
Volgens 'n verslag deur die Verenigde Nasies (VN) se Voedsel- en Landbou Organisasie (VLO) word 'n wêreldwye verlies van R739 miljard per jaar deur onkruide veroorsaak. Dit is gelyk aan 380 miljoen ton koring of meer as die helfte van die verwagte internasionale produksie vir 2009. Byna 70% van dié verliese kom in arm lande voor.
Skade deur onkruid is nie so op die voorgrond soos droogtes, insekte en siektes nie, meen mnr. Ricardo Labrada- Romero, die VLO se onkruidkenner. Onkruid saai stilweg verwoesting regdeur die jaar, elke jaar, en sommige onkruide kan 'n hele oes uitroei of die grond onvrugbaar vir jare daarna laat, sê het.
“Met die regte bestuur kan mense in Afrika meer grond beter onderhou. Omdat hulle dan meer tyd en grond tot hulle beskikking sal hê, sal hulle meer kos kan produseer,” sê Labrado-Romero.
25 Augustus 2009