AFGRI
BEAN
29 Nov
-
9295,8
143,80
CORN
29 Nov
-
4473
-5,00
SOYA
29 Nov
-
10265,4
160,40
SUNS
29 Nov
-
10905
51,00
WEAT
29 Nov
-
6795
-30,00
WMAZ
29 Nov
-
5271
-52,00
YMAZ
29 Nov
-
5103
-8,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Oesdag op internasionale radar

Die Nampo-Oesdag het homself as ‘n wêreldbekende landbouskou gevestig en die internasionale belangstelling daarin groei, sê Graan SA.

Die Nampo-Oesdag het homself as ‘n wêreldbekende landbouskou gevestig en die internasionale belangstelling daarin groei, sê Graan SA.

Mnr. Johan Loxton, bestuurder van kommersiële dienste by Graan SA, sê as oorsese landbou-ondernemings die Suid-Afrikaanse mark wil betree, maak hulle van die oesdag gebruik.

“Wat ons al baie ondervind het, is dat vervaardigers van ander lande die oesdag besoek om te sien wat in die plaaslike mark beskikbaar is. Soms sien hulle ‘n leemte, en dan nader hulle ons om hier uit te stal of hulle kontak ‘n plaaslike vervaardiger om vir hulle ‘n agent te word.”

Loxton sê hoewel hy nie ‘n statistiese toename in die aantal internasionale besoekers kan bevestig nie, kan hy wel sê dat ‘n groot getal internasionale joernaliste vanjaar die oesdag bywoon. “Ons vind dat die mediasentrum op die terrein baie meer deur internasionale joernaliste, veral Argentynse joernaliste, benut word.”

Amerika stal ook uit

Die Amerikaanse landboubedryf het homself ook dié week op Nampo Park gevestig deur sy eerste uitstalruimte bekend te stel. ‘n Afvaardiging van dié land het die afgelope paar jaar die Nampo-Oesdag besoek en besluit om maatskappye te nader om in Suid-Afrika te kom uitstal.

Sowat 10 uitstallers, waarvan die meeste van Noord-Dakota, het hul produkte aan die Suid-Afrikaanse mark kom bekendstel. Die landbou is die grootste bedryf in dié Amerikaanse staat, met sowat 90% van dié staat se grond wat bewerk word en die sektor is boonop die grootste werkverskaffer in die staat.

Volgens mnr. Linston Terry, die woordvoerder vir die landbou by die Amerikaanse ambassade in Suid-Afrika, is hierdie een van die projekte waarmee hulle beter samewerking met die plaaslike landbousektor wil bewerkstellig. “Ons hoop ook om bande te bou om Amerika se uitvoer te bemark.”

Fokus ook op Afrika-lande

Volgens Terry wil Amerika ook ‘n program, Fuel the future, loods, wat veral op 12 Afrika-lande fokus om armoede te verminder, en voedselproduksie en -sekerheid te verhoog.

Die afvaardiging het ook twee landbouskoue wat in Amerika gehou word, AG Connect en Iron Man, by die Nampo-Oesdag bekend gestel.

* Volgens Loxton onderhandel Graan SA met ‘n landbouskou in Amerika oor ‘n samewerkingsooreenkoms, nadat hy vroeër die week ‘n ooreenkoms met Expoagro, ‘n landbouskou in Argentinië, onderteken het.

21 Mei 2010

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.00
+1.0%
Rand - Pond
20.31
+1.1%
Rand - Euro
17.56
+1.1%
Rand - Aus dollar
11.37
+0.5%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,750.23
+0.5%
Silwer
21.26
+1.5%
Palladium
1,837.50
-0.6%
Platinum
1,006.00
+1.3%
Brent-ruolie
83.19
-0.5%
Top-40
66,816
-0.3%
Alle aandele
73,128
-0.3%
Hulpbronne 10
71,369
+0.8%
Industriële 25
88,068
-0.4%
Finansiële 15
16,117
-1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Avontuur saam, leef voluit saam.
Ons leef en laat leef, goedhartigheid, respek vol, doel gerig, hardwerkend, verantwoordelik, eerlik en opreg by my maaitjie, om alles te gee. Geniet natuur, asook kuns feeste...
Kom ons leer mekaar ken...
Ek sal graag iemand wil leer ken met min of meer dieselfde standaarde en uitkyk as ek op die lewe. Hou van musiek, buitelewe, avontuur. en sport. Onafhanlik en lief die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot