AFGRI
BEAN
02 Feb
-
9604
-189,00
CORN
02 Feb
-
4550,4
-19,60
SOYA
02 Feb
-
8815
-94,00
SUNS
02 Feb
-
11369,8
71,80
WEAT
02 Feb
-
6722
-47,00
WMAZ
02 Feb
-
4298,6
-13,40
YMAZ
02 Feb
-
4419
-26,00

Produksie van oliesade moet verhoog

Selfonderhoudendheid van sojabone is 'n groot bron van kommer, en maatreëls moet in plek wees om die produksie van oliesade te verhoog.

Die beleidsaksieplan vir die landbou het (Apap) het die verdere ontwikkeling van die hoender-, oliesade- en melkwaardeketting geïdentifiseer om die land selfonderhoudend in dié produkte maak.

Mnr. Mosioua Lekota, Cope-LP, wou by mnr. Senzeni Zokwana, Minister vir Landbou, Bosbou en Visserye, weet wat gedoen word om Suid-Afrika selfonderhoudend rakende hierdie produkte te maak.

Zokwana het gesê daar is nou 100 miljoen slaghoenders en 32 miljoen lê-henne in die land wat tot 127 miljoen hoenders op ’n gegewe tyd produseer. Die omset van slaghoenders wat op 35 dae geslag word, lei tot sowat 1,6 miljoen ton hoendervleis en ’n miljard slaghoenders wat per jaar geslag word. Dit verteenwoordig ’n toename van 135% in die hoendervleis wat die afgelope 20 jaar geproduseer is. Ten spyte van die afname in melkboere, wat verminder het van meer as 6 000 na 1942, het melkproduksie die afgelope 20 jaar met 39,5% verhoog. Produksie per produseerder het ook van 697 liter per dag na 3 650 liter toegeneem.

Hy het gesê die Apap wil die afname in melkboerdery aanspreek en die volume melk wat in die land geproduseer word, verhoog.

Verlde jaar was die land selfonderhoudend wat sojabone en kanola betref soos gemeet deur die kommersiële saadproduksie teenoor die kommersiële verbruik daarvan. Maar selfonderhoudendheid rakende sonneblom en grondbone was onderskeidelik slegs 81% en 71%. Dit beteken dat die plaaslike vraag hierna deur invoer ondersteun moet word.

Maar die gebruik van oliesade as ’n roumateriaal in dierevoer wys dat 71% van die soja-oliekoek tussen April 2013 en Maart vanjaar ingevoer is. Dit wys dat die produksie van sojabone en die parsing daarvan hier ver onder die markvereiste is gegewe dat die soja-oliekoek 14% van die roumateriaal uitmaak wat in dierevoer gebruik word.

Oor dieselfde tydperk is 18% grondboon-, 22% sonneblom- en 3% kanola-oliekoek ingevoer. Die kanola-oliekoek maak minder as 0,5% van die komponente van dierevoer uit.

Zokwana het gesê die slotsom kan dus gemaak word dat selfonderhoudendheid betreffende sojabone ’n groot bron van kommer is. Huidige maatreëls om produksie van oliesade te verhoog sluit in die toepassing van ’n regulatoriese raamwerk en die ontwikkeling en verskaffing van inligtingsmateriaal en dienste om volhoubare produksie te verseker. Die Apap is ook ontwikkel wat fokus op die ontwikkeling van die waardekettings van strategies belangrike kommoditeite, waar sommige van die oliesade ’n integrale deel van die waardekettings vorm.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.08
-0.2%
Rand - Pond
20.90
+1.0%
Rand - Euro
18.63
+0.6%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.6%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Platinum
1,020.69
+0.9%
Palladium
1,652.17
-1.0%
Goud
1,913.50
-1.9%
Silwer
23.47
-2.1%
Brent-ruolie
82.84
-3.2%
Top-40
73,629
-0.1%
Alle aandele
79,802
-0.0%
Hulpbronne 10
74,686
-0.6%
Industriële 25
102,624
+0.1%
Finansiële 15
16,551
-0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Let's meet for 🍷🍷We will know if there is a connection
I love too make a fire for the braai, open a bottle of red, enjoy lots of laughtterr but can also do the romantic dinner or picnic in the bush. Can go on for ever here but then...
Kom Ons Gesels😁
Ek is n moeilieke meisie, maar watter meisie is nie??? Ek het twee pragtige dogtertjies, so meeste van my tyd word saam hulle spandeer😁 Ek hou van dans maar het nog...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot