Duisende mense regoor die wêreld word daagliks geraak deur voedselverwante virusse weens nalatige gedrag en ’n tekort aan voldoende inligting aangaande veilige voedselhanteringspraktyke. Ter voorbeiding vir die duisende toeriste wat aanstaande jaar tydens die Wêreldbeker na Suid-Afrika gaan stroom, is beide die voedsel- en pesbeheerindustrie haas besig om die nodige maatreëls in plek te stel om te verseker dat hulle in hul onderskeie industrieë absolute gehalte kan waarborg.
Die Gesondheids departement van EThekwini Munisipaliteit in KwaZulu – Natal het ’n reeks voedselraadgewings seminare gehou wat op 28 Oktober 2009 in die Ethekwini area geloots is. Die seminar het gefokus op die verbetering van die huidige vlak van voedselveiligheid in die stad en om te verseker dat die formele voedselverskaffingsindustrie die etiese regulasies en praktyke nakom. Die seminare sal ook in Kaapstad en Johannesburg gehou word.
“Die stad is bekommerd oor die veiligheid van sy inwoners en besoekers, veral met die Wêreldbeker insig en die feit dat mense op die formele voedselverskaffingsindustrie staat maak om korrekte protokol en voorsorgmaatreëls te volg.” sê Mnr Siva Chetty, Adjunk-bestuurder van Besoedelingbeheer en Risikobestuur in Durban.”
Die belangrikheid van voedselveiligheid plaas druk op die pesbeheerindustrie om hul dienste te verbeter. Pesbeheermaatskappy moet die leisels opneem om te verseker dat hulle deeglik voorberei is om die korrekte gesondheidsregulasies en voedselveiligheidpraktyke te implementeer.
Deeglike opleiding is ’n absolute vereiste, om te verseker dat die pesbeheerpersoneel deeglik ingelig is oor die verskeie tipes peste en die verskillende wyses van behandeling. Dit is die verantwoordelikheid van die pesbeheermaatskappy om te verseker dat alle dienste deur gekwalifiseerde en bekwame pesbeheerbeamptes uitgevoer word. ’n Kopie van die huidige registrasie sertifikaat moet ter alle tye byderhand gehou word en met somer wat in volle vaart is, moet die korrekte vliegbeheereenhede in hoë risiko areas geplaas word.
Die meganismes van die vlieëvangeenhede moet van uitstaande kwaliteit wees om te verseker dat die vlieë binne die eenheid vasgekeer bly en dat insekagterblyfsels nie omliggende voedselproduksieareas besoedel nie. Dit is van kardinale belang dat die verskaffer ’n lid van ’n onafhanklike beheerliggaam soos SAPCA (Die Suid-Afrikaanse Pesbeheer Assosiasie). Hierdie is voorstelle wat deur Rentokil ondersteun word.
“Verbruikers moet nie so seer op hul plaagdoders en pesbeheermaatskappy staatmaak om hul infestasies te verwyder nie, maar moet meer gefokus wees op ’n voorkommende benadering tot pesbeheer deur ’n geintegreerde pesbeheerbestuurstegnieke gebruik te maak. Die ontwikkeling van ’n kultuur waar voedsel- en veiligheidregulasies deel vorm van ons daaglikse roetine is die pad voorentoe.” sê Deena Govender, Kwaliteit versekeringsbestuurder vir Rentokil Pesbeheer.
Geïntegreerde pesbestuurtegnieke as ’n sisteem maak gebruik van fisiese, biologiese en slegs as laaste uitweg, chemiese wyses om insekte en ongediertes te beheer en verwyder. Die suksesvolle uitvoering van ’n geintegreerde benadering vereis dat beide die voedseldienste bestuurder en die pesbeheer beampte saamwerk, sodoende word die waarskynlikheid van pes infestasies verminder deur die handhawing van ’n skoon en goed versorgde fasiliteit. Hierdie is ook die meer koste-effektiewe opsie in vergelyking met duurder meer gevaarliker chemikalieë.
Wanneer verbruikers self plaagdoders aanwend is dit belangrik dat hulle die etiket nraadpleeg om seker te maak dat die middel geskik is vir die beoogde gebruik en spektrum van beheer. Die veiligheidsinstruksies moet sorgvuldig nagegaan word en die verbruiker moet die nodige persoonlike veiligheidstoerusting gebruik, bv. handskoene en ’n gesigmasker. Tydens die proses van aanwending is die eet en drink van voedsel asook die rook van sigarette taboe. Na-afloop van aanwending moet hande deeglik met seep gewas word. Baie belangrik om te onthou veral by eetbare plantebeddings, bv. groentetuine is die onttrekkingstermyn, tydens hierdie termyn moet die groente, vrugte en ander eetbare plante soos kruie vanuit die tuin wat behandel is nie geëet word nie.
Govender is oortuig dat Suid-Afrika slag gereed is vir 2010 wat voedselveiligheid betref, hulle het reeds talle internasionale geleenthede gehuisves sonder enige ernstige insidente van voedselvergiftiging. Daar is egter altyd ruimte vir verbetering wanneer dit by die nakoming van voedselwetgewing kom. “Wanneer voedsel voorberei word kan jy nooit te oorgerus wees nie, peste is volop weens die gunstige weer en omliggende omstandighede. Talle groot rolspelers is hard aan die werk om hul standaarde en bewustheid in ons land te verbeter. Dit is almal se verantwoordelikheid om ’n klein bydra te maak om te verseker dat hierdie geleentheid veilig, aangenaam en genotvol vir ons gaste sal wees.”
14 Desember 2009