
Syfers wat deur die SA Melkprosesseerdersorganisasie (Sampro) beskikbaar gestel is, toon uiteenlopende neigings ten opsigte van die prys van onverwerkte melk en die prys van verskillende melkprodukte.
In die 12 maande vanaf April verlede jaar tot April vanjaar het die prys wat melkboere vir hul produk ontvang, met gemiddeld 7,4 % gedaal. Die produksieprysindeks van melkprodukte (oftewel die prys wat melkverwerkers ontvang) het met 2,2 % gestyg.
As die syfers egter oor 28 maande (vanaf Januarie 2007 tot April vanjaar) in ag geneem word, blyk dit dat boere 40 % meer vir hul melk gekry het, terwyl die produksieprysindeks van melkprodukte met 30,1 % gestyg het. Vanaf Maart tot April vanjaar het boere 2,2 % meer vir melk ontvang en die produksieprysindeks van melkprodukte het met 0,8 % gestyg.
• Die inligting wat deur Sampro beskikbaar gestel is, is gegrond op die monitering van verbruikerspryse van bepaalde melkprodukte deur die Nasionale Landboubemarkingsraad en die produksieprysindeks vir onverwerkte melk en melkprodukte van Statistieke SA.
Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 10 Julie 2009.
7 Julie 2009