
Mnr. Norman Cornellissen, ’n opkomende gewas-en-veeboer, is verlede jaar vir die tweede keer as Nuwe Produsent van die Jaar vereer op GWK se Icons-byeenkoms. Deur skouer aan die wiel te sit en presisieboerderybeginsels te volg het hy gekom waar hy vandag is.
“Ja, dis lekker om die pryse te ontvang. Dit gee erkenning aan jou harde werk en dit motiveer ’n man so ’n bietjie,” vertel mnr. Norman Cornellissen van die Vaaldam-boerdery naby die Heuningneskloof-stasie (tussen Kimberley en Hopetown), waar hy op die stoep van sy nuutgeboude huis sit.
Sy familie is al meer as 100 jaar in die omgewing en deur die verloop van die geskiedenis het sy voorgeslagte dit bekom. Norman het destyds as kontrakteur en in die myne in die Noord-Kaap gewerk, maar weens ’n ongeluk het hy en sy vrou, Claudette, op 28-jarige ouderdom gaan boer.
Toe hul kinders moes skool toe, het hulle vir eers naweekboere geword en op Kimberley gaan woon tot hul studies klaar is. Maar nou is Norman en Claudette en sy ouers, David en Bertha, terug op Vaaldam, waar hulle in alle erns boer.
Norman vat voor met gewasse en David hou die leisels by die vee-vertakking. Hulle huur ook 600 ha grond aangrensend tot die plaas. “Boerdery was nog altyd maar in my en my pa se bloed,” vertel Norman.
Kliek op die PDFs hier onder om die volledige artikel te lees.
• Dié artikel is geborg deur GWK. Besoek GWK se webblad by http://www.gwk.co.za/