
Promosie-artikel:
Afrivet het 'n bestuurstelsel vir beeste en skape ontwikkel. Die hoofdoel is om gesonde bestuursadvies te verskaf wat jou plaas se produktiwiteit en winsgewendheid sal verbeter.
Plan A bespreek die verskillende periodes in die teelsiklus en bied relevante inligting rakende die spesifieke periodes. Dit bied ook voorstelle rakende produktoepaslikheid en seleksie. Plan A vir skape bied ook 'n webgebaseerde program waar jou pasgemaakte plan ontwikkel kan word. Dit bied 'n kalender met spesifieke aksies wat geneem moet word op 'n sekere tyd. Die wielprogram bied 'n oorsig van jou bestuurstelsel en inkorporeer die periodes soos in die Plan A- harde kopie.
Die afgelope paar jaar was daar 'n intense belangstelling in die ontwikkeling van 'n holistiese benadering tot diereproduksie. Dit beteken dat 'n volledige kuddegesondheidsprogram vir 'n spesifieke kudde ontwikkel moet word, eerder as om te fokus op 'n enkele komponent soos die inentingsprogram. 'n Kuddegesondheidsprogram integreer gespesialiseerde veeartskennis met die veeboer se kennis van die klimaat, die produksiesiklus van die kudde en weidingsbestuur op die spesifieke plaas.
Produkte en dienste van gehalte
Afrivet Business Management, as deel van hul missie om produkte en dienste van gehalte te lewer, het die voortou geneem om die Suid-Afrikaanse boer te help om 'n basiese kuddeplan te ontwikkel. Hierdie bestuurshulpmiddel sal die boer help om te fokus op die spesifieke gesondheidsbehoeftes wat geskep word deur die diere se produksiesiklus, sowel as die klimatiese omgewingsiklus in die boer se omgewing. Die doel is nie om veeartse te vervang nie, maar eerder om saam met hulle te werk om die boer te help om 'n spesifieke program vir sy diere en sy plaas te vestig. Die fondasie vir goeie dieregesondheid en optimale produksie word gelê deur goeie beplanning en die implementering van spesifieke bestuursaksies op die regte tyd.
Boere kan die geïntegreerde bestuurstelsel by Afrivet kry. Dit bestaan uit 'n aanvanklike analise deur konsultasies met Afrivet-agente, gevolg deur ondersteunende advies van Afrivet se veeartse. Bestuursplanne is beskikbaar vir vleisbeeste en skape. Die aanvanklike analisestelsel is verdeel in die vier dele van die produksiesiklus:
PERIODE 1: KALWING/LAM EN VOORBEREIDING VIR TELING
PERIODE 2: TELING EN VOOR-SPENINGSGROEI VAN KALWERS/LAMMERS
PERIODE 3: DRAGTIGHEIDSDIAGNOSE EN SPEEN VAN KALWERS/LAMMERS
PERIODE 4: DROËKOEI/OOIBESTUUR EN VOORBEREIDING VIR KALWING/LAM
Alle bestuur, inentings- en parasietbeheermaatreëls wat nodig is vir die seisioen word dus beplan vir elke kwartaal en nuttige produkte vir elke proses word in besonderhede bespreek.
Plan A word gesteun deur:
Goeie tegniese advies van een van ons vyf voltydse en ses konsultantveeartse. Hulle kan bereik word op die Afrivet-hulplyn: 0860 VEEARTS.
Goed uiteengesette tegniese brosjures.
Veld Talk-tegniese bulletins op die Afrivet-webwerf.
Een van die grootste, tegnies-opgeleide en toegeruste verkoopsmagte in Suider-Afrika.
Laai vandag nog Afrivet se aanlyn-toepassing af, registreer en staan 'n kans om jou deel van R200 000 te wen!
B's en V’s van toepassing.