
Nuwe sakegeleenthede en hoë kommoditeitspryse het daartoe bygedra dat NWK sy omset in die jaar tot Februarie meer as verdubbel het. Sy omset het van R3,163 miljard tot R6,63 miljard gestyg.
Die maatskappy, wat op Lichtenburg in Noordwes gesetel is, se netto wins het van R106,8 miljoen tot R169,4 miljoen gestyg.
Mnr. Danie Marais, besturende direkteur, sê sake was veral aan die einde van verlede jaar goed. Weens marktoestande is die maatskappy egter nog nie gereed om op die JSE te noteer nie.
NWK vier vanjaar sy honderdste bestaansjaar.
Bron:
26 Junie 2009