AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Philipstown se kwilt-familie

‘n Kleurvolle laslapwinkel het Philipstown vandag die kwilt-middelpunt van die binneland - dalk nog die ganse land - gemaak.

Sowat 50 kilometer van De Aar, algemeen beskou as die middelpunt van Suid-Afrika se spoorwegstelsel, lê Philipstown, ‘n vaal Karoodorpie. Dis híér waar me. Nell-Marié van Eeden, wat bykans haar lewe lank in Pretoria gewoon het, haar kleurvolle laslapwinkel in 2005 kom oopmaak het wat dié dorp vandag die kwilt-middelpunt van die binneland - dalk nog die ganse land - maak.

Nell-Marié vertel dat sy, toe sy en haar narkotiseur-man en boorling van die Karoo, Anton, in 2004 na die plaas Brulfontein digby Philipstown getrek het, sy baie nuwe dinge gewoond moes raak: Die gebrek aan winkels wat oop is van sonop tot sononder, keurige restaurante en ‘n selfoonsein wat net so dan en wan sy verskyning maak. Álles dinge wat die Karoorvrouens goed gewoond is.

Maar Nell-Marié hét. Danksy haar lappieswinkel en haar nuwe kwilt-familie.

“Kyk,” sê sy, “kwilters is soos familie. As jy een hele dag langs iemand gesit en kwilt het, ken jy hulle daardie aand sommer baie goed. Ek was onlangs by ‘n geselligheid toe ‘n groep van sowat vyf van ons kwilters met mekaar gesit en gesels het. ‘n Buitestaander kom toe nader en vra: Dit lyk of julle mekaar baie goed ken. Is julle familie? Nee, ons is net kwilters.”

Byskrif: Me. Nell-Marié van Eeden (regs) en 'n kliënt.

Maar hoe het die hegte kwilt-familie op Philipstown tot stand gekom? Heel eenvoudig, reken Nell-Marié. Ons wou kwilt, maar ons het nie lap gehad nie. Toe begin Nell-Marié lap koop. ‘n Pragtige ou huis in die hoofstraat wat as winkel moes dien, het gevolg. Binne die winkel het die rakke meer en meer geword sodat Nell-Marié haar lappies van letterlik regoor die wêreld vir die vrouens van die Karoo kon uitstal. (En dit ís behoorlik uitgestal, danksy haar handlanger Willem, die seun van ‘n plaaslike draadspanner wat kan lap oprol soos sy pa kon draad span).

Het nie sy gelyke nie

Vrouens wat Die Laslappie Kontreiwinkel in Philipstown se hoofstraat aandoen, sê dié winkel het nie gelyke in Suid-Afrika nie. ‘n Onlangse besoeker uit Balito in Natal sê selfs dié winkel van Nell-Marié (wat Nell-Marié volhou is haar én haar kwilt-familie s’n, want “sonder hulle was dit ‘n nuttelose, leë plek”) hou kersvas by van die top kwiltwinkels in Amerika.

‘n Beskeie Nell-Marié erken later self dat sy nie weet van nóg ‘n kwiltwinkel tussen Kaapstad en Johannesburg wat die verskeidenheid lap wat hulle te koop aanbied, het nie.


Maar daar was ook uitdagings, vertel Nell-Marié. “Die groot verskaffers wou aanvanklik nie vir ons lap stuur nie, omdat ons hoeveelhede te klein was. Al hierdie gevegte moes ek aanvanklik oor ‘n plaaslyn ‘veg’, sonder internet of ‘n selfoon.” Vandag stuur verskaffers vir die Laslappie Kontreiwinkel net wat hulle wil hê, ongeag of dit 100 meter of 10 meter lap is!

Byskrif: In die winkel word lekker gesels en hard gewerk.

Wat begin het as ‘n groepie van 14 vroue in 2005, is nou ‘n groep van meer as 50 vrouens van so ver as Richmond en Vanderkloof wat weekliks saam kwilt en kuier. “Sommige van hulle kom elke Dinsdag by die winkel kwilt, ander sien ons net een maal per maand.”

Nuwe tegniek

Nell-Marié hulle poog ook om een maal per maand ‘n kundige te kry om vir hulle ‘n nuwe tegniek te kom leer. Sy sê sy sou beswaarlik dié kursusse sonder haar twee staatmakers en plaaslike inwoners, Emmerentia van Vuuren en Maryna Visser kon aanpak. Volwaardige kwiltkursusse wat drie tot vier dae duur word ook so ses keer per jaar aangebied by die winkel. Soos die onlangse een waar Elsa Kolver, boervrou van die distrik en bekende in die blommerangskikkingskringe in die wêreld, vir die vroue kom wys het hoe om handsakke te maak van regte blomme.

Nell-Marié nooi vrouens van regoor Suid-Afrika gul uit na hul kursusse wat deur ervare- en beginner kwilters van ver buite die Karoo se grense bygewoon word. “Ek is elke keer verstom as hier vrouens in die stofstraat stilhou van Durban, Kaapstad, Kimberley, Pretoria, waarookal.”

Sy vertel van ‘n vrou uit die Kaapstadse woonbuurt, Parow, wat onlangs by die Die Laslappie Kontreiwinkel ingekom het om te kom lap koop vir haar broer wat op die eiland St.Helena in die Suid-Atlantiese Oseaan woon. Dié het op die webblad van ‘n Afrikaanse koerant gelees van Philipstown se lappiesvrou en haar winkel en tóé sy suster opgekommandeer om lap uit die Karoo na St.Helena te stuur vir die artikels wat hy dáár ontwerp en maak vir ‘n plaaslike kunsmark. “Wie weet, dalk bied ons eersdaags ‘n kursus op St.Helena aan?” sê-vra Nell-Marié.

Byskrif: Nog 'n hoekie in die winkel.

Haar ideaal vir die winkel en Philipstown se kwilters? “Ek weet regtig nie,” sê Nell-Marié eerlik. Dan dink sy weer. “My ideaal is om vir die vrouens van die Karoo bekostigbare kursusse én materiaal te kan aanbied, en hulle te verryk.” Sy laat ook deurskemer dat dit nogal lekker sal wees as Philipstown die kwilthoofstad van die land word. En te oordeel aan hoe dié vrou dinge aanpak, is dit net ‘n kwessie van tyd.

Genot uit eie handwerk

Maar groter as dié droom is die mooi en die lekker daarvan om te sien hoe baie genot die vrouens uit hul eie handewerk put, vertel Nell-Marié. “Van die boervrouens wat nooit voorheen gewilt het nie, vertel dat hulle eens net opgestaan het in die oggend om bietjie te lees, middagete te maak, weer bietjie te lees, dalk in die veld te gaan stap en dan te gaan slaap. Dié vrouens staan nou met ‘n ander doel voor oë in die oggend op. Om deel te word van ‘n kwilt-familie verander jou lewe.”

Nell-Marié hoop dat reisigers van regoor oor die land van die N1 sal afdraai – hetsy oppad see toe van die Noorde af of oppad binneland toe uit die Suide – om by Die Laslappie Kontreiwinkel te kom inloer en ‘n koffie te drink. “As dit op ‘n Dinsdagmiddag is, kan jy boonop verseker wees van ‘n heerlike bord kos ook,” voeg sy by.

Die kans is goed dat jy daar gaan wegry en saam met Coenie de Villiers dié mooi woorde oor die Karoo sal wil sing: Al ry jy dalk net hier verby, daar is iets wat in jou agterbly en maak dat jy vir altyd hier wil bly . . .

Skakel gerus vir Nell-Marié by 053 665 0270 of stuur ‘n e-pos aan nellmarievaneeden@hotmail.com  vir meer inligting oor toekomstige kursusse en die winkel, wat elke weeksdag van 09:00 tot 17:00 oop is en Saterdae van 09:00 tot 13:00.

9 November 2010

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.46
+0.5%
Rand - Pond
21.27
+0.3%
Rand - Euro
18.31
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.69
+0.8%
Rand - Jen
0.13
+1.3%
Goud
1,767.24
-1.7%
Silwer
22.22
-4.1%
Palladium
1,874.00
-1.4%
Platinum
999.50
-2.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,543
+0.5%
Alle aandele
74,693
+0.5%
Hulpbronne 10
74,781
+1.0%
Industriële 25
91,501
-0.1%
Finansiële 15
15,595
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kok will Jou lewe bietjie geur gee
Ek is oop, spontaan, gemaklik, avontuurlustig en altyd n bok vir sports. Ek geniet die lewe en altyd n glimlag. Ek GLO die lewe kort altyd daai sprankel van n goeie humor sin.
Watter land volgende?
I am successful in business and love what I do. Looking for that special someone to share the sunsets with!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot