
Klein Karoo Veilings & Veebemarking het ’n vakature in Oudtshoorn vir ’n veebemarker. Die suksesvolle kandidaat se belangrikste verantwoordelikhede is die bemarking van lewende hawe, volstruise ingesluit, asook noue betrokkenheid by die werwing en hantering van vee en spesiale veilings.
Minimum vereistes
Diegene wat belangstel om aansoek te doen vir die pos benodig ’n matrieksertifikaat en twee tot drie jaar se ondervinding in ’n landboubemarkingsomgewing. ’n Diploma in landbou en goeie kennis van vee en die volstruisbedryf sal ook in die suksesvolle kandidaat se guns tel.
’n Selfgedrewe, energieke persoon wat goeie menseverhoudinge handhaaf, goed kommunikeer en onafhanklik of in ’n span kan werk, sal in dié pos pas. Bereidwilligheid om na-ure en oor naweke te werk, asook ’n geldige bestuurderslisensie, is noodsaaklik vir die suksesvolle kandidaat.
Indien u aan bogenoemde vereistes voldoen en belangstel om in aanmerking te kom vir hierdie pos kan u ’n volledige CV met ’n kopie van u ID en gesertifiseerde afskrifte van u matrieksertifikaat en relevante kwalifikasies, stuur aan:
Gert Bezuidenhout; Klein Karoo (Edms) Bpk; Posbus 241; Oudtshoorn 6620 of e-pos: gbezuidenhout@kleinkaroo.com (geen fakse asseblief)
Sluitingsdatum: 5 Mei 2017 om 12:00 (Indien daar binne ses weke na die sluitingsdatum geen terugvoering ontvang is nie, kan die aansoek as onsuksesvol aanvaar word.)