AFGRI
BEAN
09 Des
-
9600
95,00
CORN
09 Des
-
4405,4
14,40
SOYA
09 Des
-
10400
72,00
SUNS
09 Des
-
10530
69,00
WEAT
09 Des
-
6751
-13,00
WMAZ
09 Des
-
4780
-31,00
YMAZ
09 Des
-
4730
-2,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Produksie van vrugte bekyk, deel 2

Suid-Afrika produseer ’n verskeidenheid vrugte. Kobus Smit bespreek die produksie van piesangs, papajas, koejawels en lietsjies.

Produksie en bruto waardes

Piesangs

Piesangproduksie was die afgelope dekade betreklik bestendig en het gewissel tussen 350 000 ton en 400 000 ton. Die swakste oes was in 2003/’04 met 277 000 ton, en die beste oes in 2008/’09 toe 404 000 ton gelewer is (blou lyn in grafiek 1).


Die bruto waarde het van R564 miljoen in 2001/’02 tot R1,218 miljard in 2009/’10 gestyg. Dit is ’n toename van 116%. In 2010/’11 het dit egter die eerste keer die dekade gedaal, maar dit het steeds bo R1 miljard gebly (rooi lyn in grafiek 1).


Dit is interessant om daarop te let dat, hoewel ’n geringe styging in produksie die afgelope seisoen voorgekom het, die bruto waarde nogtans sterk afgeneem het. Dit dui op ’n taamlike sterk afname in die gemiddelde produsentepryse die afgelope seisoen.




Grafiek 1


Papajas

Die produksie van papajas was in 2001/’02 meer as 22 000 ton en het daarna gedaal om vir die volgende nege jaar nie weer 20 000 ton te haal nie. Die 12 000 ton wat in die jongste seisoen geproduseer is, is die laagste die afgelope tien jaar.


Produksie het die afgelope tien jaar met 46% afgeneem (rooi lyn in grafiek 2). Die produksie van hierdie gewilde vrug is dus beslis op die afdraande pad. Die bruto waarde van papajas was R41 miljoen in 2001/’02. Dit het daarna vir twee jaar effens afgeneem, waarna dit skerp begin styg het tot R63 miljoen in 2010/’11. Die toename sedert 2001/’02 beloop 54%.


Koejawels

Die produksie van koejawels die afgelope tien jaar was bestendig en het gewissel tussen 25 000 ton en 30 000 ton per jaar. Slegs in 2003/’04 en in 2009/’10 het dit tot net onder 25 000 ton gedaal (blou lyn in grafiek 2).


Verlede seisoen het dit 27 000 ton beloop. Die bruto waarde van koejawels het met 140% gestyg van R20 miljoen in 2001/’02 tot R48 miljoen in 2010/’11. Behalwe vir ’n effense afname verlede jaar, toon dit ’n deurlopende styging oor die dekade.



Grafiek 2


Lietsjie-produksie

In 2001/’02 is 5 000 ton lietsjies geproduseer. In die volgende seisoen het produksie tot 12 000 ton opgeskiet om binne twee jaar tot 4 000 ton te daal. Daarna blyk dit egter of Lietsjie-produksie tussen 4 000 ton en 6 000 ton per jaar stabiliseer (groen lyn in grafiek 2).


Die bruto waarde van lietsjies was R35 miljoen in 2001/’02. Dit het die volgende seisoen saam met die produksie meer as verdubbel tot R80 miljoen, daarna teruggesak en vir die res van die dekade tussen R35 miljoen en R40 miljoen gestabiliseer.


Bemarking

Piesangs word hoofsaaklik plaaslik op die varsproduktemarkte verhandel. Verlede seisoen is 242 000 ton, dus meer as 60% van die totale produksie, deur dié markte verkoop (groen lyn in grafiek 1 hierbo). Let op hoe die varsmarkverkope feitlik dieselfde kurwe vertoon as die blou produksielyn.


Pryse het met 132% gestyg van R1,64/kg in 2001/’02 tot R3,84/kg in 2010/’11. Met een enkele uitsondering (2004/’05) het pryse jaarliks gestyg. Regstreekse bemarking aan groot kleinhandelaars is waarskynlik een van die vernaamste bemarkingsmetodes, maar betroubare statistiek daarvoor is ongelukkig nie beskikbaar nie.


Pryse van dié bemarkingsmetode het waarskynlik afgeneem en ’n invloed gehad op die daling in die bruto waarde. Baie min piesangs word verwerk (gedroog of versap) en minder as 1% word uitgevoer.


Papajas

Sowat twee derdes van die papajaproduksie word gemiddeld op die varsproduktemarkte verhandel. Die tonnemaat bemark het egter, net soos die produksie, met byna die helfte verminder.


Dit het die afgelope tien jaar vanaf 15 368 ton in 2001/’02 tot 8 291 ton in 2010/’11 gedaal (rooi lyn grafiek 3). Pryse op die markte het in dié tyd met 177% toegeneem vanaf R2,29/kg tot R6,33/kg (rooi lyn in grafiek 4).


Slegs klein hoeveelhede papajas word uitgevoer terwyl dit tog taamlik goeie pryse behaal. Verlede jaar was dit gemiddeld R11,47/kg. Regstreekse lewering aan groot kleinhandelaars neem toeneem.


Koejawels

Die hoeveelheid koejawels op die varsproduktemarkte bemark, beloop sowat 11%. Die tonnemaat het die afgelope tien jaar met 13% afgeneem en was net 2 679 ton in 2010/’11 (blou lyn in grafiek 3). Pryse het egter goed gestyg van R2,75/kg tot R6,79/kg.


Dit is ’n toename van 146% (blou lyn in grafiek 4). Die belangrikste bemarkingskanaal vir koejawels is egter verwerking. Sowat 86% van die koejawel-oes word verwerk. Hoeveelhede het gewissel tussen 20 000 ton en 25 000 ton oor die laaste tien jaar.


Pryse het van R0,48/kg in 2001/’02 tot R1,20/kg in 2010/’11 gestyg. Hoewel dit ’n toename van 152% is, is dit minder as een vyfde van die pryse op die varsprodukte markte. Hier het ons dus dieselfde situasie as by pynappels in die vorige artikel.






Grafiek 3


Lietsjies

Sowat 40% tot 50% van Suid-Afrika se lietsjie-oes word op die varsproduktemarkte verhandel. Die volume verkoop, was betreklik konstant en het rondom 2 000 ton per jaar gewissel (groen lyn in grafiek 3). Pryse het met 85% van R6,39/kg in 2001/’02 tot R11,84/kg in 2010/’11 gestyg.


Dit was die laaste twee seisoene meer as R10,00/kg (groen lyn grafiek 4). Met lietsjiesap as een van die gewildste vrugtesappe, kan aanvaar word dat ’n groot deel van die oes daarvoor gebruik word. Betroubare statistiek oor die volumes asook pryse is ongelukkig nie geredelik beskikbaar nie. Baie min lietsjies word uitgevoer.




Grafiek 4


Gevolgtrekkings

Piesangs

Produksie stabiliseer net onder 400 000 ton met ’n bruto waarde (inkomste) die afgelope twee jaar van meer as R1 miljard. Dit is grootliks die gevolg van goeie pryse wat op varsproduktemarkte behaal is. Die skynbare daling in pryse van regstreekse bemarking aan groot kleinhandelaars is die gevolg van vaste kontrakte en ’n gebrek aan mededinging op die vrye mark.


Papajas

Die totale produksie asook die lewering aan die varsproduktemarkte daal met die helfte. Daarteenoor styg bruto waardes en markpryse skerp. Dus ’n goeie voorbeeld van die werking van die vrye mark. Die afname in produksie is egter kommerwekkend.


Koejawels

Die gereelde goeie groei in bruto waarde en varsmarkpryse kon as stimulis dien vir uitbreiding in produksie. Pryse vir verwerking is egter droewig swak vergeleke met varsmarkpryse en is teenproduktief.


Lietsjies

Produksie en bruto waardes is die laaste sowat agt jaar taamlik bestendig terwyl varsmarkpryse in dieselfde tyd goed gestyg het. Dit laat ons met die implikasie dat pryse vir verwerking (in besonder versapping) ’n remmende invloed op inkomste gehad het.


BRONNE:

KORTBEGRIP VAN LANDBOUSTATISTIEK - 2011; DEPARTEMENT VAN LANDBOU, BOSBOU EN VISSERYE .


DIREKTORAAT LANDBOUSTATISTIEK; DEPARTEMENT VAN LANDBOU, BOSBOU EN VISSERYE.


27 Oktober 2011


Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.36
-1.1%
Rand - Pond
21.29
-1.3%
Rand - Euro
18.29
-0.9%
Rand - Aus dollar
11.81
-1.5%
Rand - Jen
0.13
-1.2%
Goud
1,797.73
+0.5%
Silwer
23.50
+1.9%
Palladium
1,963.22
+1.7%
Platinum
1,030.76
+2.1%
Brent-ruolie
76.15
-1.3%
Top-40
68,351
+0.1%
Alle aandele
74,548
+0.1%
Hulpbronne 10
73,315
-0.7%
Industriële 25
92,605
+1.0%
Finansiële 15
15,401
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Ek soek my sielsgenoot, die een wat by my sal pas
Ek is baie saggeaard en my liefde vir my familie en diere vorm deel van wie ek is. Glo dat God ons nie gemaak het om alleen te wees nie
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot