
’n Gran D’Or-dubbelgoud is aan die Ormonde-wynkelder by Darling se premier-rooiversnit Vernon Basson 2008, toegeken, terwyl die twee Sauvignon blancs elk goud verower het. Die eersgenoemde versnit moet nog vrygestel word. Drie silwer toekennings pryk ook in Ormonde se proelokaal vir die Ormonde Chardonnay 2011, Ormonde Cabernet Sauvignon 2008 en Ormonde Shiraz 2009.
Mnr. Michiel du Toit, keldermeester en wynmaker, sê die erkenning is wonderlik, veral so aan die begin van ’n nuwe somerseisoen. “Die toekennings is tekenend van ons credo: hande op in die wingerd en hande af in die kelder. Die ideale Darling-terroir, tesame met spanwerk en ons strewe na uitmuntendheid, sorg vir uitsonderlike wyne. Sonder twyfel waardeer ons ook die erkenning van die beoordelaarspaneel en die wynpubliek.”
Ormonde se volgehoue liefdesverhouding met Sauvignon blanc is alombekend en word bevestig deur die goue toekennings vir twee van dié uitsoekwyne in die reeks.
Die Chip off the Old Block Sauvignon blanc ’14 volg kort op die hake van sy 2013-voorganger gemeet aan toekennings en prestasies. In die spesialitietsreeks is die Ondine Sauvignon blanc 2013 ’n aromatiese, elegante, ligte wyn met groen ondertone.
In die silwer-kategorie is die Ormonde Chardonnay 2011 wat vir nege maande in Franse eikehoutvate verouder is. Die Ormonde Cabernet Sauvignon 2008 en die Ormonde Shiraz 2009 het albei silwer ontvang. Die pryswenners by Ormonde se proelokaal in Darling beskikbaar, ook vir aankope.
Proelokaaltye:
Maandag tot Vrydag: 09:00 tot 16:00
Saterdae en Openbare vakansiedae: 10:00 tot 15:00
Besoek gerus die kelder se webwerf vir meer inligting: www.ormonde.co.za