AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

Onderstrominge in Merinobedryf

Onderstrominge in die Merinobedryf kwel mnr. Theo Delport, Merino SA se voorsitter, en hy neem voor om dié kwessie met omsigtigheid te hanteer.

Onderstrominge in die merinobedryf en tussen lede van Merino SA is ‘n bron van kommer en is ‘n kwessie wat met omsigtigheid hanteer sal word, sê mnr. Theo Delport, voorsitter van Merino SA.


Deport het verlede week tydens die genootskap se jaarvergadering op Middelburg in ‘n klaarblyklike verwysing na die geskil tussen Konsortium en BKB gesê dat “geen persoon of persoonlike en selfsugtige wense teen die vooruitgang van die Merinoras opgeweeg sal word nie – selfs al moet ‘n paar lede ongelukkig voel.”


Hy het die versekering gegee dat hy die situasie met groot omsigtigheid sal hanteer en “eerlik en opreg” teenoor al die partye sal optree sou die kwessie na die oppervlakte kom. Delport het ook verwys na aanvalle van lede op die raad van Merino SA se sogenaamde onbetrokkenheid by teling.


“Daar is selfs gesê dat ons ruggraatloos voorkom en geen doelwitte in dié opsig het nie. ” Om dié rede is ‘n subkomitee saamgestel wat bestaan uit boere, raadslede en skaap- en wolraadgewers. Die komitee het ‘n ondersoek na al die prulfoute gedoen en die nodige veranderinge aanbeveel om alle onsekerhede wat mag bestaan het, uit die weg te ruim.


Mnr. Danie Vorster, hoofbestuurder van Merino SA, het in sy jaarverslag gesê dat die genootskap nou 291 geregistreerde lede het. Dit is vyf lede minder as ‘n jaar gelede. Op die 51 ramveilings waarvan uitslae ontvang is, is 2 920 ramme teen ‘n gemiddelde prys van R4 617 verkoop. Omset het met R13,5 miljoen (5,7%) gedaal en die gemiddelde prys was 7% laer as die vorige jaar.


Die vierjaarlikse internasionale Merino-konferensie word aanstaande jaar van 3 tot 5 Mei in Frankryk gehou word. ‘n Toer word beplan en Spanje, Portugal, Duitsland en Roemenië sal onder meer besoek word.


17 September 2009

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
+0.1%
Rand - Euro
18.91
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
974.02
0.0%
Palladium
1,623.95
0.0%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
🎶 All we need is love
Onafhanklik, goeie waardes, sin vir humor, diere liefhebber, sagte hart. Geniet Park runs op Saterdae, beoefen skyf skiet as ook Karate. Mal oor musiek en geniet n rit op my...
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot