AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Polemiek oor beeste en klimaat

’n Onlangse insetsel op die televisieprogram 50/50 oor die invloed van beesboerdery op die klimaat, het boere warm onder die kraag.

’n Onlangse insetsel op die televisieprogram 50/50 oor die invloed van beesboerdery op die klimaat, het deelnemers op Landbou.com se gespreksforum warm onder die kraag.


Volgens die program dui die Verenigde Nasies se statistiek aan dat vleisproduksie meer kweekhuisgasse vrylaat as vervoer. Die program wys ook spesifiek dat vleis en vleisproduksie in die toekoms een van die omgewingskwessies gaan wees waaroor gereeld gedebatteer gaan word.


“Ek het nie ’n studie oor die onderwerp gedoen nie, maar ek sal my kop op ’n blok sit dat die syfers wat daar weergegee is, so ver van wetenskaplike feite is, soos wat die ooste van die weste af is...


 “Syfers wat onder meer genoem is, is dat rooivleisproduksie loshande (nie net-net nie, loshande!) wat betref die koolstofspoor die grootste bydraer tot aardverwarming is.


 “Dit is ook genoem dat dit 100 000 liter water benodig word vir die produksie van 1 kg beesvleis. Hulle verwys natuurlik na voerkraalbeeste, maar steeds is dit vir my dik vir ’n daler,” skryf Jaco Kriek.


'n Ander opinie

Dassie Mulder skryf: “Ek het al gehoor van 10 000 liter per kilogram steak (vleis, nie liggaamsgewig nie). Dit kan waar wees, want as ’n bees 50% uitslag (baie rofweg) met ’n voeromset van 5 kg voer per kilogram liggaamgewigstoename (ook baie rofweg), dan benodig jy 10 kg voer vir elke kilogram steak.


“Die meeste plante benodig tussen 500 liter en 1 000 liter water om 1 kg droëmateriaal te produseer, wat dus beteken dat jy tussen 5 000 liter en 10 000 liter water per kilogram steak benodig net vir die voer. Dan moet jy nog seker 20 liter per dag vir drinkwater voorsien vir 850 gram per dag, dus nog 25 liter drinkwater per kilogram steak, wat weglaatbaar is. 


“Verder het jy ’n koei nodig wat seker 5 kg voer per dag vreet om ’n 250 kg-karkas (haar kalf s’n) oor 400 dae te lewer, dus ’n verdere 8 kg voer per kilogram steak, dus ’n verdere 4 000 liter tot 8 000 liter per kilogram steak. Hier het ek rof geraai, want ek weet nie wat is ’n koei se onderhoud wat droëmateriaal betref nie. Ek kom dus onder 20 000 liter per kilogram steak uit.


“Van koolstof en koostofkrediete weet ek boggerol, maar bind hierdie voer nie ook koolstof wat dalk sy koolstofspoor uitwis nie?”


Geen bewyse

Frank Kratz gee ook sy mening. “Ek het redelik baie hieroor opgelees, maar kan net noem dat daar géén wetenskaplike bewyse vir daardie stellings is nie. As julle dit Google, veral op Australiese webblaaie, sal julle sien dat hier ontsettend belangrike faktore nie in aanmerking geneem word nie.


“Daar is in die laaste jare baie wetenskaplike navorsing deur toonaangewende universiteite in dié verband gedoen. Daar is wel groot bydraes tot die koolstofspoor deur veral voerkrale, maar dit is baie minder vir diere op weiding.


"As hulle van 100 000 liter water praat, word bereken alle water vanaf die besproeiing van die graan, die skoonwas van die trekker en ploeg, die skoonwas van voerkrale en enige voertuie wat graan, beeste of verwerkte vleis vervoer, die skoonwas van die slagplaas en die slagterye en selfs in die huishoudings by die voorbereiding en die afwas van borde.


"Dit is dus nie wat die diere suip nie. Daaruit kan gesien word dat voerkrale natuurlik meer sal bydra tot die koolstof, want al daardie brandstof in die hele ketting word bygebring. As jy na diere op weiding kyk, hang hierdie gedeelte af van die hoeveelheid byvoeding en of weiding aangeplant is. Dit sal betreklik klein wees vir diere op natuurlike weiding.


"Buitendien gee beeste op graan en kragvoer meer koolstof en ander gasse af in hul vertering as dié op weiding.


Natuurlike siklus

“Wat die mense totaal buite berekening laat, is die natuurlike siklus.


"Daarmee bedoel ek dat alle diere in ’n wereld sonder mense ’n sekere hoeveelheid koolstof sou afgee en die hele siklus kan nie daarsonder voortbestaan nie, want daar is ander gedeeltes in die siklus wat afhanklik is van die koolstof en daarsonder sou die hele siklus inmekaarstort.

"Hierdie hoeveelheid koolstof (en ander kweekhuisgasse) is om en by dieselfde of daar beeste, buffels, olifante of kangaroes wei. Ons moet nou daardie gedeelte as gegewe en deel van die natuur aanvaar.

"Die probleem is die bykomende gasse wat deur die mens en sy bedrywe in die stelsel ingepomp word en wat die stelsel nie kan verwerk nie. Pleks van aandag te skenk aan hierdie bykomende besoedeling en dit te bekamp, wil hulle die natuurlike bronne beperk.


"Die meeste mense is te lui om vir hulself te dink en te ver van die plaaslewe verwyder om te besef watter bollie aan hulle vertel word. Die boere moet hul saak reg stel en die stedelinge moet veral meer by die plaaslewe betrek word en ervaar waar hul voedsel vandaan kom (melk kom uit ’n koei nie die supermark nie)."


Mias Adams stem nie heeltemal saam met wat Dassie Mulder skryf nie.


“Ag nee wat, Dassie, ’n boer redeneer mos nie so nie. In ’n sekere kamp A van ongeveer 60 ha loop 100 speenverse. Hulle kry water uit ’n krip wat deur die Bergrivier gevoed word. As hulle 14 maande tot 15 maande oud is, kom die bul by en op die ouderdom van 24 maande kalf hulle almal.


“In ’n ewe groot kamp B langsaan groei koring wat in November gestroop word en die koring (pitte) word verkoop om brood mee te maak. Met ’n vog-inhoud van 14% gaan bitter min water van die grond af saam met die koring.


“As kamp A kaal gevreet is, skuif die verse (koeie) na kamp B waar hulle bly tot die volgende jaar se strooptyd. In April word kamp A gesaai en die proses herhaal homself jaar na jaar. Nou hoeveel water het die beeste nou gebruik om elkeen ’n speenkalf te lewer?


'Doodeenvoudig'

"Doodeenvoudig: Weeg die kalf en bepaal watter persentasie van sy vleis/vel/bene is water. Kom ons reken op 70% en die kalf weeg 200 kg. Daardie kalf het presies 140 kg water gebruik en die meeste daarvan kan by die slagplaas herwin word.


“Die meeste van die water wat aan hulle deur die krip en deur groen plante en waterpoele voorsien is, is op die land geürineer waar dit aangewend word om die koring, ens., te laat groei. Die bietjie water in hul voer was, gaan dieselfde roete.


“ ’n Mens moet eerder kyk na die volle siklus waar water gebruik word om minerale uit die grond te haal deur die plant, die dier vreet dit, verwerk dit in humus (mis) en sit dit terug op die grond waar wurms en ander goggas dit in die grond verwerk. So word plantegroei gestimuleer wat weer CO2 uit die lug haal en in die grond vaslê.


“Eenvoudige grondontledings sal vir jou bewys hoeveel koolstof in die grond vasgelê word deur diere daarop te laat loop. Die ou spul wat die somme maak, is gek, moedswillig en soek iemand om te blameer. Waar kry jy ’n makliker teiken as die boer?”


21 November 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.46
+0.5%
Rand - Pond
21.27
+0.3%
Rand - Euro
18.31
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.69
+0.8%
Rand - Jen
0.13
+1.3%
Goud
1,767.24
-1.7%
Silwer
22.22
-4.1%
Palladium
1,874.00
-1.4%
Platinum
999.50
-2.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,543
+0.5%
Alle aandele
74,693
+0.5%
Hulpbronne 10
74,781
+1.0%
Industriële 25
91,501
-0.1%
Finansiële 15
15,595
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kok will Jou lewe bietjie geur gee
Ek is oop, spontaan, gemaklik, avontuurlustig en altyd n bok vir sports. Ek geniet die lewe en altyd n glimlag. Ek GLO die lewe kort altyd daai sprankel van n goeie humor sin.
Watter land volgende?
I am successful in business and love what I do. Looking for that special someone to share the sunsets with!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot