Vyf onwettige besendings huide en velle wat van Namibië na Suid-Afrika op pad was, is deur Agri Inspec, die landbou-inspeksiediens, onderskep. Onwettige aktiwiteite rondom die verklaring van dié huide en velle, wat tussen September en November vanjaar versend is, is hierdeur oopgevlek.
Agri Inspec en Namibiese doeanebeamptes het saamgewerk om die onwettige besendings uit te ken nadat dié beamptes opleiding ontvang het om tussen verskillende soorte huide en velle te onderskei. Luidens ‘n mediaverklaring van Agri Inspec gebruik uitvoerders dikwels foutiewe tariefkodes om die betaling van uitvoerbelasting en heffings vry te spring.
8 Desember 2009