AFGRI
BEAN
09 Des
-
9420
0,00
CORN
09 Des
-
4391
0,00
SOYA
09 Des
-
10543
0,00
SUNS
09 Des
-
10900
0,00
WEAT
09 Des
-
6703
0,00
WMAZ
09 Des
-
4920
0,00
YMAZ
09 Des
-
4757
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Produksiekoste styg met 17%

Die landbou se besteding aan brandstof het die afgelope twee jaar verdubbel, maar veevoer is steeds die grootste enkele item in produksiekoste.

Die landbou se besteding aan brandstof het die afgelope twee jaar bykans verdubbel, maar veevoer is steeds die grootste enkele item in produksiekoste.

Boere in Suid-Afrika bestee jaarliks miljarde rande om te kan boer. Baie rande word bestee aan die verkryging van duur items, soos store/skure, trekkers en ‘n verskeidenheid van werktuie. Dié is egter produksiemiddele met ‘n lang leeftyd, wat nie jaarliks vervang word nie. Die spreekwoordelike jakkalse wat die wingerd verniel, is daardie items wat jaarliks in die produksieproses “opgebruik” word.

Intermediêre goedere en dienste, soos brandstof, kunsmis, veevoer is jaarliks verreweg die grootste koste-items op die totale uitgawestaat vir die landbou in Suid-Afrika.

In die 2008/’09 produksiejaar het boere R67,647 miljard aan inset- of produksiekoste bestee. (Die produksiejaar strek van Julie tot Junie die volgende jaar). Dié syfer is R10,268 miljard of 17,9% meer as die R57,379 miljard wat in 2007/’08 bestee is.

Sewende styging van meer as 10%

Dit is die sewende styging van meer as 10% die afgelope tien jaar. Slegs in die drie jaar 2003/’04 tot 2005/’06 was die stygings kleiner as 10%. Die styging in insetkoste in die tien jaar van 1999/2000 tot 2008/’09 was 174%.

Die meeste geld is verlede jaar bestee op alle soorte veevoere, nl. R15,263 miljard. Dit verteenwoordig byna 23% van die totale besteding aan insetkoste. Voere was die afgelope tien jaar deurlopend die hoogste bestedingsitem. Dit het in 2008/’09 met 8,2% gestyg vanaf die vorige jaar, toe die besteding R14,112 miljard beloop het. In die tien jaar sedert 1999/2000 was die styging 126,4%.

Die naasgrootste besteding was aan brandstof, nl. R12,075 miljard. Dit is 44% meer as die R8,387 miljard in die vorige jaar. In 2007/’08 het die besteding met 38,7% gestyg vanaf die vorige jaar. Dit beteken dat die besteding aan brandstof die afgelope twee jaar bykans verdubbel het. Tien jaar gelede was die besteding slegs R2,645 miljard, wat ‘n styging van 356,5% beteken oor die tien jaar tot 2008/’09. Die besteding aan brandstof was die afgelope tien jaar deurlopend die tweede hoogste.

Afname in koste van kunsmis

Die besteding aan kunsmis het van R7,595 miljard in 2007/’08 tot R7,060 miljard in 2008/’09 afgeneem - die enigste van die vyf produkte onder bespreking wat ‘n afname toon. Dit is ‘n daling van 7% maar dan moet in ag geneem word dat die besteding aan kunsmis in 2007/’08 met 73,5% en in 2006/’07 met 34,3% gestyg het. Die bestedingspatroon was die afgelope tien jaar wispelturig, met groot stygings gevolg deur kleiner dalings van tyd tot tyd. In totaal oor die tien jaar het besteding aan kunsmis met 228% gestyg - die grootste styging naas dié van brandstof.

Die besteding aan dip- en sproeimiddels het toegeneem van R3,591 miljard in 2007/’08 tot R4,422 miljard in 2008/’09. Dit is ‘n styging van 23%. Die vorige jaar was die styging 13,5% maar vir die res van die tien jaar-tydperk was die stygings deurentyd laer as 10%. Oor die volle tien jaar was die styging slegs 87,9%.

Verpakkingsmateriale het toegeneem van R3,191 miljard in 2007/’08 tot R 3,843 miljard in 2008/’09. Dit is ‘n styging van 20,4%. Stygings in die besteding aan dié item was betreklik klein die afgelope tien jaar - meeste jare onder 10%. Die toename sedert 1999/2000 was 112,9%.


In figuur 1 kan duidelik gesien word dat besteding aan veevoere deurgaans die hoogste was. Veral in die tydperk 2000/’01 tot 2003/’04 is ‘n skerp styging te bespeur. Die besteding aan brandstof het veral in die laaste drie jaar só skerp gestyg dat dit veevoer inhaal. Die besteding aan kunsmis het van 2005/’06 skerp gestyg tot 2007/’08 maar laas jaar ietwat gedaal.

Die ander twee items het oor die laaste tien jaar baie gelykmatige stygings getoon, met slegs die laaste twee jaar waar die stygings vinniger toegeneem het.

Bron: Kortbegrip van Landboustatistiek 2010.

* Kobus Smit is ‘n voormalige voorsitter van die Nasionale Oesskattingskomitee. Sy e-pos-adres is: diesmitte@gmail.com

17 Junie 2010

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.35
-1.0%
Rand - Pond
21.27
+0.1%
Rand - Euro
18.30
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.80
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,797.30
0.0%
Silwer
23.48
0.0%
Palladium
1,956.00
0.0%
Platinum
1,028.50
0.0%
Brent-ruolie
76.10
-0.1%
Top-40
68,351
+0.1%
Alle aandele
74,548
+0.1%
Hulpbronne 10
73,315
-0.7%
Industriële 25
92,605
+1.0%
Finansiële 15
15,401
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lekkerseergemaak
Ek wil weer geluk vind en weet hoe om die regte vrou lief te he en weet hoe om weer een gelukkige Family tw kan wees
Vrou wat soek na ware liefde en geluk.
Ek is deur ñ moeilike ryd maar dit maak my net sterker en positief vir die toekom voorentoe. Ek hou van stap en movies kyk. Ek hou niks van dronk partytjies en baklei nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot