
Wat is die verskil tussen 'n “Put”-opsie en ‘n “Call”-opsie en wat is die uitwerking daarvan op jou inkomste?
Opsies het 'n vasgestelde vervaldatum waarop die opsie verval en die datum is ongeveer een week voor die verval van die onderliggende termynkontrak. Daar is baie formele definisies van 'n opsie beskikbaar, maar in allemanstaal is dit die volgende:
'n “Put”-opsie word gebruik om die produsent te beskerm teen 'n daling in prys. Indien die termynkontrakprys onder die “strike”-prys (met ander woorde die waarde) van die kommoditeit daal, word die produsent 'n minimumprys gewaarborg.
In effek beteken dit dat die produsent 'n premie (amper soos versekering) betaal om 'n gewaarborgde minimum prys vir sy voorraad te kry.
Hoe werk dit prakties?
Die produsent betaal 'n premie en wanneer die markprys op die afsnydatum onder die “strike” daal, is die opsie outomaties 'n termynkontrak wat verkoop is. Die produsent het dan twee keuses – óf die voorraad word teen die markprys aan die JSE gelewer en die prys vir die voorraad saam met die wins tot op “strike” wat oor tyd in die rekening inbetaal, is die geld wat die produsent kan ontvang – soms besluit die produsent om die voorrad aan 'n ander koper te lewer en dan die termynkontrak letterlik “terug te koop” teen die heersende prys.
Gerealiseerde wins op die JSE word dan effektief by die prys van die fisiese verkoop getel om die effek van die “prysbeskerming” te sien.
Indien die mark prys bo die “strike”-prys met afsnydatum styg, verval die opsie en die produsent verloor slegs die premie (soos met versekering) wat vir die opsie betaal is en die produsent verkry natuurlik nou ook 'n baie beter prys vir sy kommoditeit.
Die onderstaande grafiek het die produsent WMAZ JUL15, 10 kontrakte, 2200 strike “Put”-opsie gekoop. Die effek is indien die prys laer as 2200 gaan, gebeur die volgende:
* Die produsent kry die laer prys op die mark – maar omdat die “put-opsie in 'n termynkontrak verander op die “afsnydatum” sal die produsent effektief wins maak met die strategie. Die enigste koste is die premieprys van R150/ton”, d.w.s. R150 000 vir die 1000 ton.
Wanneer die prys bokant R2200/ton is, verval die opsie waardeloos terwyl terwyl die produsent in elk geval dan 'n groter wins sal maak op sy fisiese kommoditeit.
Figuur 1: Koop “Put” – Effek op termynmark wins en verlies:
Indien die produsent die “Put”-opsies se prys met ‘n “Call”-opsies wil subsidieer, gee dit die geleentheid om kostes te verlaag terwyl dit die produsent se deelname aan prysbeweging beperk is.
Die onderstaande grafiek het die produsent WMAZ JUL15, 10 kontrakte verkoop, 2400 “strike call”-Opsie. Die effek van die “call”-opsie is dat dit ‘n plafon is en die kliënt nie meer vir sy mielies gaan kry indien die prys hoër gaan as R2400 nie. Die idee is dat die R60/ton wat die kliënt ontvang vir die “call” deels die koste van die “put” (R150/ton) finansier. Die strategie kos dus R90/ton.
Wanneer jy die strategie gebruik word dit ‘n min-maks strategie genoem. Die risikoprofiel is dan as volg:
Prys onder R2200/ton:
Die “put”-opsie beskerm die kliënt se inkomste indien die prys laer as R2 200/ton is, minus die R60 van die koste van die strategie.
Prys tussen R2 200 en R2 400/ton:
Indien die prys tussen dié twee vlakke beweeg, deel die produsent in die prysbewging tot by R2400/ton. Dus as die prys R2 300/ton is ontvang hy R2300/ton minus die differensiaal. Die koste van die strategie van R60 moet ook afgetrek word.
Prys bo R2400/ton:Indien die prys bo R2400 beweeg, word die kliënt se inkomste beperk tot R2400/ton. Die koste van die strategie moet ook afgtrek word.
Figuur 2: Min-Maks-strategie effektiewe “JSE” wins en verlies wat deur die fisiese pryse opgemaak word.
In Figuur 2 word die Min-Maks Strategie gewys. Indien die prys onder 2200 gaan (A), word daar ‘n wins gemaak op die JSE-transaksies. Die is die Merk-tot-Mark Wins of Verlies genoem. Indien die prys bo die vlak 2 400 gaan (B) word daar ‘n verlies gely wat die boer op sy JSE rekening moet inbetaal.
Die marge wat benodig word vir die strategie is gewoonlik minder omdat die opsies teen mekaar afspeel asook die premie wat betaal sal moet word vir die opsies.
Diegene wat graan aankoop sal gewoonlik die strategie in die teenoorgestelde vorm gebruik. Die aankoper sal ‘n “Call”-opsie koop om sy aankoop prys te beperk. Alternatief kan hy ook ‘n “maks/min” doen wat die “Call”-opsie se aankoop met ‘n “Put”-opsie wat verkoop word, te kan finansier.
Produsente het ook al hulself beskerm deur ‘n “call”-opsie te koop wanneer hulle onseker is of hulle genoeg graan kan produseer om hulle gekontrakteerde verpligtinge na te kom? Gewoonlik is dit slegs van toepassing in jare wanneer die weer groot onsekerhede veroorsaak. Al wat gebeur is dat die produsent potensieel ekstra mielies kan aankoop om te lewer indien die mark bo sy “Call”-opsie se “Strike”-prys is.Hier is die verwagting dat dit vanweë so ‘n droogte markpryse opwaarts sal druk.
* Geskryf deur Chris Venter, besturende direkteur van BVG Commodities.
*** Skryf in vir Landbou.com en BVG se kompetisie vir graanverskansing. Dis uiters leersaam én gratis. Besoek www.bvgcompetition.net om te registreer. Jy kan groot pryse wen.