4 miljard. Die bedryfsinkomste het met 24% tot R3,1 miljard gestyg, lui ‘n berig van Foodbizdaily.com.
Bron:
26 November 2009