
Die aanplant van die purgeerboontjie (jatropha) vir die produksie van biobrandstof kan slegs gedoen word as ’n afbakeningspermit daarvoor toegestaan word. Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye moedig egter nie die aanplant daarvan aan nie weens omgewings- en ander redes.
Die Kabinet het dié plant en mielies afgekeur om as toevoermateriaal vir biobrandstof gebruik te word. Me. Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, het op ’n parlementêre vraag oor die gebruik van die purgeerboontjie vir biobrandstof gesê weens sy status as indringerplant moet ’n permit toegestaan word om dit te plant.
Die permit word slegs toegestaan nadat ’n omgewingsimpakstudie gedoen is. Geen permitte is tot dusver vir die aanplant daarvan in die land uitgereik nie.
Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 21 Augustus 2009.
14 Augustus 2009