AFGRI
BEAN
28 Jan
-
9479
0,00
CORN
28 Jan
-
4568
0,00
SOYA
28 Jan
-
9642
0,00
SUNS
28 Jan
-
12400
0,00
WEAT
28 Jan
-
6515
0,00
WMAZ
28 Jan
-
4619
0,00
YMAZ
28 Jan
-
4643
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
13 Jan
-
165,67
-5,22
Ave Wool - RWS
13 Jan
-
175,15
-6,74
Beeste A2/3
13 Jan
-
64,12
5,40
Beeste AB2/3
13 Jan
-
59,8
1,44
Beeste B2/3
13 Jan
-
57,21
0,35
Beeste C2/3
13 Jan
-
52,71
0,17
Bevrore Hoender
13 Jan
-
33,17
1,42
Bokkies (onder 30 kg)
13 Jan
-
75,67
12,02
Bokooie
13 Jan
-
40,83
0,59
Groot (meer as 40 kg)
13 Jan
-
42,36
1,26
Hoender (IQF)
13 Jan
-
32,28
-0,54
Medium (30-40kg)
13 Jan
-
55,83
-0,83
Pork Average
13 Jan
-
37,48
0,43
Poultry Average
13 Jan
-
33,08
0,70
Skaap A2/3
13 Jan
-
91,6
4,46
Skaap AB2/3
13 Jan
-
86,27
5,49
Skaap B2/3
13 Jan
-
72,61
2,48
Skaap C2/3
13 Jan
-
67,45
1,67
Speenkalf
13 Jan
-
37,35
0,51
Spekvarke
13 Jan
-
38,76
0,27
Stoorlammers
13 Jan
-
38
-0,71
Varkwors
13 Jan
-
30,29
0,52
Vars Hoender
13 Jan
-
33,79
1,22
Vleisvarke
13 Jan
-
37,37
0,47

Proteïeninhoud help met besparing

Deur die proteïeninhoud van sy kuilvoer te verhoog, kon hierdie melkboer die proteïenbyvoeging in sy kragvoer (wat die duurste komponent daarin is) verminder, en só 'n beduidende besparing teweegbring sonder om melkproduksie in te boet.

Deur sojabone by mieliekuilvoer in te sluit, kon mnr. Nico Human van Vrede, Riviersonderend, die proteïeninhoud van die voer met sowat 4 % verhoog, en deur kanola by hawer-gars-kuilvoer in te sluit, kon hy die proteïeninhoud daarvan met 3,7 % laat styg.

Dit het beteken dat hy die byvoeging van proteïen by kragvoer van 20 % tot 15 % verminder het. Dit het aan hom 'n aansienlike totale kostebesparing besorg, juis omdat dit bekend is dat proteïen een van die duurste komponente van kragvoer is. Die ander kant van die saak is egter dat melkboere gemiddeld R28/kg betaal word vir proteïen wat geproduseer is, teenoor 'n gemiddeld van R9,50/kg vir bottervet.

Mnr. Human, wat reeds 28 jaar boer, se melkboerdery bestaan nou uit 112 Guernseys in melk (35 %), 35 Holsteins (10 %) en 170 Jerseys (55 %). Omdat hy egter baie geheg aan sy Guernseys geraak het, en ook vanweë hul besonder hoë proteïenproduksie, is die plan dat dié ras mettertyd 'n groter deel van sy melkkudde sal uitmaak. Proteïen is waar 'n melkboer se inkomste lê, meen hy.

Hy het verlede jaar vir die derde agtereenvolgende keer met sy Guernsey-stoetery Langvrede die Leonie van Zyl-trofee, wat deur die Guernsey-beestelersgenootskap van SA uitgeloof word, verower. Dit was vir die kudde van meer as 50 koeie wat die hoogste gemiddelde produksie vetgekorrigeerde melk (VGM) gelewer het. Die stalgemiddeld vir 64 koeie in melk was 6 624 kg VGM.

Mnr. Human en sy plaasbestuurder, mnr. André van Deventer, glo voeding is die kern van 'n suksesvolle melkkudde, en die gehalte van ruvoer is waarom dit grootliks draai. Die ideaal is om die regte kombinasie van energie en proteïene te vind, en om dié rede het hulle die laaste paar jaar al redelik geëksperimenteer met verskillende kuilvoerkombinasies.

Verskillende gewasse vir die maak van kuilvoer is in die proewe gebruik, waaronder hawer, gars, kanola, klawer, mielies en soja tel.

'n Unieke samestelling waarmee mnr. Human goeie resultate kry, is 'n kombinasie van twee derdes hawer en gars en een derde kanola. Die kanola word bygevoeg omdat dit 'n besonder hoë proteïeninhoud het (sowat 15 %), wat die relatief proteïen-arm hawer en gars (wat hoog is in energie) goed aanvul.

Dié gewasse word in verskillende lae in die kuilvoerput geplaas. Die dikte van die laag van 'n spesifieke gewas word bepaal deur hoeveel daarvan in die loop van 'n halwe dag in die kuilvoerput geplaas kan word. Lae hawer, gars en kanola word só afgewissel. Daar word by dié volgorde van twee derdes hawer en gars en 'n derde kanola gehou totdat die kuilvoergat vol is. Hy bedek dan die gat met plastiek vir fermentasie.

Hierdeur kon mnr. Human sy hawer-gars-kuilvoer se proteïeninhoud met sowat 3,7 % tot meer as 11 % laat klim.

Dit het meegebring dat mnr. Human die proteïenkomponent van sowat 20 % wat hy by sy kragvoer moes voeg, kon afbring tot sowat 15 %, wat 'n beduidende besparing in voerkoste teweeggebring het. Hy meen hy sal waarskynlik die proteïenbyvoeging by sy kragvoer nog verder kan laat daal sonder om aan melkproduksie in te boet. Baie hang af van die stadium waarin die kleingraansoorte en die kanola is. Die kanola moes reeds peultjies gevorm het en die pitjies moet al swarterig wees. Dan is dit die beste om kuilvoer mee te maak, want daar is bevind dat die proteïeninhoud dan op sy hoogste is.

Daarmee saam moet die hawer en gars in hul pypstadium gesny word, want dan is hul energie-inhoud en ook die proteïeninhoud op die hoogste.

Nog 'n interessante proef waarmee mnr. Human goeie resultate behaal het, is deur soja saam met mielies in te kuil. Die ideaal sou wees om twee derdes mielies en 'n derde soja saam te voeg vir kuilvoer, maar weens die hoeveelheid mielies wat geproduseer word, kon die teiken van 'n derde soja nie tydens die proewe bereik word nie, en die soja het uiteindelik 'n heelwat kleiner komponent van die kuilvoer uitgemaak.

Tog kon selfs met die kleiner hoeveelheid soja daarin geslaag word om die mielie-sojakuilvoer se proteïeninhoud met sowat 4 % te laat styg. Die grootste probleem was egter om die stadia waarin die twee gewasse reg is vir inkuiling, gesinchroniseer te kry, want soja neem langer as mielies om die ideale stadium daarvoor te bereik, sê mnr. Human.

Die stadium waarin die soja se proteïeninhoud die hoogste is, is wanneer daar reeds pitte gevorm het. Om dít met die ideale stadium van die mielies te laat saamval, moet die soja minstens 'n maand voor die mielies geplant word.

Mnr. Human sê die sojakultivar Octa is gebruik, wat ideaal is vir inkuiling. Hy sal waarskynlik dié proef in die toekoms herhaal, en dan probeer om nader aan die ideale kombinasie van twee derdes mielies en een derde soja te kom.

In dié stadium word melk geproduseer van meerjarige klawerweiding af (wat onder besproeiing is en wat snags bewei word) en kuilvoer (hawer, gars en kanola), wat bedags in voerkrale beskikbaar gestel word. Daardeur kon mnr. Human sy daaglikse kragvoerbyvoeding van 12 kg per koei verminder tot 7,5 kg per koei sonder dat enige produksie ingeboet is. 'n Taamlike besparing kon daardeur teweeggebring word.

Die klawer bestaan uit 'n mengsel van meerjarige rooiklawer en witklawer. Toe hy dit verlede jaar vir die eerste keer as weiding gebruik het, was die doel om daarmee die hoë mieliepryse teen te werk wat kragvoerpryse die hoogte laat inskiet het.

Tans bestaan sy melkbeeste se voeding uit gemiddeld 60 % klawer en 40 % kuilvoer (hawer, gars en kanola). Sy beeste wei vanaf 17:00 tot 05:00 op die klawer, wat tussen 22 % en 25 % proteïen bevat. Daarna word hulle gemelk. Elke koei kry bedags in die kraal 7,5 kg kragvoer, en 18 kg nat kuilvoer, wat saam sowat 40 % van die dier se totale voeding uitmaak.

Benewens sy melkboerdery, plant mnr. Human ook 80 ha mielies en klawer onder besproeiing op die plaas. 'n Verdere 100 ha is onder kanola, hawer en gars op droëland en word vir die maak van kuilvoer verbou. Nog 150 ha is onder koring en gars vir oesdoeleindes, en 'n verdere 150 ha is onder lusern, wat bewei word.

Doelgerigte teelbeleid is nommerpas

Wat sy Guernsey-teelbeleid betref, sê mnr. Nico Human hy teel doelgerig vir diere met 'n gemiddelde raamgrootte, sonder om kapasiteit en sterkte van karkas in te boet. 'n Koei moet baie ruvoer kan inneem om 'n goeie melkproduksie te handhaaf, en daarom moet sy kan loop op goed en sterk ontwikkelde bene. 'n Koei waarvan die raam te groot is, loop en wei moeiliker, en dit word weerspieël in swakker produksie. Té klein koeie se kapasiteit is nie toereikend om genoeg voer in te neem nie, en swakker melkproduksie is weer eens die resultaat daarvan.

'n Belangrike doelwit is om vir hoë proteïen te selekteer, waarvoor 'n goeie uier belangrik is. Klem word op veral die aanhegting voor en agter gelê. Die mediale ligament (die spier wat onder deur die uier span) moet goed ontwikkel wees. Speenplasing is ook belangrik.

Koeie met 'n swak ontwikkelde uier word geprul. Op mnr. Human se plaas, Vrede, word van 'n koei vereis dat sy minstens vyf tot ses laktasies in 'n leeftyd moet hê. Dit kos eenvoudig te veel om 'n swak vers groot te maak en aan te hou, meen mnr. Human.

Prestasiemeting word ook baie hoog aangeslaan, en die boerdery is ingeskakel by 'n melkaantekening-program. Daar word ook gebruik gemaak van BLUP-waardes. Vir teling word grootliks van KI gebruik gemaak. 'n Paar top-Guernseybulle op die plaas met puik BLUP-waardes word op van die uitstekende jong verse gebruik. Saad vir KI word hoofsaaklik uit Amerika en Kanada ingevoer, hoewel semen uit Australië ook al gebruik is.

Mnr. Human behandel koeie met mastitis met natuurlike kruiemiddels wat in Nederland ontwikkel is en geen antibiotika bevat nie. Die voordele daarvan is dat geen melk uit die produksielyn onttrek hoef te word weens die aanwesigheid van antibiotika nie.

Hy gebruik 'n algemene, voorkomende kruiemiddel vir kuddegesondheid waarmee hy baie sukses behaal. Net in uiterste gevalle word antibiotika teen siektes ingespan, sê hy.

Hy het bevind dat die middels die vrugbaarheid van sy koeie verhoog. Die aantal koeie wat dragtig word, het verbeter van 1,62 strooitjies per koei beset tot 1,38 strooitjies per koei beset.

Voor hy die kruiemiddels begin gebruik het, was daar gemiddeld 25 koeie per maand in sy kuddes wat vir mastitis behandel moes word. Deesdae is 10 koeie per maand met mastitis in sy hele kudde 'n uitsondering. Die suksespersentasie teen veral mastitis is bo 90. Die rede hiervoor is dat die kruiemiddels wat hy gebruik, die diere ontgif. Sodoende word infeksies in die algemeen beveg en word die diere se immuniteit versterk.

Mnr. Human sê gedurende die eerste 100 dae van laktasie ontvang sy koeie een keer per week 'n toediening van die kruiemiddel. Net ná kalftyd word die middel ook een keer per dag vir drie dae toegedien, en van daar af weer een keer per week.

In dié stadium bestaan sy melkbeeste se voeding uit gemiddeld 60 % klawer en 40 % kuilvoer (hawer, gars en kanola).

6 Junie 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.23
-0.2%
Rand - Pond
21.34
-0.2%
Rand - Euro
18.73
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.23
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Platinum
1,012.08
0.0%
Palladium
1,618.86
0.0%
Goud
1,928.39
0.0%
Silwer
23.60
0.0%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,766
+0.4%
Alle aandele
80,791
+0.4%
Hulpbronne 10
77,871
-0.4%
Industriële 25
103,872
+0.7%
Finansiële 15
16,281
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons begin oor
Wat skryf ek nou hier? Leer my eerder ken besluit self. Ek is wel n omgee mens en hou van bederf.
Plain Jane
Oor die onnodige drama, wil net die lewe geniet. Goeie hart en weet wat ek uit die lewe wil he 😊
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot