
Promosie-artikel:
Hierdie liggewig stewel met waterbestande, lugdeurlatende bokante bied volle veiligheidsbeskerming aan die toon en middelsool, met ’n gemiddelde gewig van 1,25 kg. ’n Hardwerkende stewel met uitstekende greep en glybestand.
Die stewel is onlangs onder droë toestande deur veldwagters in die Zululand Rhino Reserve getoets. Hulle het die Strident gemaklik, duursaam en liggewig gevind. Jagters vind ook dat die stewel stil is terwyl hulle prooi bekruip.
Neptun Boot het in 1977 in Westmead, Pinetown, ontstaan, met die doel om PVC-rubberstewels van hoë gehalte aan die algemene bedryf te verskaf, met ’n spesifieke fokus op die landboubedryf. Die besigheid het oor die jare gegroei en ontwikkel om die voorste vervaardiger van rubberstewels in Suider-Afrika te raak. Neptun se markomvang het oor die jare gegroei om gebiede so ver as Ghana, Australië, China, VAE, Peru en die Republiek van Ierland in te sluit en van Neptun ’n wêreldspeler te maak.
Die staatmakers in Neptun se reeks landbouprodukte is die Shova-™ en Marina-™ produklyne. Shova™ is ’n vollengte, uniseks-rubberstewel en Marina™ is Neptun se reeks damesrubberstewels. Albei is geskik vir algemene gebruik en is ook beskikbaar in bloed- en vetwerende weergawes. Die Shova-reeks is ook beskikbaar in Chelsea-, hengel- skoen- en klomp-weergawes. Die Marina-™ reeks is ook beskikbaar in ’n aantal modieuse kleurkombinasies, sowel as in klomp- en skoenweergawes.
Neptun het ook ’n reeks kinderrubberstewels, genaamd Clipper™ wat, afhangende van die soort skoen, ’n wye reeks markte bedien - van skoolskoenvervangings in die koue, nat, bergagtige landelike gebiede van Suider-Afrika tot modieuse stewels wat by voorste Suid-Afrikaanse handelaars verkoop word.
In 2005 het Neptun die Shosholoza™-rubberstewel vir die mynboubedryf bekend gestel. Hierdie stewel het ’n toekenning ontvang van die Design Institute of South Africa. Dit het die bedryf vir mynbourubberstewels op sy kop gekeer deur gepatenteerde enkel- en metatarsale beskerming bekend te stel, sowel as om skoengemaksvlakke na ’n rubberstewel te bring. Die Shosholoza™-rubberstewel spog met ’n staaltoon, staalmiddelsool en ’n metatarsale beskermer. Dit is ook beskikbaar as ’n breër stewel. Die stewel word regoor Suid- en Suider-Afrika aan al die groot mynboumaatskappye verkoop.
Neptun het verdere munt geslaan uit die sukses van die metatarsale beskerming wat die Shosholoza™ Metaguard-rubberstewel bied en die Stimela™ XP-stewel in 2013 bekend gestel. Dit is die wêreld se eerste metaalvrye, swaardiens-mynboustewel met ’n geïntegreerde metatarsale beskermer en is wêreldwyd gepatenteer. Die Stimela™ XP-rubberstewel is beskikbaar met ’n saamgestelde toonkap en ’n ondeurdringbare tekstiel-middelsool. Hierdie vlagskip-stewel is nou in aanvraag regoor Suider-Afrika, sowel as in Europa.
Neptun bied ook ’n omvattende naverkopediens aan sy kliënte met ’n toegewyde span tegniese verkoopsverteenwoordigers wat beskikbaar is vir enige geleentheid of uitdaging wat ons kliënte in die gesig staar. Ons roem daarop dat ons ons kliënte ondersteun deur die beste moontlike produkte en dienste te lewer aan die eindgebruiker.
Al Neptun se veiligheidsprodukte is gesertifiseer met die nuutste EN 20345- en SANS 20345-sertifiserings. Sowel die PVC- as die PU-vervaardigingsaanlegte is internasionaal gesertifiseerde aanlegte, goedgekeur deur SAI Global en die SABS.
Nader gerus vir Allister Robertson by e-pos: marketing@neptunboot.co.za of by Tel. 031 737 4500 sodat ons jou kan help om die regte stewel vir jou behoeftes te vind.