Hoe beskerm ’n mens jou lewensstandaard teen inflasie? Stonevest bied ’n stabiele en deursigtige eiendomsinkomstefonds wat kapitaalgroei en ’n standvastige maandelikse inkomste verseker. Deur te belê in gediversifiseerde kommersiële geboue met stabiele huurders, groei u hardverdiende geld saam met die waarde van ons gesogte eiendomme.
Stonevest het ontstaan met die doel om aan beleggers toegang te gee tot beleggingsmoontlikhede in eiendom wat tradisioneel gereserveer is vir korporatiewe instansies of die welgesteldes.
Alhoewel ons beleggingsplan op ‘n soortgelyke model van vele groot instansies gebou is, verskil ons in een belangrike opsig – die portefeulje sal beperk word tot hoë kwaliteit kommersiële-, industriële- en residensiële-eiendom om optimale bestuur te behou.
Die bestuur van Stonevest is alreeds die afgelope 15 jaar betrokke by die beleggings- en eiendomsindustrie. Oor bogenoemde periode het ons in-diepte kennis oor die verskillende eiendomsbeleggingsmodelle opgedoen en nie net die potensiaal van die industrie as ‘n beleggingsmiddel vir potensiële kliënte gesien nie, maar ook die hoog- en laagtepunte in die industrie ervaar.
Met ons ondervinding en goeie korporatiewe bestuur, bring ons ‘n produk na die mark wat die makelaars en die kliënte die stabiliteit en lang-lewendheid gee wat verwag word van ‘n goeie eiendomsbelegging.
Ons produk is saamgestel met eerlikheid en integriteit en sal onderskei tussen die risiko van kommersiële-, industriële- en kleinhandelgeboue en dié van ontwikkelingsgeleenthede. Stonevest is ‘n ongenoteerde eiendomsportefeulje met ‘n spesifieke mandaat om in bestaande geboue te belê waarvan die huurinkomstes wat uit die geboue verdien word, op ‘n maandelikse basis aan die beleggers uitbetaal word.
‘n Ongenoteerde fonds beteken dat die aandele nie op ‘n beurs verhandel nie. Dit skep die geleentheid vir beleggers om in ‘n poduk te belê wat nie aan sentiment gekoppel is nie.
Hoe verskil Stonevest van ander eiendomsbeleggingsmaatskappye?
Die Stonevest eiendomsinkomstefonds bied beleggers die geleentheid om by wyse van ‘n aandeelhouding in die fonds, ‘n direkte belang te hê in al die eiendomme in die fonds. Die eiendomme wat goed presteer, presteer tot voordeel van al die beleggers en die verhandelbaarheid van die aandele word so verhoog.
In die fonds deel die beleggers in die voordele van kommersiële-, industriële- of kleinhandelgeboue.
Die inkomste wat verdien word uit die fonds is die werklike inkomste wat bepaal word uit die gekombineerde netto inkomste vanuit al die geboue. Die beleggers kry kwartaaliks ‘n beleggerstaat wat die werklike prestasie aandui, sodat die belegger deurlopend weet presies hoe sy of haar belegging presteer.
Behalwe vir verskeie ander tegniese verskille en voordele, word die fonds bestuur en vind besluitneming plaas deur ‘n belegginskomitee onder die voorsitterskap van ‘n geregistreerde fondsbestuurder.
Hoe lyk ‘n belegger wat in die fonds belê? Die fonds is geskik vir enige persoon wat ‘n behoefte het om inkomste te verdien en wat sy of haar kapitaal teen inflasie wil beskerm.
Die minimum belegging is R100 000.00. Die belegging bied die geleentheid om inkomste te verdien of bestaande inkomste aan te vul uit ‘n produk wat nie gekoppel is aan flukturerende aandelemarkte nie. Dit verskil ook van geldmarkfondse en kontant in die bank waarop slegs inkomste verdien word, deurdat dit ook kapitale groei op die belegging bied.
Die fonds bestaan uit ‘n goed gediversifiseerde, maar gespesialiseerde portefeulje van geselekteerde beleggings in eiendomsverwante belegginsgeleenthede wat ‘n kompeterende hoë en volhoubare lopende inkomste, sowel as goeie kapitale groei oor die medium- tot langtermyn tesame met stabiliteit vir kapitale behoud verseker.
Die fonds fokus daarop om hierdie doelwit te bereik deur in finansiële soliede bates soos geselekteerde segmente van die eiendomsmark te belê, wat ondervalueer word deur die mark of aantreklike kapitale groei bied.
Tot datum is alle eiendom in die fonds kontant aangekoop. Ons is bly om te kan sê dat daar huidiglik geen verbande teen enige van die eiendomme geregistreer is nie.
Fonds Feite:
Minimum belegging : R100 000
Huidige fonds inkomste : 10% p.j.
Inkomste : 0 – 12% p.j.
Beleggers deel in kapitale groei : ±5% - 6% p.j.
Beleggers besit 100% van die fonds
Geen maadelikse fooie
Inkomste uibetaal as rente
Inkomste word uitbetaal op die 1ste dag van elke maand
Vir meer inligting, kontak Stonevest vandag by 0861 239 222 of besoek ons webtuiste by www.stonevest.com.Stonevest is ‘n gemagtigde finansiële diensverskaffer (FDV 29432).
10 Desember 2009